Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem
Die oorwinning oor die Satan en die oordeel oor die mensdom word opgevolg in hoofstuk 21 met:
- die koms van die nuwe hemel en nuwe aarde – vers 1,
- die vestiging van die Nuwe Jerusalem uit die hemel op die aarde as die woonplek van God. Só word alles nuut gemaak – vers 2-8 en
- die beskrywing van die heerlikheid van die Nuwe Jerusalem – die bruid, die vrou van die Lam – wat in wese eintlik ook die beskrywing van God se heerlikheid is – vers 9-27.
Hoofstuk 22 sal dié prentjie afrond met ’n beskrywing van die water van die lewe wat uit die troon van God en die Lam uit die stad vloei – vers 1-6. Die boek word daarna afgesluit met ’n versekering van die spoedige en besliste wederkoms belofte van die Here Jesus as aanmoediging vir die gelowiges om vas te hou aan die woorde van God.
Onlangse kommentaar