Leesplan vir Daniël, Ester, Esra en Nehemia

Ons lees hierdie kwartaal die boeke DaniëlEsterEsra en Nehemia.   Hier is ‘n lusmaker van die eerste bydrae vir 17 Julie (‘n dag vroeër om alles in te pas!) waarmee ons gaan begin:

“Die boek Daniël fokus op God se aktiewe, omvattende en soewereine betrokkenheid in die heelal op drie terreine:

  1. Dit sluit die geloofsgemeenskap in, nie net in hulle eie land nie, maar ook in die vreemde in ballingskap.  Dit dra die bevestiging en versekering dat God daar is waar Sy mense is.
  2. Dit sluit die konings en koninkryke van hierdie wêreld in met wie God op verskillende maniere in gesprek tree.  Dit dra die hoop en verwagting dat God daar is waar politieke, ekonomiese en sosiaal-maatskaplike besluite geneem word.
  3. Dit sluit ook die konflik in die wêreld van engele in wat op verskillende wyses ’n impak op die mensdom en die aarde het.  Dit dra die belofte en troos dat God daar is waar die chaos magte dreig om mense met hulle boosheid te verswelg.”

Hier is ’n sinopsis van die léés plan vir dié kwartaal:

Daniël

Daniël wys ‘n mens hoe om in ‘n verleidelike wêreld standvastig en getrou aan God te bly. Asook hoe God werk deur só ‘n lojale dienskneg om Sy wil vir sy volk en die wêreld deur te voer.  Ons gaan ook diep nadink oor hoe ons God se wil vir die lewe kan onderskei.

  • Bydraes: 17 tot 31 Julie – Byeenkoms 31 Julie 18:00 Somerstrand
  • 17 Julie – Inleiding op Daniël
  • 18 Julie – Daniël 1-2
  • 19 Julie – Daniël 3-4
  • 22 Julie – Daniël 5
  • 23 Julie – Daniël 6
  • 24 Julie – Daniël 7-12
  • 25 Julie – Daniël 7
  • 26 Julie – Daniël 8
  • 29 Julie  – Daniël 9
  • 30 Julie  – Daniël 10
  • 31 Julie – Daniël 11-12

Ester

Ester wys jou hoe jy in ‘n verraderlike wêreld met ‘n wispelturige koning, nie net self aan die lewe kan bly nie, maar ook die veiligheid van jou mense in die vreemde kan bewerk. Al wy Ester nie oor God as sodanig uit nie, sien ’n mens oral Sy teenwoordigheid in Sy voorsienings.

  • Bydraes: 31 Julie tot 7 Augustus – Byeenkoms 7 Augustus 18:00 Somerstrand
  • 1 Augustus – Inleiding en Ester 1-2:18
  • 2 Augustus – Ester 2:19-5:14
  • 5 Augustus – Ester 6-7
  • 6 Augustus – Ester 8
  • 7 Augustus – Ester 9-10

Esra en Nehemia

Esra en Nehemia weer wys hoe jy te werk gaan om ‘n geloofsgemeenskap op te bou. Ná die Kronis in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik Serubbabel, Esra, en Nehemia wat:

  1. die verhouding met God herstel deur die bou van die tempel en die herstel van die liturgiese omgang met God,
  2.  die fokus op die regte en reflekterende lees van die Bybel plaas sodat dit die hele lewe kan deursuur en
  3. op die herstel van die muur van Jerusalem fokus sodat die geloofsgemeenskap kan gedy in ‘n veilige ruimte waarin lewe kan floreer. Dit gee vir ons prentjies van hoe ons met God kan saamwerk in ons eie tyd wat uiters inspirerend is.

Ons gaan dit soos volg lees:

  • Bydraes oor Esra: 8 tot 20 Augustus – Byeenkomste 14 en 21 Augustus 18:00 Somerstrand
  • 8 Augustus – Inleiding en Esra 1
  • 9 Augustus – Esra 2-3
  • 12 Augustus – Esra 4
  • 13 Augustus – Esra 5
  • 14 Augustus – Esra 6
  • 15 Augustus – Esra 7
  • 16 Augustus – Esra 8
  • 19 Augustus – Esra 9
  • 20 Augustus – Esra 10
  • Bydraes oor Nehemia: 21 Augustus tot 3 September – Byeenkoms 28 Augustus en moontlik 11 September 18:00 Somerstrand
  • 21 Augustus – Inleiding en Nehemia 1
  • 22 Augustus – Nehemia 2
  • 23 Augustus – Nehemia 3-4
  • 26 Augustus – Nehemia 5
  • 27 Augustus – Nehemia 6-7
  • 28 Augustus – Nehemia 8
  • 29 Augustus – Nehemia 9
  • 30 Augustus – Nehemia 10
  • 2 September – Nehemia 11-12
  • 3 September – Nehemia 13

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: