Skip to main content

Om EBOEKE in ePub of mobi formaat te lees

Eboeke beskikbaar

Van die Bybelskool.com materiaal is beskikbaar in Eboek formaat en kan by die volgende Bybelskool.com winkel (by lulu.com) aangeskaf word (Lees, luister, leef reeks):

hebreers-thumbnail jesaja-thumbnail johannes-thumbnail hooglied-thumbnail prediker-thumbnail spreuke-thumbnail

Prys in dollar omgeskakel na Rand met aankoop

Die prys word in dollar waarde gekies, omdat dit die goedkoopste manier is om dit beskikbaar te stel.  Wanneer jy dit koop, word dit gelukkig in Randwaarde omgeskakel op jou kredietkaart transaksie.  Amazon se pryse is bykans drie maal duurder vir die vergelykbare boek.  Daarom het ek nie daardie roete gekies nie.

Jy kan ‘n ePub weergawe egter ook op jou Kindle lees! Inligting hieronder.

Hoe om ePub op rekenaars, tablette en selfone te lees

Die ePub formaat vir Eboeke werk net so goed soos die Kindle weergawes, en kan  onder andere deur die volgende toepassings op rekenaars, tablette en selfone gelees word.

Klik op die relevante skakels hierbo om die sagteware af te laai, installeer dan dit op jou rekenaar, tablet of selfoon, deur daarop te klik en die instruksies te volg, en gebruik dan dié program om die ePub te lees:

Hoe om ePub op Kindle (mobi formaat) te lees

Vir Kindle lesers is daar verskeie omskakelaars beskikbaar sodat jy ePub op jou Kindle in mobi formaat kan lees:

  • Met ‘n Converter op Kindle indien jy die mobi formaat nodig het.
  • Daar is ook ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com.

Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Eboeke, ePub, Kindle, mobi


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar