Deuteronomium 9 – Moenie hardnekkig of verwaand raak nie

Moses sit sy preek voort deur die volk te waarsku teen hardnekkigheid – deur nie te buig voor die Here en sy wil vir hulle lewe nie – óf verwaandheid – deur hoogmoedig te word en te dink dat hulle beter is as die volke wie se grondgebied hulle van die Here in ontvangs gaan neem – Deut. 9:1-6.
Moses illustreer dit met vyf voorbeelde uit hulle geskiedenis, veral met die verhaal van die goue kalf uit Eksodus 32. Hy verwys ook na die opstand oor water by Massa net voor die gebeure by Sinai (Eks. 17), die verwyte by Tabera (Num. 11:1-3) en die onweerstaanbare lus vir vleis by Kibrot-Taäwa (Num. 11:4-35) en die weiering van die eerste geslag om die Here te vertrou om die land in te trek by Kades-Barnea (Num. 13 en Num. 14) – Deut. 9:7-29.
Onlangse kommentaar