Skip to main content

JESUS SE GEBOORTE – LUKAS 1:1-4 – Die verhaal van Jesus Christus is betroubaar

1Aangesien baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons tot vervulling gekom het, 2net soos hulle wat van die begin af ooggetuies en bedienaars van die Woord geword het dit aan ons oorgelewer het, 3het dit ook vir my goed gelyk om alles van die begin af noukeurig te ondersoek en dit in volgorde vir u te skryf, geagte Teofilus, 4sodat u kan weet dat die dinge waaroor u onderrig is, betroubaar is.

Teks en konteks

1:1-2 Dit is belangrik om drie goed in vers 1-2 te hoor :

  • dat Lukas skryf oor die dinge wat onder hulle vervul is, dws dinge wat reeds vasstaan, wat deur enigiemand nagegaan kan word;
  • dat Lukas hiermee sekerheid kan bring rondom die verhaal van Jesus, omdat sy navorsing gebaseer is op ooggetuies (veral Markus, maar ook Matteus, soos ons uit ’n vergelyking van hulle evangelies kan agterkom) asook op
  • dié wat bedienaars van die Woord geword het.

Die evangelie van Lukas is dus op die verhale van ooggetuies en aktiewe “bedienaars van die Woord” (Verbi Dei Minister – VDM – ‘n titel wat ons vandag nog baie keer vir leraars gebruik) gebaseer.

1:3-4 Lukas se bydrae was dus om te sorg, so lui dit in vers 3-4, dat hy alles noukeurig, van die begin af, in volgorde ondersoek en verwoord. Dit moes daarby natuurlik ook in ooreenstemming wees met die dinge waaroor Teofilus reeds onderrig is, maar wat met Lukas se bydrae verder bevestig kan word. Daarmee sou Lukas verseker dat die verhaal van Jesus betroubaar geag, geglo en geleef kan word.

Betekenis en boodskap

Dink aan hoeveel waarde vandag nog aan ooggetuies geheg word om die waarheid van iets te bevestig. Lukas verseker ons dus dat die evangelie van Jesus Christus wat ook aan ons verkondig is, betroubaar is. Ons kan dit as waarheid neem en ons lewe daarop bou.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesus se geboorte en kinderjare


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlDankie! Waardeer.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlDankie Chris, jou uiteensetting is baie goed en help om die tye waarin ons leef beter te hanteer. Volharding en gebed.
  • Chris van Wyk on DaniëlEk is bly die pennie het vir jou gedrop. Dit is só 'n kosbare boek.
  • originalblizzard19aaa84c56 on DaniëlChris, dankie vir jou studie leiding. Ek het, of die Here se redding vir my het gekom in Mei 1973. Baie geleer uit die Heilige Skrif, maar Daniël vermy, behalwe die maklike begin dele. Vir die eerste keer maak Daniel 8 ev baie sin met jou studiegids. Baie, baie dankie. Dolf
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Dankie vir die verduideliking.
  • Chris van Wyk on Openbaring 21Nee, dit is ook nie wat die teks sê nie. Dit gaan oor mense wat towerspreuke en dwelms gebruik om met geeste kontak te maak en nie dit aflê en tot bekering kom nie.
  • Chris van Wyk on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefEk hoop jy geniet dit, Elsie.
  • Marinda Hattingh on Openbaring 21Sekerlik kan die afleiding tog nie gemaak word dat dwelmverslaafdes nie hemel toe gaan nie?!
  • Elsie on Gebruik die Bybellees metodiek: Lees, luister, leefDankie sien uit na die saamreis om te lees, te leer en te leef
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My voorreg.
  • Doreen Snyders on Openbaring 22Net om baie baie dankie te sê vir die wonderlike voorreg om elke dag se reis mee te maak . Dit is só insiggewend en besonders. Ek besef dit verg baie tyd en toewyding en waardeer dit opreg . Sien uit na die volgende aflewerings. Met dank. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22Ek is dankbaar.
  • Chris van Wyk on Openbaring 22My vreugde.
  • Albertus Van Schalkwyk on Openbaring 22Dankie Chris, ek het teen die einde van die Ou Testament eers ingeval, maar dit was (is) voorwaar sielsvereikend en het die Woord soos nooit tevore vir my oopgemaak. Bybel lees in die konteks van die tydlyn om die Drie-enige God waarlik te leer ken. Weer dankie!
  • runawayjoyous2427b27b07 on Openbaring 22Dankie Dr. Chris, vir die voorreg om saam met jou en ander gelowiges deur die Woord van God te stap. Ek het redelik laat (by Handelinge) van Bybelskool gehoor, en het begin om dit saans en soggens te lees. Ek leer so baie. Erna.