Bybelskool vir die derde kwartaal 2013

Ons lees hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia.   Die eerste bydrae begin 18 Julie by www.bybelskool.com.  Registreer op die voorblad om dit per e-pos te ontvang.  Die eerste byeenkoms in die gemeente van Somerstrand is 31 Julie om 18:00-19:00 in die konsistorie.

Hier is ’n sinopsis van my beplanning:

  • Daniël wys ‘n mens hoe om in ‘n verleidelike wêreld standvastig en getrou aan God te bly. Asook hoe God werk deur só ‘n lojale dienskneg om Sy wil vir sy volk en die wêreld deur te voer.  Ons gaan ook diep nadink oor hoe ons God se wil vir die lewe kan onderskei.
    • Bydraes: 18 tot 31 Julie – Byeenkoms 31 Julie.
  • Ester wys jou hoe jy in ‘n verraderlike wêreld met ‘n wispelturige koning, nie net self aan die lewe kan bly nie, maar ook die veiligheid van jou mense in die vreemde kan bewerk. Al wy Ester nie oor God as sodanig uit nie, sien ’n mens oral Sy teenwoordigheid in Sy voorsienings.
    • Bydraes: 1 tot 7 Augustus – Byeenkoms 7 Augustus. 
  • Esra en Nehemia weer wys hoe jy te werk gaan om ‘n geloofsgemeenskap op te bou. Ná die Kronis in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik Serubbabel, Esra, en Nehemia wat 1) die verhouding met God herstel deur die bou van die tempel en die herstel van die liturgiese omgang met God, 2) die fokus op die regte en reflekterende lees van die Bybel plaas sodat dit die hele lewe kan deursuur, en 3) op die herstel van die muur van Jerusalem fokus sodat die geloofsgemeenskap kan gedy in ‘n veilige ruimte waarin lewe kan floreer. Dit gee vir ons prentjies van hoe ons met God kan saamwerk in ons eie tyd wat uiters inspirerend is.
    • Bydraes oor Esra: 8 tot 21 Augustus – Byeenkomste 14 en 21 Augustus.
    • Bydraes oor Nehemia: 22 tot 4 September – Byeenkoms 28 Augustus en 11 September.

Die Bybelskool materiaal sinkroniseer meesal met die gemeente van Somerstrand se hantering van Die Storie. As ek egter die tydlyn van die Bybelboeke se verhale moet volg, moet ek dit eintlik min of meer as volg lees: Daniël, Esra 1-6, Haggai, Sagaria, Ester, Esra 7-12, Maleagi, Nehemia.

  • Die 3 profete Haggai, Sagaria en Maleagi se profesieë het direk met Esra en Nehemia se tydvak te make.
  • Haggai het 4 woorde vir Juda direk ná die ballingskap wat hulle aanspoor om die tempel te herbou, veral gerig aan Serubbabel.
  • Sagaria doen dieselfde, hoewel hy ook ‘n klomp ander sake aanspreek.
  • Al die probleme wat Maleagi aanspreek, is dinge waarvan ‘n mens in Esra en Nehemia lees: godsdienstig-gemengde huwelike, gebrek aan tiendes, korrupte priesters en sosiale ongeregtigheid.
  • Ester weer tree op in die tyd tussen Esra 6 en 7.
  • Maar, ek wil die 12 kleiner profete, waaronder dié 3 val, volgende jaar as ‘n eenheid hanteer. Só, ek gaan verwys na hulle, maar nog nie as sodanig lees nie.
  • Keuses, keuses!

Almal welkom!

by Chris van Wyk


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: