Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobiformaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:
Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)
Ek het begin om van my Bybelskool materiaal in ePub formaat te verwerk. Die eerste eboek is my Bybelskool materiaal oor die boek Prediker. Ek publiseer dit by lulu.com wat ‘n mens toelaat om self te publiseer en hulle winkel te gebruik om eboeke te verkoop. Die prys is in dollar, maar die koste word uiteraard in Rand via jou kredietkaart verhaal.
Ek beplan om dié week Spreuke in ePub formaat te begin voorberei, en daarna ook Johannes en Jesaja.
Ek wil graag weet of daar mense is wat die Bybelskool materiaal in gedrukte formaat sal verkies, of alternatiewelik in Pdf formaat, sodat gemeentes en kleingroepe dit vir hulle lede kan uitdruk. Indien daar genoeg belangstelling is, sal ek dit oorweeg om die boeke ook in Pdf en gedrukte formaat uit te gee.
Die materiaal by bybelskool.com sal DV gratis beskikbaar bly.
Indien jy belangstel om Prediker in ePub formaat aan te skaf, klik net op die Lulu-Buy now icon en dit sal jou na die regte area toe neem.
Ek het die ePub formaat gekies, omdat Amazon.com nog nie Afrikaanse eboeke in Mobi formaat vir Kindle publiseer nie. ePub werk egter net so goed, en kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:
Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobiformaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:
Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar