Skip to main content

Tag: Openbaring

Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls

Hoofstuk ses handel oor die Lam van God wat ses van die seëls van die boekrol oopbreek.  Die ses seëls laat telkens ’n ander aspek van God se oordeel ontvou. Dit is ’n proses wat tussen Christus se verlossende opstanding, Hemelvaart en Troonbestyging aan die eenkant en die Wederkoms wat later in die boek aan die orde kom, plaasvind.  Die oordeel is dus iets wat nou reeds gebeur, soos dit ook waar is van God se verlossing.

Continue reading

Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer

Die hemelse erediens wentel nie net om die aanbidding van God op sy troon nie, hoe heerlik dié werklikheid daarvan ook al geteken word.  Vanuit die erediens in die hemel neem God beheer van alles wat is en was en wat kom.  Hy bepaal die agenda en die verloop van die ontplooiing van die gebeure in die heelal.  Die hemelse erediens het dus ’n beslissende invloed op die aarde.

Continue reading

Openbaring 4 – God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid

Ons kom by die volgende hoofdeel van Openbaring – hfst. 4-11.  Die sentrale tema handel oor God wat deur Christus besig is om in die heelal verlossing en oordeel te laat ontplooi, veral aan die hand van die beskrywing van die sewe seëls van die boekrol wat deur die Lam oopgemaak word, wat op hulle beurt die sewe trompette wat God se heerskappy aankondig, inlei.

Continue reading

Opsomming van Jesus se boodskap aan sy kerk

Jesus Christus se nalatenskap aan sy kerk is dat Hy in sy kerk teenwoordig is en bly.  Dit sien ’n mens in die wyse waarop Hy die sewe gemeentes wat in Openbaring 1-3 genoem word, en hulle leiers, begelei.  Hy maak daarom nie net bekend wat hierna gaan gebeur nie (Openb. 1), maar roep die kerk op om getrou te bly tot by sy Wederkoms (Openb. 2) en te alle tye te fokus op gemeenskap met Hom (Openb. 3).

In sy boodskap aan die sewe gemeentes gee Hy vir die kerk van alle eeue sewe fokuspunte wat in verskillende situasies hulle gemeenskap met Hom kan verdiep en beskerm:

  • “Herontdek julle eerste liefde” – die boodskap aan Efese as die entoesiasme en Gees-drif taan – 2:1-7
  • “Bly getrou tot die dood toe” – die boodskap aan Smirna in tye van verdrukking – 2:8-11
  • “Getroue bekeerlinge ontvang geestelike voedsel” – die boodskap aan Pergamum in tye van leerdwaling – 2:12-17
  • “Hou vas aan die Seun van God tot met sy wederkoms” – die boodskap aan Tiatira in tye van lewenstyl kompromieë – 2:18-29
  • “Skrik wakker en versterk dié wat oorbly” – die boodskap aan Sardis in tye van geestelike doodsheid – vers 1-6
  • “Hou vas wat julle het, totdat Ek kom” – die boodskap aan Filadelfia in tye van beproewing – vers 7-13
  • “Wees dan ywerig en bekeer jou” – die boodskap aan Laodisea in tye van geestelike armoede – vers 14-22

Openbaring 3 – Fokus op gemeenskap met Jesus

Hierdie hoofstuk bevat die laaste drie briewe wat Jesus aan die gemeentes dikteer.

Die boodskap aan Sardis – “Skrik wakker en versterk dié wat oorbly” – vers 1-6

Weereens hou die prentjie van Jesus verband met die prentjie van die gemeente.  Jesus word geteken as die Een wat nie net die Gees van die Here in sy volheid besit nie – voorgestel deur die sewe Geeste van God – maar ook die sewe sterre in sy hand hou – die sewe voorgangers van die gemeentes.  In Hom het hulle alles wat nodig is om oorwinnend te lewe.

Continue reading

Onlangse kommentaar