Skip to main content

Tag: Psalms

WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe

Psalm 15-24 fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word.  Met dié Psalms word ons uitgenooi om God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in ons hele bestaan het te leef.

Uiteraard kan elkeen van die Psalms op hulle eie gelees word, soos dit aanvanklik ook geskryf is.  Daar is egter ook ’n besondere chiastiese (konsentriese) patroon merkbaar in die wyse waarop die Psalms in die Psalmboek gerangskik is.  Dit help ‘n mens om Psalm 19 as die sentrum of spilpunt van hierdie reeks Psalms te sien, en die absolute sentrale rol wat dit speel raak te sien, om teologies oor die Godsopenbaring na te dink.

Continue reading

Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie

Psalm 14 en 53 het basies dieselfde inhoud, met net ’n paar woorde en die opskrifte wat verskil.  Die hoofverskil lê in die gebruik van God se naam.  Psalm 14 gebruik 4 keer God se persoonsnaam, Jahwe, en Psalm 53 net die algemene naam vir God, Êlôhîm.  Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan verskillende redakteurs wat afsonderlik gewerk het met ‘n gedig wat moontlik foute bevat het, en wat hulle toe elkeen op sy eie manier aangepas het.  Albei Psalms was in gebruik in die liturgie en is dus ingesluit in die uiteindelike Psalmboek.

Die kontras in die Psalm is nie tussen ryk en arm nie, maar tussen goddeloses en regverdiges, hoewel dit wel wil lyk asof die regverdiges hier ook arm is (hulpeloos) – vers 5.  Die kontras is tussen dwases en wyses, tussen onverstandiges en verstandiges, mense wat niks van God begryp nie, en die wat iets van God begryp.  En let op dat hierdie kontras nie tussen intellektuele dwases en wyses is nie, maar tussen geestelike dwases en wyses.  Intellek en verstandelike vermoëns is nie in die Psalmis se visier nie, wel hulle verhouding met God en begrip vir wat Hy doen, al dan nie.

Continue reading

Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God

Dit is ’n aangrypende eenvoudige Psalm, die noodkreet uit die hart van iemand wat swaarkry en God om hulp smeek.  Uit vers 4 wil dit lyk asof hy ook ’n gebrek aan lewenskrag ervaar benewens die vyand (Saul?) wat sy lewe soek (vers 3,5).  Sommige dink die vyand (enkelvoud) is die bedreiging van die dood.

Let op hoe hy die erns van sy noodkreet beklemtoon deur vier keer te herhaal: “Hoe lank nog, Here?”  Hy wonder hoe lank hy sy kommer (letterlik: “hartseer in my hart”!) op sy eie moet dra en sy eie planne moet maak (“wrestle with my thoughts” – NIV).   En sy behoefte is dat die Here nie weg sal kyk nie, maar na hom sal kyk en luister.  Vers 4 se begin kan beter vertaal word as: “Kyk tog en luister na my, Here, my God”.

Continue reading

Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here

Die Psalmis worstel met die gebrek aan betroubaarheid in die gemeenskap wat van die wêreld ’n onveilige plek maak.  En dit is die armes wat die meeste daaronder ly.  Daarom maak hy staat op die Here se beskerming en hulp midde in die goddeloosheid en onreg wat hoogty vier.

Let op hoe die Psalm menslike vleitaal (12:2-5) met Goddelike betroubare woorde (12:6-9) kontrasteer.

Continue reading

Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis

Psalm 11 is eintlik streng gesproke nie ’n gebed nie, maar ’n geloofsbelydenis, waarin die Psalmis sy vertroue op God bevestig.  En hy doen hierdie belydenis as ’n reaksie op die bedreiging van sy vyande wat nie net sy geloof in God bevraagteken nie, maar strukture (van die samelewing/geloofsgemeenskap) afbreek en Dawid se dood (of val) beplan.  Craigie gee hierdie Psalm daarom die titel Confidence in Crisis.

Dawid het waarskynlik by die tempel kom skuil vir sy vyande – waar hy op beskerming sou kon aanspraak maak – hoewel die vyande nou ook sulke strukture in gevaar stel.  Daar is dus die gevaar dat die vyande hom in die tempel sal kom kry, maar boonop ook die versoeking vir hom om te vlug na die berge, soos hy deur die goddeloses aangeraai word.  Die versoeking is: om nie vas te staan in die Here nie, maar te vlug na waar dit menslik gesproke veiliger sou wees. Wanneer ‘n mens immers vasstaan, gee jy jou teenstanders ook meer van ‘n teiken om aan te val.  Dit neem dus ‘n besondere moedige optrede van Dawid om nie terug te deins en te vlug nie.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…