Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobiformaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:
Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n ePub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)
Ek het begin om van my Bybelskool materiaal in ePub formaat te verwerk. Die eerste eboek is my Bybelskool materiaal oor die boek Prediker. Ek publiseer dit by lulu.com wat ‘n mens toelaat om self te publiseer en hulle winkel te gebruik om eboeke te verkoop. Die prys is in dollar, maar die koste word uiteraard in Rand via jou kredietkaart verhaal.
Ek beplan om dié week Spreuke in ePub formaat te begin voorberei, en daarna ook Johannes en Jesaja.
Ek wil graag weet of daar mense is wat die Bybelskool materiaal in gedrukte formaat sal verkies, of alternatiewelik in Pdf formaat, sodat gemeentes en kleingroepe dit vir hulle lede kan uitdruk. Indien daar genoeg belangstelling is, sal ek dit oorweeg om die boeke ook in Pdf en gedrukte formaat uit te gee.
Die materiaal by bybelskool.com sal DV gratis beskikbaar bly.
Indien jy belangstel om Prediker in ePub formaat aan te skaf, klik net op die Lulu-Buy now icon en dit sal jou na die regte area toe neem.
Ek het die ePub formaat gekies, omdat Amazon.com nog nie Afrikaanse eboeke in Mobi formaat vir Kindle publiseer nie. ePub werk egter net so goed, en kan onder andere deur die volgende toepassings gelees word:
Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobiformaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:
Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”. Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle. (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar