Hierdie 2 Psalms teken die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed. Dit word saamgebind deur die appèl aan die einde aan die hoorders-lesers omsterk te wees, moed te hou en te bly vertrou (vgl dieselfde opdrag aan Josua met sy inname van die beloofde land – Deut 31:23; Jos 1:6,7,9).
Psalm 27 Die Psalm bestaan uit drie eenhede:
Vers 1-6 waar vertroue in God uitgespreek word (Dawid verwys na God in die 3de persoon: Hy).
Vers 7-13 waar God om genade gesmeek word (Dawid spreek God direk aan in die 2de persoon: U).
Vers 14 waar ‘n appèl tot die hoorders-lesers gerig word tot sterkwees en moedhou.
Psalm 26 en 32 belig twee kante van ’n lewe van integriteit en vertroue. Psalm 26 maak baie van die strewe om in alles op God se genade staat te maak om te leef soos Hy wil. Dit sluit in dat jy jou daaraan verbind En staatmaak op God se geskenk/genade. Psalm 32 skets weer die seën van sonde belydenis wat die vryheid en vrymoedigheid van vergifnis as veranderende krag in ’n mens se lewe aan die werk sit.
Psalm 26 – Lewe met integriteit en vertroue
Die Psalm kom ooreen met Psalms 15 en 24 en was moontlik ook ‘n tempel-toetrede Psalm wat deur pelgrims gebruik is.
Dawid maak hier sy lewe oop voor God en lê sy integriteit (onskuld) in optrede en vertroue op God aan Sy ondersoekende oog bloot. Daarmee herinner hy ons daaraan dat sowel ons lewe in die wêreld as ons lewe met God volgens dieselfde waardes geleef moet word. Dit is waarom hy sê dat Hy hom deur God se liefde laat lei het. Hy het God se karakter as rigtingwyser gebruik in sy lewenstyl, terwyl hy ook op God vertrou het om dit te kan regkry (Fil 2:12 in OT gewaad!).
Vandag lees ons twee Psalms wat albei met vertroue te make het. Psalm 25 is ’n gebed van vertroue. Psalm 33 is ’n loflied van vertroue.
Psalm 25 – God neem dié wat Hom vertrou in vertroue
Psalm 25 is ’n akrostiese Psalm. Elke vers begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet (behalwe vers 18 en 22). Dit help met die onthou van die Psalm (ten minste vir die Jode!). En dit help ook om simbolies gesproke die “alfabet van geestelike groei” aan te leer (Elwell).
Psalm 25-33 fokus op gebed, lof en geloofsvertroue in die Skepperkoning. ’n Mens kan ook hier ’n chiastiese patroon raaksien.
Psalm 25 en 33 besing God se genade in Sy verbond en die genade van Sy heerskappy.
Psalm 26 en 32 besing die geluk van een wat blaamloos lewe, sowel as een wat vergifnis ontvang het.
Psalm 27 en 31 bid om verlossing van valse beskuldigings en eindig telkens met die oproep tot vertroue in God en sterkwees en moedhou.
Psalm 28 en 30 hou verband deurdat die eerste die gebed is van een wat gevaar loop om onder te gaan (in die kuil/put – vers 1), en aan die ander kant die gebed van een wat verlos is van ondergang (uit die kuil/put – vers 4)!
Die sentrale Psalm, Psalm 29, besing dan die Skepperkoning se stem soos dit in die natuur met ’n donderstorm gehoor kan word en krag gee aan sy volk en hulle seën met oorvloed (vgl Psalm 19).
Psalm 19 is een van die skeppingspsalms (soos ook 29, 33, 65, 74, 104, 136, 147 en 148). Dit roep die verloop van die skeppingsverhaal van Genesis 1-3 in herinnering. Die Psalmis het gehoop dat dié Psalm mense in vervoering sou laat oor God, sodat hulle later as hulle van die tempel af huis toe gaan, met ‘n groter bewussyn van die heerlikheid van God sou lewe, sodat elke keer wat hulle weer kyk na die hemel en na die son en die normale gang van die dag en die nag ervaar, hulle van God bewus sou bly.
PSALM VAN DIE WOORD
Maar dié Psalm gaan nie net oor die heerlikheid van die skepping nie. Dit beweeg van ‘n loflied oor die skepping na ‘n loflied oor die wet van God wat vir die mens doen wat die son doen vir die skepping. Dit bring lig en krag en die teenwoordigheid van God self tot in die dieptes van die menslike hart (NT Wright). En hierdie wet is natuurlik die spilpunt van die verbond wat Israel aan God verbind het, die hart van Sy Woord aan hulle. Met die wet as hulle wegwyser, was Israel die uitverkore volk van die SkepperGod.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar