Skip to main content

Bybelskool vir die derde kwartaal 2013

Ons lees hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia.   Die eerste bydrae begin 18 Julie by www.bybelskool.com.  Registreer op die voorblad om dit per e-pos te ontvang.  Die eerste byeenkoms in die gemeente van Somerstrand is 31 Julie om 18:00-19:00 in die konsistorie.

Hier is ’n sinopsis van my beplanning:

  • Daniël wys ‘n mens hoe om in ‘n verleidelike wêreld standvastig en getrou aan God te bly. Asook hoe God werk deur só ‘n lojale dienskneg om Sy wil vir sy volk en die wêreld deur te voer.  Ons gaan ook diep nadink oor hoe ons God se wil vir die lewe kan onderskei.
    • Bydraes: 18 tot 31 Julie – Byeenkoms 31 Julie.
  • Ester wys jou hoe jy in ‘n verraderlike wêreld met ‘n wispelturige koning, nie net self aan die lewe kan bly nie, maar ook die veiligheid van jou mense in die vreemde kan bewerk. Al wy Ester nie oor God as sodanig uit nie, sien ’n mens oral Sy teenwoordigheid in Sy voorsienings.
    • Bydraes: 1 tot 7 Augustus – Byeenkoms 7 Augustus. 
  • Esra en Nehemia weer wys hoe jy te werk gaan om ‘n geloofsgemeenskap op te bou. Ná die Kronis in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik Serubbabel, Esra, en Nehemia wat 1) die verhouding met God herstel deur die bou van die tempel en die herstel van die liturgiese omgang met God, 2) die fokus op die regte en reflekterende lees van die Bybel plaas sodat dit die hele lewe kan deursuur, en 3) op die herstel van die muur van Jerusalem fokus sodat die geloofsgemeenskap kan gedy in ‘n veilige ruimte waarin lewe kan floreer. Dit gee vir ons prentjies van hoe ons met God kan saamwerk in ons eie tyd wat uiters inspirerend is.
    • Bydraes oor Esra: 8 tot 21 Augustus – Byeenkomste 14 en 21 Augustus.
    • Bydraes oor Nehemia: 22 tot 4 September – Byeenkoms 28 Augustus en 11 September.

Die Bybelskool materiaal sinkroniseer meesal met die gemeente van Somerstrand se hantering van Die Storie. As ek egter die tydlyn van die Bybelboeke se verhale moet volg, moet ek dit eintlik min of meer as volg lees: Daniël, Esra 1-6, Haggai, Sagaria, Ester, Esra 7-12, Maleagi, Nehemia.

  • Die 3 profete Haggai, Sagaria en Maleagi se profesieë het direk met Esra en Nehemia se tydvak te make.
  • Haggai het 4 woorde vir Juda direk ná die ballingskap wat hulle aanspoor om die tempel te herbou, veral gerig aan Serubbabel.
  • Sagaria doen dieselfde, hoewel hy ook ‘n klomp ander sake aanspreek.
  • Al die probleme wat Maleagi aanspreek, is dinge waarvan ‘n mens in Esra en Nehemia lees: godsdienstig-gemengde huwelike, gebrek aan tiendes, korrupte priesters en sosiale ongeregtigheid.
  • Ester weer tree op in die tyd tussen Esra 6 en 7.
  • Maar, ek wil die 12 kleiner profete, waaronder dié 3 val, volgende jaar as ‘n eenheid hanteer. Só, ek gaan verwys na hulle, maar nog nie as sodanig lees nie.
  • Keuses, keuses!

Almal welkom!

by Chris van Wyk


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda