Skip to main content

Tag: Jesus se geboorte en kinderjare

JESUS SE GEBOORTE – LUKAS 1:1-4 – Die verhaal van Jesus Christus is betroubaar

1Aangesien baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons tot vervulling gekom het, 2net soos hulle wat van die begin af ooggetuies en bedienaars van die Woord geword het dit aan ons oorgelewer het, 3het dit ook vir my goed gelyk om alles van die begin af noukeurig te ondersoek en dit in volgorde vir u te skryf, geagte Teofilus, 4sodat u kan weet dat die dinge waaroor u onderrig is, betroubaar is.

Continue reading

Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leef

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarom is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Dit is dus noodsaaklik dat jy die Bybelteks self lees. God praat met ons daardeur. Die volledige Bybelteks is vir die doel ingesluit sodat jy primêr daarop kan fokus en net sekondêr op my kommentaar.

My kommentaar op hierdie 22 perikope wat ons van môre af lees, is net ‘n leeshulp op aspekte van die teks en konteks wat jou sal help met jou begrip van die Bybelteks en die betekenis daarvan vir jou lewe. Ek gaan deurgaans bydraes lewer oor die teks en konteks met ‘n paar gedagtes oor die betekenis en boodskap daarvan. Dit is net om jou gedagtes te stimuleer.

Lees telkens eers biddend die Bybelteks, dink na oor wat jou daarin tref, voor jy my opmerkings oor die teks en die konteks lees. Sluit af deur goed na te dink oor die boodskap en betekenis daarvan vir jou lewe.

Continue reading

Inleiding – Die verhaal van die geboorte en kinderjare van Jesus

Die Nuwe Testament begin met die verhaal van die geboorte en kinderjare van Jesus Christus. Die historiese werklikheid daarvan word in die eerste eeu van ons jaartelling begrond deur veral die evangelies van Lukas en Matteus. Markus konsentreer eerder op die openbare bediening van Jesus en laat die verhale van Jesus se geboorte en kinderjare uit.

Lukas en Matteus bevestig met hierdie verhale die betroubaarheid van die verhaal van Jesus se menswording. Jesus na sy menslike gestalte is in Nasaret gebore uit die maagd Maria, uit die geslag van Juda, as vervulling van die belofte aan Abraham, die Messias van die wêreld.

Dit is egter nie al nie. Jesus se verhaal word in die vierde evangelie Johannes nog vroeër begrond. In God se tyd, die ewige werklikheid. Voordat alles gemaak is, voordat daar selfs iets soos tyd was. “In die begin …” (Joh 1:1). Daarmee skakel Johannes sy evangelie direk aan die eerste verse van die Bybel in Genesis 1: “In die begin …” (Gen 1:1). Jesus in sy goddelike gestalte was dus van altyd af daar.

Om die res van die boodskap van die evangelies te verstaan, trouens van die Nuwe Testament self, moet ‘n mens dus van meet af rekening hou met die verhale van Jesus se geboorte en sy kinderjare. Dit verskaf die fondament vir alles wat die Nuwe Testament verder oor Jesus openbaar. Hy is die Seun van die mens, sowel as die Seun van God.

Continue reading

Onlangse kommentaar