Psalm 9 en 10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm omdat elke versreël van die gekombineerde twee Psalms min of meer met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Psalm 10 het ook nie ’n opskrif nie, wat ongewoon in die eerste Psalmboek is. ’n Mens noem só ’n Psalm akrosties, soos dit bv in Psalm 119 die geval is. Elke Psalm dek ongeveer 10 letters van die Hebreeuse alfabet, waarvan elke eenheid vier versreëls het, hoewel daar uitsonderings is.
Die opskrif is moeilik vertaalbaar, maar dit is waarskynlik ‘n verwysing na ‘n wysie of musiekstyl. Die Hebreeuse frase “met die dood van die seun” (dws volgens ‘n bekende wysie van daardie tyd – waarskynlik word Absalom bedoel) kan ook verstaan word as “met jong vroue-stemme ” (soprane) soos dit die geval is in Psalm 46:1 en 1Kron 15:20 (NAV vertaal daar met “hoë toon”).
Psalm 9-13 is ’n tweede siklus van vier ofvyfklaagliedere (Psalm 9-10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm) waarin verlossing vir alle mense wat nood het, gevra word:
behoeftiges (of armes – in Engels: afflicted – dws mense wat hulleself nie kan help nie) – die Hebreeuse woord is ‘ânâw en kan ook nederiges of pretensieloses beteken en word gebruik in Ps 9:13,19; 10:9,12,17; 12:6; 14:6[in Ps 9:13 word dieselfde woord met onskuldiges vertaal; In Ps 10:9,12,17; 14:6 word dieselfde woord met hulpeloses vertaal; ditto die vertaling swakkes in Ps 12:6)
ongelukkiges – Ps 10:14;
weeskinders – Ps 10:14,18;
mense in nood (of verdruktes)– Ps 10:18;
Dit doen die Psalmis: “sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie” (Ps 9:9; 10:18), want “vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood” (Ps 9:10).
Kus, die Benjaminiet, is nie vir ons bekend nie, hoewel Dawid natuurlik baie teenstand van die Benjaminiete gehad het. Koning Saul was bv uit die stam van Benjamin en het Dawid konstant vervolg, wat ooreenkom met die algemene strekking van die Psalm. Saul se pa was natuurlik Kis, wat ’n woordspel kan verteenwoordig op Saul se familie, sonder om sy naam te noem. Terloops, die naam Kus is ook gegee aan wat ons vandag as die Soedan ken.
Dawid bid hier om uitkoms van onregverdige vervolging. Hy wil hê dat geregtigheid sal seëvier. En hy pleit op grond van beide God se karakter – regverdig – sowel as sy eie onskuld, dat God ’n einde sal maak aan die bose dade van die goddelose mense (7:10). Hy maak staat op God wat regdeur die mense se motiveringe sien, en die opregtes sal help (7:11) en in die publiek sal bevestig (7:8-9).
Hierdie Psalm is uiters geskik as ’n gebed in siekte. Die woord wat in die opskrif met basstem vertaal word beteken letterlik agtste. Dit kan ook met oktaaf vertaal word (1 Kron 15:21) met die implikasie dat die Psalm in ‘n laer (dieper) stem gesing moet word. Dit dui dus aan vir watter atmosfeer die Psalm bedoel is, vir ’n donkerder tyd, ’n tyd van siekte, in ’n mens se lewe.
Dawid sê nie hier aan watter siekte hy gely het nie, hoewel dit iets is wat sy liggaam (letterlik sy bene of beendere/skelet) uitgeteer het en hom (letterlik sy siel) gedaan gemaak het – dws fisies en psigies. Dit maak dit eintlik moontlik om die Psalm te gebruik vir enige behoefte aan genesing.
Twee groepe mense word beskryf in dié Psalm: dié wat op God vertrou (regverdiges) en dié wat goddeloos is.
Let op dat die goddeloses hier met ’n verskeidenheid terme in vers 6-7 beskryf word: hooghartiges, onreg-doeners, leuenaars, moordenaars en bedrieërs. Dawid ervaar hulle nog verder in vers 10 as mense wat onwaarhede verkondig, en in die proses sy ondergang beplan deur hom te vlei, maar in werklikheid sy dood te beplan. Dit is nie net wat hulle doen nie, maar ook wat hulle sê (sins of speech – soos Craigie dit noem). In wese, sê Dawid, is dié manier van lewe ’n opstand teen God (vers 11), soos inderdaad alle sondes in hulle wese is.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar