Skip to main content

Beplanning vir Bybelskool.com 2013

Ek is met langverlof die hele vierde kwartaal van 2012.  Daar sal dus nie nuwe Bybelskool materiaal dié kwartaal verskyn nie.  Jy is egter welkom om enige van die vorige reekse by Bybelskool.com te gebruik.  Ek sluit vir jou die skakels na die 27 reekse in aan die onderkant van dié bydrae.

Ek sal wel van tyd tot tyd by my Facebook Bybelskool bladsy van my gedagtes en leeswerk met julle deel.  Like net die bladsy en jy sal die bydraes outomaties ontvang.

My beplanning vir volgende jaar is om ongeveer 12 Bybelboeke saam met julle te lees.  Dit hang onder andere saam met ons gemeente in Somerstrand se fokus op Die Storie (Max Lucado en Randy Frazee – lees meer daaroor by CUM) waarmee ons in 31 weke die narratiewe dele van die Bybel gaan deurwerk.  Jy is dus welkom om ook van daardie materiaal te gebruik.

Ek gaan dus in Bybelskool.com DV die volgende boeke in 2013 lees:

Psalms 42-72 Eerste kwartaal 2013 Begin 24 Januarie
1 en 2 Kronieke Tweede kwartaal 2013 Begin 11 April
Daniël, Ester, Nehemia, Esra Derde kwartaal 2013 Begin 18 Julie
Openbaring, 1&2&3 Johannes, Judas Vierde kwartaal 2013 Begin 17 Oktober

Ek het ook begin met die publisering van die Bybelskool materiaal in Epub formaat.  Ek het begin met Prediker, en beplan ook om Spreuke, Hooglied, Johannes en Jesaja te doen.  Julle kan meer daaroor lees by hierdie bydrae:

Lekker lees, luister en leef:


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda