Skip to main content

Tag: Sagaria

Sagaria 1:1-2:13 – Sagaria se visie op God wat herstel na buite bring

prayer-shawlDie eerste deel van Sagaria, die priester-profeet, se boodskap, hoofstuk 1-8, word gedateer tussen 520-518 v.C. Dit neem ‘n aanvang so twee maande ná Haggai met sy boodskap rondom die herstel van die tempel begin het, êrens in Oktober 520 v.C. Soos Haggai roep Sagaria die volk op tot gehoorsaamheid in die geloofsgemeenskap met die herbou van die tempel, maar nog meer spesifiek tot ‘n heilige en gehoorsame lewe.

Hy spel spesifiek in die eerste perikoop, Sag. 1:1-6 uit: “Moenie soos julle voorvaders wees nie.” Hulle was aan God ongehoorsaam en het die straf gekry soos die verbond uitgespel het. Die les wat die geskiedenis die volk nou moes leer, is die volgende: “Die Here die Almagtige het met ons gedoen wat Hy Hom voorgeneem het om te doen, presies volgens ons lewe en ons dade.

Die ongehoorsame voorvaders het dus in ballingskap gegaan soos die profete voorspel het. Die uitsprake van die profete het die voorvaders ingehaal. “Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer julle wees.

Continue reading

Sagaria – Berei julle voor op die koms van die Messias-Koning

prayer-shawlInleiding

Die profeet Sagaria was ‘n tydgenoot van Haggai. Hy spreek dieselfde twee leiers aan – Jesua die hoëpriester en Serubbabel die goewerneur – as wat Haggai gedoen het. Sagaria was benewens ‘n profeet ook ‘n priester, as kleinseun van Iddo, die hoof van een van die priesterlike families wat uit die ballingskap in 539 v.C. teruggekeer het (Neh. 12:4).

In hierdie elfde boek in die ry van die Twaalf Kleiner Profete fokus Sagaria die gedagtes van die volk op die herstel wat God sal bring, onder andere met die herbou van die tempel en die herstel van die leierskap (hfst. 1-8), maar versit ook die horison van hulle verwagting verder na die Lydende Messiaanse koningsfiguur wat sal kom om volkome verlossing te bring (hfst. 9-14). Sagaria se visie is dat God dán erken sal word as die ware koning, nie net in Jerusalem deur sy eie volk nie, maar ook deur die nasies, ‘n boodskap wat in die NT weerklank vind.

Continue reading

Onlangse kommentaar