Skip to main content

Tag: Sagaria

Sagaria 12:1-14:21 – Die Messiaanse Koning vestig God se finale koninkryk

prayer-shawlDie tweede deel van Sagaria word afgesluit met ‘n laaste profesie wat die boodskap herhaal dat God sy finale koninkryk vestig deur die Lydende Messiaanse Koning – hfst. 12-14. ‘n Mens is nie altyd seker hoe die onderskeie dele by mekaar pas nie, en die argumentasie binne die perikope is soms moeilik om te volg, maar die breë boodskap is duidelik. God sal sy koninkryk op aarde vestig op só ‘n wyse dat sy teenwoordigheid die sentrum van alles raak, ook die sentrum van die nasies. Die Lydende Messias speel daarin ‘n beslissende rol.

Hoewel ‘n mens die drie hoofstukke ook fyner kan indeel, lees ons dit aan die hand van die volgende vyf perikope:

  • 12:1-9 – God bevry Juda en Jerusalem deur die nasies uit te roei wat hulle aanval
  • 12:9-14 – God bring ‘n gees van welwillendheid en berou deur die impak van ‘n martelaar
  • 13:1-6 – God reinig Jerusalem van hulle sonde en vuilheid
  • 13:7-9 – God suiwer die oorblyfsel deur die impak van die dood van die herder
  • 14:1-21 – Die dag van die Here kom en maak van Jerusalem die sentrum van God se teenwoordigheid

Continue reading

Sagaria 9:1-11:17 – Die Messiaanse Koning verenig God se mense met Hom

prayer-shawlDie tweede deel van Sagaria, hoofstuk 9-14, is nie gedateer nie, en volg waarskynlik ‘n geruime tyd na die visioene van 519 v.C. Dit lyk asof dit moontlik in ‘n tyd gelewer is toe die voortdurende ongehoorsaamheid in die geloofsgemeenskap en die gebrekkige voorbeeld van die priesterlike en politieke leiers, die profeet oortuig het dat die verwagte volkome verlossing eers verder in die toekoms tot vervulling sal kan kom.

Hierdie tweede deel van Sagaria bevat twee afdelings, telkens ingelei met die woorde: “’n Profesie” (9:1; 12:1). Soos vroeër gesê:

  • Die eerste afdeling – hoofstuk 9-11 – het te make met God se oordeel oor die nasies, die terugkeer van die volk uit hulle verstrooiing, God se keuse vir ‘n Messiaanse koningsfiguur as herder wat egter verwerp word, en daarom welwillendheid (vriendelikheid) en samehorigheid (vereniging), uitgebeeld met twee kieries, in die gedrang bring in die wêreld.
  • Die tweede afdeling – hoofstuk 12-14 – raak ook al dié temas aan, maar sien dit nog meer eskatologies, as iets wat aan die einde van alles – op “daardie dag” (12:3,4,6,8,9,11; 13:1,2,4; 14:1,4,6,7,9,13,20,21) – in vervulling sal gaan.

Continue reading

Sagaria 7:1-8:23 – Gehoorsaamheid aan God in die geloofsgemeenskap trek die nasies na Hom toe

prayer-shawlDit is die 7de Desember 518 v.C. volgens ons jaartelling, ongeveer twee jaar ná Sagaria die agt visioene van die Here af ontvang het. Die herbouing van die tempel is waarskynlik omtrent halfpad. Die mense van die heiligdom Bet-El raadpleeg die Here deur Sagaria om uit te vind of hulle nog moet rou en vas vanweë die ballingskap. In ‘n uitgebreide antwoord wat baie aspekte van hulle verhouding met die Here dek, en waarin sy keuse van Jerusalem en die tempel op Sionsberg duidelik blyk, beveel die Here die hele land om hulle vasdae in feesdae te verander, solank hulle net die waarheid praat, liefde en barmhartigheid sal bewys aan mekaar en reg sal laat geskied sodat daar vrede onder hulle kan heers.

Die impak daarvan sal só groot wees dat dit die nasies nader sal trek aan die Here. Gehoorsaamheid aan God in die geloofsgemeenskap sal die nasies inspireer om God saam met die Godsvolk te aanbid. In die proses bemoedig die Here die volk ook om die werk aan die tempel te voltooi, iets wat twee jaar later uiteindelik gebeur het.

Continue reading

Sagaria 5:1-6:15 – Sagaria se visie op God wat herstel na binne bring

prayer-shawlHierdie twee hoofstukke bevat die laaste drie gesigte van Sagaria oor die herstel wat God in die geloofsgemeenskap sal bring sowel as ‘n opdrag aan Sagaria om die twee leiers te bemoedig wat die proses sal begelei (6:9-15).

  • Die vlieënde boekrol stel God se optrede teen wetteloosheid, onreg en oneerlikheid, voor (5:1-4).
  • Die graanmandjie se verbanning na Babel stel God se optrede teen goddeloosheid voor (5:5-11).
  • Die strydwaens stel God se beheer oor die wêreld voor as bemoediging vir die volk om met die herstelwerk aan die tempel voort te gaan (6:1-8). Hy sal vrede oral en vir almal bring.

Continue reading

Sagaria 3:1-4:14 – Sagaria se visie op die leiers wat God se plan uitvoer

prayer-shawlOnthou wat op die spel is in die stad Jerusalem. Haggai het ‘n nuwe motivering gebring met sy vier profesieë ‘n skrale ses maande voor hierdie gesigte van Sagaria. Haggai het ook spesifiek met die leiers gepraat en hulle geïnspireer om voor te vat en leiding te neem om die tempel te herbou. Maar net die fondamente is al gelê, en dit sou nog 4 jaar neem om die projek af te handel. Die werk was nog baie en die pad na die einde nog lank en swaar.

Daarom gee die Here vir Sagaria hierdie twee volgende visioene, die een gemik op die geestelike leier in die tempel, Jesua die hoëpriester, en die ander gemik op die politieke leier, Serubbabel die goewerneur. Niks minder as God se teenwoordigheid in die tempel en in die aanbidding van Juda is op die spel. Sy teenwoordigheid in die gemeenskap en in die wyse waarop die volk teenoor mekaar en teenoor die ander nasies optree, hang tot ‘n groot mate af van dié twee leiers. Jesua en Serubbabel is dus van kardinale belang in die herbou van die geloofsgemeenskap sowel as die breër gemeenskap van Jerusalem en Juda.

Continue reading

Onlangse kommentaar