Skip to main content

Tag: Openbaring

Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis

Hoofstuk 10 het gefokus het op die verkondigingstaak van die kerk, gesimboliseer deur die boekrolletjie wat Johannes van die sterk engel in ontvangs neem, internaliseer en verkondig.

Hoofstuk 11 fokus nou op die bevestiging en beskerming van gelowiges as God se eiendom (die tel van die aanbidders in die tempel) en die inhoud van die getuienis van die kerk, gesimboliseer deur die twee getuies (priesterlike en koninklike getuienis, of die getuienis van die wet en die profete) wat martelaarskap na binne sowel as bekering na buite tot gevolg het.

Dit word opgevolg deur die blaas van die sewende trompet wat die heerskappy van “ons Here en sy Christus” laat aanbreek om die finale oordeel oor die dooies te vel en gelowiges te beloon.

Continue reading

Openbaring 10 – Die kerk het die taak om die verlossing en die oordeel van God te verkondig

Soos daar midde-in die ontplooiing van die oordele van die sewe seëls – tussen die sesde en sewende seël – gefokus is op die verseëling en bewaring van die 144 000 diensknegte van God, sowel as die visie op die versorging in die hemel van dié wat oorwin het,  só word daar op soortgelyke wyse tussen die sesde en sewende trompet gefokus op die rol en funksie van die kerk, soos gesimboliseer deur Johannes (Openb. 10) en die twee getuies (Openb. 11).

Dit is ’n uiters noodsaaklike visie wat die oordeel van God in konteks plaas.  Terwyl die vlakke van onderlinge boosheid toeneem in die wêreld, beide in terme van die selfvernietigingsdrang van mense en die oordele van God, bring die diensknegte van God die verlossende boodskap dat daar in Jesus Christus ’n nuwe toekoms aangebreek het.

Continue reading

Openbaring 9 – God se oordeel bring nie die mense tot bekering nie

Die oordele van die vyfde en sesde trompet tref veral die mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie.  Die vyfde trompet kom ooreen met die vyfde seël deurdat die gelowiges in bewaring bly midde in die verdrukking.  Die sesde trompet kom ooreen met die sesde seël in terme van die vier engele wat vroeër vasgehou is en nou losgelaat word.

Continue reading

Openbaring 8 – God hoor die gebede van die heiliges en verskerp sy verlossende oordeel

Die sewende seël word oopgemaak en dit openbaar sewe trompette wat deur die sewe engele wat voor God se troon gereed staan, geblaas word.  Die sewe engele is waarskynlik die sewe aartsengele wie se name ons ken uit die eerste boek van Henog 20:2-8: Uriël, Rafael, Raguel, Migael, Sarakel, Gabriël en Remiël.  Uit die Bybel is ons bekend met Migael (bv. in die boek van Daniël) en Gabriël (bv. met die verskyning aan Sagaria en Maria in die evangelie van Lukas).  Die Bybelse skrywers was bekend met hierdie oud-Joodse apokriewe boek en Judas 1:14-15 haal daaruit aan.

Continue reading

Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap

Tussen die sesde en sewende seël van die boekrol verskuif die fokus na twee groepe mense, 1) 144 000 van die diensknegte van God op aarde wat met ’n merk op hulle voorkoppe geseël word – vers 1-8 – en 2) ’n ontelbare groot skare uit elke nasie, stam, volk en taal uit die groot verdrukking wat God aanbid in die hemel en deur die Lam versorg word – vers 9-17.

Die doel van dié toneel tussen die oordele van die twee seëls is om gelowiges te bemoedig dat die oordeelsvoltrekking nie op hulle gemik is nie, dat hulle op aarde as God se eiendom gemerk is en dat hulle uiteindelike verlossing vas en seker is. Die eerste groep word beskerm tydens die oordeel op aarde.  Die tweede groep word versorg in die hemel ná die groot verdrukking.

Continue reading

Onlangse kommentaar