Skip to main content

Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leef

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarom is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Dit is dus noodsaaklik dat jy die Bybelteks self lees. God praat met ons daardeur. Die volledige Bybelteks is vir die doel ingesluit sodat jy primêr daarop kan fokus en net sekondêr op my kommentaar.

My kommentaar op hierdie 22 perikope wat ons van môre af lees, is net ‘n leeshulp op aspekte van die teks en konteks wat jou sal help met jou begrip van die Bybelteks en die betekenis daarvan vir jou lewe. Ek gaan deurgaans bydraes lewer oor die teks en konteks met ‘n paar gedagtes oor die betekenis en boodskap daarvan. Dit is net om jou gedagtes te stimuleer.

Lees telkens eers biddend die Bybelteks, dink na oor wat jou daarin tref, voor jy my opmerkings oor die teks en die konteks lees. Sluit af deur goed na te dink oor die boodskap en betekenis daarvan vir jou lewe.

Jy kan die volgende lees-metodiek gebruik vir elke perikoop. Gebruik ‘n joernaal en skryf jou indrukke en insigte neer:

Lees 1. TEKS: Wat word gesê of beskryf en wie is betrokke?
2. KONTEKS: Waar en wanneer het dit gebeur?
Luister 3. BEGRIP: Hoekom is dit geskryf?
4. BETEKENIS: Wat ontdek jy, veral van Jesus?
Leef 5. DINK: Watter boodskap het jou ontdekking vir jou (insigte, beloftes, opdragte)?
6. DOEN: Hoe kan jy daarop reageer?

Die proses sal gou só deel van jou manier van lees word, dat jy dit eintlik outomaties sal kan doen: lees, luister, leef.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesus se geboorte en kinderjare


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar