Die Here Jesus dikteer vervolgens aan Johannes sy onderskeie boodskappe aan die sewe gemeentes. Telkens lui die opskrif van die (brief)boodskappe: “Skrywe (ook) aan die boodskapper van die gemeente in …” Die term boodskapper val op, want dieselfde woord as dié vir engel in 1:1 word gebruik. Hier is dit egter nie die engel van Jesus Christus nie, maar die engel of boodskapper van die gemeente, d.w.s. die leier, leraar of voorganger van die gemeente, soos dit in baie vertalings weergegee word.
Die eerste hoofstuk kan in vier dele opgedeel word:
’n Openbaring deur Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur – vers 1-3;
Johannes se boodskap aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië – vers 4-5a;
’n Lofprysing aan die Verlosser, dié Een wat weer kom, gebaseer op God se selfbekendmaking as die Alfa en die Omega, die Een wat is, wat was en wat kom – vers 5b-8;
Johannes se visioen van Jesus Christus wat hom inspan om aan die sewe gemeentes in Asië te skryf – vers 9-20.
Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld. Die agenda sluit die kerk in, dit omvat die heelal en dit word in die geskiedenis uitgewerk.
Die boek Openbaring is die belangrikste boodskap wat Jesus Christus aan sy kerk gegee het in ’n openbaring aan Johannes. Dit is aan die een kant die testament van sy nalatenskap aan ons, maar aan die ander kant ook sy agenda met die verlossingsplan vir die wêreld. Die agenda sluit die kerk in, dit omvat die heelal en dit word in die geskiedenis uitgewerk.
Openbaring handel nie net oor die apokaliptiese dinge van die eindtyd wat naby is nie, maar bemoedig en versterk gelowiges om vas te staan in geloof en getrou te bly aan die opdrag om as koninkryk van priesters vir God die Vader op te tree …
Ek sien uit om dié boodskap DV verder saam met julle te ontgin in die vierde kwartaal 2013!
Ons begin 17 Oktober om die boek Openbaring te lees, en volg dit op met die briewe van Johannes (ek wou Judas ook doen, maar wil dit liewer saam met die briewe van Petrus behandel, omdat dit met mekaar verband hou – DV 1ste kwartaal 2015). Die skedule is min of meer as volg:
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar