Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
27 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ (Eks. 20:14; Deut. 5:18)
28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer alreeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
29 As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af, want dit is vir jou beter dat een van jou ledemate verlore gaan en jou hele liggaam nie in die hel gegooi word nie.
30 En as jou regterhand jou laat sondig, kap dit af en gooi dit weg van jou af, want dit is beter vir jou dat een van jou ledemate verlore gaan en jou hele liggaam nie in die hel gegooi word nie.”
21 “Julle het gehoor dat daar vir die mense van ouds gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie (Eks 20:13; Deut 5:17), en wie ook al moord pleeg, sal voor die reg strafbaar wees.’
22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broer kwaad is, voor die reg strafbaar sal wees; en wie ook al vir sy broer sê: ‘Jou domkop,’ sal voor die Sanhedrin strafbaar wees; en wie ook al sê: ‘Jou dwaas,’ sal strafbaar wees in die hel met sy vuur.
23 As jy dan jou gawe by die altaar aanbied en jy daar onthou dat jou broer iets teen jou het,
24 los jou gawe daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer, en kom dan en bied jou gawe aan.
25 Kom gou tot ’n vergelyk met jou aanklaer terwyl jy saam met hom op pad is, sodat jou aanklaer jou nie oorlewer aan die regter en die regter aan die hofbeampte en jy in die tronk gegooi word nie.
26 Amen, Ek sê vir jou, jy sal beslis nie daar uitkom totdat jy die laaste kodrantes (kleinste Romeinse muntstuk) betaal het nie.”
Met die volgende paar perikope in die Bergrede – Matteus 5:17-48 – bevestig Jesus nie net die wet van Moses en die boodskap van die Profete – die OT – nie, maar laat die Skrifte ook op radikale wyse tot sy volle betekenis kom.
Sy basiese boodskap, soos opgesom aan die einde daarvan in vers 48, is ontsagwekkend. God verwag nie net dat sy mense die wet sal gehoorsaam nie. Natuurlik dit ook, en in sy volle betekenis soos Jesus dit hier uitlê.
God verwag meer. Hy verwag dat hulle soos Hy sal wees, volmaak. Trouens, Hy verwag dat sy mense nie net hulle naaste sal liefhê nie, maar van hulle vyande vriende sal maak.
In ses teenstellings spel Jesus die dieper betekenis van die wet uit (telkens aangedui met: “Julle het gehoor – vers 21, 27, 31, 33, 38, 43 … maar Ek sê vir julle” – vers 22, 28, 32, 34, 39, 44). Daarmee maak Hy duidelik dat sy vertolking nie die wet verbreek nie, maar juis vervul. Trouens, Hy verwag van gelowiges dat hulle geregtigheid meer sal wees as dié van die skrifkenners en Fariseërs.
Jesus illustreer sy vervulling van die wet aan die hand van die laaste vyf van die Tien Gebooie wat Hy hier in sy volle betekenis uitlê:
die lering oor moord – Matt. 5:21-26 – kan met die sesde gebod verbind word;
die lering oor begeertes – Matt. 5:27-30 – kan met die tiende gebod verbind word;
die lering oor egskeiding – Matt. 5:31-32 – kan met die sewende gebod verbind word;
die lering oor eedswering – Matt. 5:33-37 – kan met die negende gebod verbind word;
die lering oor vergelding – Matt. 5:38-42 – kan met die agste gebod verbind word.
Hy sluit hierdie interpretasie af met die sesde teenstelling wat die gebod tot naasteliefde (Lev. 19:18) van toepassing maak ook op vyande – Matteus 5:43-48.
Geen wonder nie dat Paulus daarom ‘n soortgelyke verbintenis maak tussen die etiese kode van die nuwe lewe in Christus en die tweede tafel van die wet, só belangrik was hierdie lering van Jesus. Dit sien ons In Romeine 13:8-14 waar Paulus ook die laaste vyf van die gebooie van die tweede tafel van die wet gebruik as sy etiese kode vir gelowiges. Paulus vat sy uitleg van die wet daarna ook saam in die opdrag om die naaste lief te hê soos jouself (Lev. 19:18), soos wat Jesus dit hier doen (vgl. ook Matt. 19:19; 22:39).
Vanaf 24 September is daar ‘n landwye gebedsinisiatief — 49 dae waarin gelowiges saam bid vir leiers regoor Suid-Afrika, gebaseer op ‘n gedeelde daaglikse fokus wat gewortel is in Sagaria 10. Elke dag bring ‘n kort Skrifgedeelte en gebedsvoorstel, en jy sal elke oggend en aand inteken soos jy bid, sodat jou stad sy eie gebedsmomentum kan sien groei saam met ander regoor die land. (Bereik dit as ‘n channel op WhatsApp of by hierdie skakel ná registrasie: https://bit.ly/49daysapp)
Wat dit behels:
Registreer met net jou naam en stad — geen wagwoord nodig nie – https://49-day-prayer-challenge.onhercules.app/
‘n Paar minute elke oggend en aand om die dag se voorstel te lees en aan te dui dat jy gebid het
Deel wees van iets groter — jou gebede tel by jou stad se totaal, sodat jy saam met ‘n hele gemeenskap bid, nie alleen nie
Hoe jy kan help om die woord te versprei:
Nooi ‘n paar mense in jou eie kring — familie, vriende, jou kerk of werkplek — om aan te sluit en te registreer
Deel dit in jou WhatsApp-groepe of op Facebook wanneer dit begin
Moedig jou stad of dorp aan om dit te ondersteun, sodat elke area verteenwoordig word
Sal jy gewillig wees om aan te sluit, en ‘n paar ander mense ook hiervan te laat weet?
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar