Skip to main content

Tag: Wie is God?

God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14

Paulus stig die gemeente in Efese op sy tweede sendingreis

Paulus se verhouding met die gemeente in Efese het ‘n lang pad gekom. In Handelinge 18:18-19:40 word die verhaal vertel van die wonderbaarlike dinge wat God deur hom daar gedoen het met sy eerste besoek aan hulle aan die einde van sy tweede sendingreis, ongeveer in die jaar 51-52 nC.  Hy het waarskynlik by Akwila en Priscilla gebly.  Hulle het ‘n huis in Efese gehad (1 Kor 16:19).  Hy wou egter nie lank bly nie, en belowe om met ‘n volgende reis weer by hulle aan te doen.  Hy vertrek dus, doen Jerusalem aan, en voltooi sy tweede sendingreis met ‘n tyd in Antiogië.

Op sy derde sendingreis, ’n geestelike reis van versterking, bly hy egter langer, in totaal uiteindelik 3 jaar lank (Hand 20:31). Trouens, die groot fokuspunt op hierdie reis is Efese. Lukas vertel ons die verhaal daarvan in drie episodes:

  1. die verhaal van die uitstorting van die Heilige Gees waarin hy uitwy oor die betekenis van die doop;
  2. die verhaal van die seuns van Skeva waarin skynheiligheid aan die kaak gestel word;
  3. die verhaal van die oproer in Efese waarin die greep van die Bose op die gelowiges gebreek word.

Paulus som sy bediening onder hulle op met die woorde: “om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.”  Onder baie trane en gebed rig hy van Efese af sy voetstappe na Jerusalem, ten spyte van die feit dat hy weet, soos God hom oortuig het, dat dit nie met hom goed sal gaan wanneer hy daar kom nie.  ’n Mens dink aan die ervaring van Jesus in Getsemane, hoewel Jesus nog slegter af was as Paulus, omdat Hy nie kon staatmaak op sy metgeselle in sy uur van nood nie soos Paulus dit wel hier kon doen.

Die brief aan die Efesiërs

Paulus skryf dan sy brief aan die gemeente in Efese tydens sy gevangenskap in Rome, net na hy ‘n soortgelyke brief aan die gemeente in Kolosse geskryf het.

Die brief aan die gemeente in Efese is die brief met die duidelikste uiteensetting in die Nuwe Testament van wat die kerk is, en hoe die kerk moet funksioneer.  Dit is duidelik dat Paulus alles wat hy by die Here oor die kerk geleer het, en in die praktyk gesien het dat dit werk, aan die gemeente deurgee om hulle te motiveer om as gemeente te groei in volwassenheid, sodat hierdie wêreld kan glo.

Die brief val duidelik in twee helftes uiteen:

  • ‘n Teologiese begronding van die evangelie van Christus Jesus wat ‘n nuwe mensheid tot stand gebring het oor die grense van nasies heen – hoofstuk 1-3.
  • Praktiese riglyne oor die eenheid van die kerk, die gebruik van gawes, die uitdagings van dissipelskap, die eise van ‘n lewenstyl in die lig, ‘n fokus op verhoudinge en ‘n oproep tot publieke standvastigheid – hoofstuk 4-6.

God seën ons om alles in almal te vervul

Efese was ‘n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye.  Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons jaartelling.  Die tempel van Artemis (vgl Hand 19), een van die sewe wonders van die antieke wêreld, was ook daar.  Vandag is daar net ruïnes oor van Efese, naby die moderne stad Selçuk. 

Paulus begin sy brief aan hulle met ‘n gesprek met die gemeente wat uitmond in ‘n gebed.  In dié gesprek loof hy God die Vader vir al die seëninge van die Gees wat daar in Christus Jesus aan ons gegee is (1:3-14).  In sy gebed bid hy dat die gemeente van Efese God werklik sal kan ken (1:15-23).

Dit is al genoeg om oor na te dink!  God het ons geseën met alles wat ons nodig het vir hierdie lewe. Die kern daarvan is dat ons God kan ken en met Hom in verhouding kan lewe.  Ons oë moet net al hoe meer daarvoor oopgaan.  Dit is iets waarvoor ons self kan en moet bid.  En dit is iets wat ons van God kan verwag – ook vandag.

God word as Triniteit geloof

Paulus herinner hulle aan die rykdom wat daar in God is as Vader, Gees en Seun.  Dit is hierdie tipe uitsprake wat die vroeë kerk oortuig het van die lering van die Triniteit.  Maar let ook op dat Paulus nie probeer om die lering regtig te verduidelik nie.  Hy erken dit net, maak die gemeente opgewonde daaroor en raai hulle aan om hierdie God te loof en te leer ken.

God is aan die werk in ons

Kyk na die opeenvolgende werkwoorde in hierdie gedeelte.  Dit help baie om Paulus se gedagtegang te volg en dieper in sy boodskap in te kom.  Let op bv na die werkwoorde waarmee Paulus God se werk in ons beskryf in vers 4-6: uitverkies, bestem, prys.  God het ons met die hand uitgesoek; Hy het sy kinders gemaak; Daarom moet ons Hom prys.  Dit beteken vir my my dat ek nie sy arm hoef te draai om vir my lief te wees nie.  Ek hoef ook Hom ook nie te probeer beïndruk met wat ek doen nie.  Ek kan maar net rustig sy geselskap opsoek en  met Hom in gemeenskap lewe.

God het ons uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees

Wat veral tref in hierdie eerste deel van die brief is dat God ons gekies het om heilig en onberispelik voor Hom te wees (vers 4).  Dit sê vir my drie dinge: dat ek iets van God moet uitstraal vandag (heilig); dat ek in alles sal streef daarna om reg te doen (onberispelik); dat ek bewus van God sal lewe in alles wat ek doen (voor Hom).  Dit is hoe prakties die geestelike lewe is.  Laat my dink aan Miga 6:8 wat in soortgelyke taal sê dat al wat God van ons vra is om reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor God.

Die uitverkiesing gebeur in Christus

Die uitverkiesing gebeur “in Christus”, soos vers 4 sê.  Die feit dat God dit voor die skepping van die wêreld besluit het, beteken dat God se besluit van die begin af vasstaan.  Ons kan daarop reken dat dit vir ons ook waar is.  Die feit dat dit “in Christus”  is, beteken dat alles aan ons binne die verhouding met Christus geskenk word.  Dit is waarom dit so uiters belangrik is om in ‘n verhouding met Hom te lewe.  Sonder dié verhouding loop ons die gevaar om God se gawes aan ons te mis.

Dit is natuurlik die hele essensie van die sakramente, want dit is tekens van God se genade wat in Christus aan ons toegesê word.

Ons is as gelowiges een in Christus

Let op hoe Paulus in 12 tot 14 met die voornaamwoorde die eenheid beklemtoon wat in Christus gekom het.  Hy praat eers van die Jode met die gebruik van die voornaamwoord ons: “ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het”.  Dan praat hy van die gelowiges uit die heidense volkere met die gebruik van die voornaamwoord julle: “Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God”.  Dan praat hy van die Heilige Gees wat “julle as die eiendom van God beseël (het)” (die gelowiges uit die heidene) en op soortgelyke wyse van die Heilige Gees wat die “waarborg (is) dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het” (die gelowiges uit die Jode).  In taal wat ‘n mens nogal sterk herinner aan Petrus se woorde op Pinksterdag (Hand 2:38-39) begrond Hy dus die eenheid tussen gelowiges uit die Jodedom en die heidendom in die geloof in Christus en in gawe van die Heilige Gees.

Daarmee spel Paulus die praktiese implikasies uit van die eenheid waarop God die Vader besluit het, om “alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus” (vers 10).  En let op dat die eenheid kosmies van aard is, en nie net kerklik nie.

Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte

1. Lees die Nederlandse Geloofsbelydenis 33, Heidelbergse Kategismus 65-68 en Westminster Geloofsbelydenis 27. Wat leer jy oor die sakramente? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 33: DIE SAKRAMENTE

Ons glo dat ons goeie God, omdat Hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening hou, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, om tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand te hou. Hy het dit by die Woord van die evangelie gevoeg om vir ons uitwendige sintuie des te beter voor te stel wat Hy aan ons deur sy Woord te kenne gee en wat Hy inwendig in ons hart doen. So bekragtig Hy in ons die heil wat Hy aan ons meedeel. Dit is immers sigbare tekens en seëls van ‘n inwendige en onsigbare saak, en deur middel daarvan werk God in ons deur die krag van die Heilige Gees. Die tekens is dus nie sonder sin en sonder inhoud om ons te bedrieg of te mislei nie; hulle waarheid is juis geleë in Jesus Christus, sonder wie hulle geheel en al betekenisloos sou wees. Verder is ons tevrede met die aantal sakramente wat Christus, ons Meester, vir ons ingestel het en wat slegs twee is, naamlik die sakrament van die doop en die heilige nagmaal van Jesus Christus.

Rom. 4:11; Gen. 9:13; 17:10-11; Eks. 12; Kol. 2:11; 1 Kor. 5:7; Matt. 28:19; 26:26; Rom. 10:9; Kol. 1:11; 1 Pet. 3:20; 1 Kor. 10:2.

Heidelbergse Kategismus 65-68 (Sondag 25)

65 Vraag: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ‘n geloof dan vandaan?

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die sakramente (b).

(a) Ef 2:8; 6:23; Joh 3:5; Filp 1:29. (b) Matt 28:19; 1 Pet 1:22-23.

66 Vraag: Wat is sakramente?

Antwoord: Dit is heilige, sigbare tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk (a).

(a) Gen 17:11; Rom 4:11; Deut 30:6; Lev 6:25; Heb 9:7-9, 24; Eseg 20:12; Jes 6:6, 7; 54:9.

67 Vraag: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus wat aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te wys?

Antwoord: Ja, seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle saligheid op die enige offer van Christus rus, wat aan die kruis vir ons volbring is (a).

(a) Rom 6:3; Gal 3:27.

68 Vraag: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond of Testament ingestel?

Antwoord: Twee, naamlik die heilige doop en die heilige nagmaal.

Westminster Geloofsbelydenis 27

The Sacraments

1. Sacraments are holy signs and seals of the covenant of grace. They were instituted by God along with that covenant1 to represent Christ and his benefits, to confirm our position with and in him,2 to demonstrate a visible difference between those who belong to the church and the rest of the world,3 and solemnly to engage believers in the service of God in Christ according to his word.4

1. Rom 4.11, Gn 17.7, 9-11, Mt 28.19, 1 Cor 11.23, Ex 13.9-10, 12.3-20.

2. 1 Cor 10.16, 11.25-26, Gal 3.27.

3. Rom 15.8, Ex 12.48, Gn 34.14, 1 Cor 10.21, Heb 13.10, 1 Cor 11.27-29.

4. Rom 6.3-4, 1 Cor 10.2, 14-16, 21; see context.

2. In every sacrament there is a spiritual relationship or sacramental union between the sign and the thing signified. And so the names and effects of the one are attributed to the other.5

5. Gn 17.10, Mt 26.27-28, Ti 3.5.

3. The grace revealed in or by sacraments in their right use does not come from any power in them. Neither does the effectiveness of a sacrament depend on the devoutness or the intention of whoever administers it. Rather the power and effectiveness of the sacraments are the result of the work of the Spirit6 and rest on God’s word instituting them, since his word authorizes their use and promises benefits to worthy receivers of them.7

6. Rom 2.28-29, 1 Pt 3.21, Mt 3.11, 1 Cor 12.13, 3.7, 6.11, Jn 3.5, Acts 8.13-23.

7. Mt 26.27-28, 28.19-20, Jn 6.63, Lk 22.19-20, 1 Cor 11.26.

4. There are only two sacraments ordained by Christ our Lord in the gospel: baptism and the Lord’s supper.8 Ordinarily, neither of these may be administered by anyone but a lawfully

ordained minister of the word.9

8. Mt 28.19, 1 Cor 11.20,23, 4.1, Heb 5.4.

9. See General Note.

5. The sacraments of the Old Testament signify and reveal in substance the same spiritual things as those of the New.10

10. 1 Cor 10.1-4, 5.7-8, Col 2.11-12.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor die sakramente.

Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12

Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid. Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak – hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het! (NLV)

Die sakramente is ‘n getuienis van ons éénheid met Christus. Só was dit met die besnydenis in die Ou Verbond. Só is dit met die doop in die Nuwe Verbond. Die doop getuig aan ons dat ons saam met Hom begrawe is in die dood vir die sonde, en saam met Hom opgewek is uit die dood om vir God te lewe. Die krag van God wat in Christus gewerk het, is ook in ons aan die werk. Die doop is ‘n teken daarvan. Ons lewe saam met God is die gevolg daarvan.

1. Watter perspektief gee hierdie gedeelte vir jou op die waarde wat die doop vir jou het?

2. Hoe help hierdie gedeelte jou om jouself te reken as dood vir die sonde en lewend vir God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die doop jou herinner aan jou dood vir die sonde en jou opstanding in ‘n lewe vir God.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 2 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou.

Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29

Terwyl hulle besig was om te eet, neem Jesus brood en vra God se seën daarop. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit aan sy dissipels met die woorde: “Neem en eet dit. Dit is my liggaam.” En Hy het die beker geneem en God daarvoor gedank. Hy het dit aan hulle gegee met die woorde: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet sodat hulle sondes vergewe kan word. Ek verklaar nou hier plegtig dat Ek van nou af nie weer wyn sal drink nie totdat Ek opnuut die feeswyn saam met julle sal drink in die koninkryk van my Vader.” (NLV)

Jesus transformeer hierdie Pasga ete deur die gewone elemente daarvan – brood en wyn – te neem en die voortdurende viering daarvan met sy dood te verbind waardeur Hy ’n verbond met hulle en dié wat ná hulle sou kom, sluit tot vergifnis van sondes.  Hierdie eerste Nagmaal is daarom ook vir Jesus ’n moment van beslissing, ’n eie verbintenis, dat Hy self nie weer brood en wyn sal geniet, totdat Hy dit met die volle aanbreek van die koninkryk van sy Vader, weer saam met sy dissipels sal kan doen nie.

1. Watter perspektief gee hierdie gedeelte vir jou op die waarde wat die nagmaal vir jou het?

2. Wat beteken dit vir jou dat dit Jesus selfs is wat die nagmaal as sakrament instel?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die verbond wat God met jou gesluit het om jou sonde te vergewe en jou uiteindelik in sy koninkryk op te neem.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Romeine 16 te lees en my bydrae daaroor: Matteus 26 – Jesus word verwerp, verraai, verhoor en verloën.

Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58

“Ek verseker julle, wie aanhou glo, het reeds die ewige lewe. Ek is die brood wat lewe gee. Julle voorvaders het in die woestyn manna geëet en tog gesterf. Hierdie is die brood wat uit die hemel gekom het sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie. Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe. En die brood wat Ek beskikbaar sal stel, is my liggaam. Dit doen Ek ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe.” Die Jode het toe heftig onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hierdie man sy liggaam aan ons gee om te eet?” Jesus het toe teenoor hulle reageer: “Ek verseker julle, as julle nie die liggaam van die Seun van die Mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie deel aan die lewe nie. Wie my liggaam eet en my bloed drink, besit die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag opwek. My liggaam is egte voedsel en my bloed is egte drank. Wie my liggaam eet en my bloed drink, beleef ’n innige verhouding met My en Ek met hom. Soos die lewende Vader My gestuur het en Ek deur die Vader lewe, só sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe. Hierdie brood wat uit die hemel gekom het, is nie soos die voorvaders wat die manna geëet en gesterf het nie. Wie hierdie brood eet, sal vir altyd lewe.” (NLV)

’n Mens moet eintlik hoofstuk 6-7 as ‘n eenheid lees. Die een gedagte volg direk op die ander en vorm só ‘n geheel. Elke uitspraak het met elke ander uitspraak te make.  Die broodwonder in die eerste 15 verse is die vertrekpunt.

Jesus sluit daarby aan om te verduidelik dat Hy die brood van die lewe is. Gelowiges moet op Hom fokus, want in die gemeenskap met Hom lê die volharding van hulle geloof. Die wonderteken van die brood wys op die Wonderdoener. Die teken is nie so belangrik nie as die realiteit waarna dit verwys. Dit is immers net deur in Jesus te glo, wat ‘n mens die lewe het. Net Hy kan vir hulle ewige lewe gee. Jesus is die Brood wat lewe gee. Daardeur bekom hulle die ewige lewe met die laaste dag se opstanding.

Die Jode wys egter hulle weerstand teen God se lering deur konsekwent Jesus se lering mis te verstaan.  Dit terwyl Jesus hier eintlik oop kaarte met hulle speel en van sy naderende dood in terme van sy liggaam en sy bloed te praat, die tekens van die nagmaal. Dit is egter dié wat die betekenis daarvan begryp en omhels, wat inderdaad in God is en ervaar dat God in hulle bly.

1. Hoe help hierdie gedeelte jou om die betekenis en waarde van geloof raak te sien?

2. Hoe help hierdie gedeelte jou om die betekenis en waarde van die sakramente raak te sien?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat die tekens van die sakramente jou geloof in Jesus versterk.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Johannes 6 en my bydrae daaroor: Johannes 6:1–71 – God gee geloof wat vir altyd hou.

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms