Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie

MATTEUS 5:38-42

38 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ (Eks. 21:24; Lev. 24:20; Deut. 19:21)

39 Maar Ek sê vir julle om julle nie teen ’n slegte mens te verset nie, en as iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die ander een.

40 As iemand jou hof toe wil neem en jou onderkleed wil neem, gee vir hom ook jou bo-kleed.

41 As iemand jou dwing om sy goed een myl (ongeveer 1,5 km) te dra, gaan twee saam met hom.

42 Gee aan die een wat jou vra, en moenie die een wat by jou wil leen, wegwys nie.”

Continue reading

Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee”

MATTEUS 5:33-37

33 “Verder het julle gehoor dat vir die mense van ouds gesê is: ‘Jy mag nie ’n eed verbreek nie, en kom jou eed aan die Here na.’ (Lev. 19:12; Num. 30:2; Deut. 23:21)

34 Maar Ek sê vir julle om hoegenaamd nie ’n eed te neem nie; nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is,

35 nie by die aarde nie, omdat dit sy voetbankie is, nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad van die groot koning is,

36 en jy moenie by jou kop ’n eed neem nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.

37 Julle ‘ja’ moet ‘ja’ bly en julle ‘nee’, ‘nee’; meer as dit is uit die bose.”

Continue reading

Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg

MATTEUS 5:31-32

31 “Daar is ook gesê: ‘Wie ook al van sy vrou skei, moet haar ’n skeibrief gee.’ (Deut. 24:1)

32 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor ontrou, maak dat sy egbreuk pleeg, en wie ook al met ’n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

Continue reading

As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg

MATTEUS 5:27-30

27 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ (Eks. 20:14; Deut. 5:18)

28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer alreeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

29 As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af, want dit is vir jou beter dat een van jou ledemate verlore gaan en jou hele liggaam nie in die hel gegooi word nie.

30 En as jou regterhand jou laat sondig, kap dit af en gooi dit weg van jou af, want dit is beter vir jou dat een van jou ledemate verlore gaan en jou hele liggaam nie in die hel gegooi word nie.”

Continue reading

Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie

MATTEUS 5:21-26

21 “Julle het gehoor dat daar vir die mense van ouds gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie (Eks 20:13; Deut 5:17), en wie ook al moord pleeg, sal voor die reg strafbaar wees.’

22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broer kwaad is, voor die reg strafbaar sal wees; en wie ook al vir sy broer sê: ‘Jou domkop,’ sal voor die Sanhedrin strafbaar wees; en wie ook al sê: ‘Jou dwaas,’ sal strafbaar wees in die hel met sy vuur.

23 As jy dan jou gawe by die altaar aanbied en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het,

24 los jou gawe daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer, en kom dan en bied jou gawe aan.

25 Kom gou tot ’n vergelyk met jou aanklaer terwyl jy saam met hom op pad is, sodat jou aanklaer jou nie oorlewer aan die regter en die regter aan die hofbeampte en jy in die tronk gegooi word nie.

26 Amen, Ek sê vir jou, jy sal beslis nie daar uitkom totdat jy die laaste kodrantes (kleinste Romeinse muntstuk) betaal het nie.”

Continue reading

Onlangse kommentaar