Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome
Hoofstuk 15 het die tafel gedek vir die verwerkliking van die sewe bakke van God se toorn wat nou deur die sewe engele vanuit God se teenwoordigheid in die hemelse tempel en volgens sy wil (tent van die getuienis) uitgegooi word op die aarde.
Waar die seëls ’n kwart van die aarde vernietig het en die trompette ’n derde, tref die bakke eintlik die hele kosmos – aarde, see, riviere, son (hitte en duisternis), eilande en berge sowel as die aardbewoners. Weereens het die oordele van die bakke ooreenkomste met die plae in Egipte.
Onlangse kommentaar