Skip to main content

Tag: Ester

Ester – Met die oog op ‘n tyd soos hierdie

Jews for Jesus.org

Ek onderbreek my hantering van my boek Wie is God? se temas weens die vakansie. Ek begin daarmee weer 8 Oktober.

Ek gaan egter in die gemeente die boek Ester oor die volgende twee weke deurwerk. Ek het die leeswerk in vyf dele opgedeel. Ek nooi jou uit om die pdf hieronder af te laai en te gebruik in jou stiltetyd of kleingroep.

Jy gaan telkens uitgenooi word om te merk dít wat jou laat glimlag, dít wat jou ontstel, dít wat jy van God se werk agter die skerms kan agterkom, en dít wat Hy jou leer in jou eie situasie.

Alles om hierdie ou verhaal in jou eie konteks te laat praat. In die kleingroep kan julle deel met mekaar wat julle tref (glimlag, ontstel, God se werk) en bespreek wat God julle daardeur leer.

Ek gaan twee keer daaroor preek in die gemeente Somerstrand. Die eerste preek sal waarskynlik oor wraak gaan – iets wat ek onlangs hier aangespreek het. Die tweede sal waarskynlik oor die voorsienigheid gaan. Die Here moet my nog lei in die spesifieke boodskappe.

Geniet!

Laai Ester.pdf hier af

Ester 9-10 – God red die Jode deur die leierskap van Mordegai en Ester

Die dertiende dag van Adar breek toe aan met die tafel gedek vir grootskaalse oorlog.  Omdat die Jode egter voorbereid was, kon hulle weerstand bied en het hulle hulle vyande oorweldig. Niemand kon voor hulle standhou nie.

Continue reading

Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig

Haman se vernedering duur selfs ná sy dood voort.  Sy eiendom word aan Ester gegee wat dit aan Mordegai toevertrou om te bestuur, nadat sy haar verwantskap met hom aan die koning verklaar het.  Die posisie wat Haman gehad het, word boonop aan sy vyand, Mordegai, gegee, verseël met die seëlring van die koning.

Continue reading

Ester 6-7 – Die koning se slaaploosheid is die draaipunt in die verhaal

Waar hoofstuk 1-5 die dreigende gevaar vir die Joodse volk beskryf het, begin hoofstuk 6-9 nou die verstommende uitkoms beskryf wat orals in die wêreld redding vir hulle sal bring.  Interessant genoeg is dit die koning se slaaploosheid wat die draaipunt in die verhaal verteenwoordig.

Continue reading

Ester 2:19-5:14 – Mordegai en Ester tree met groot wysheid en oorleg op in die gevaar wat Haman vir die Joodse volk inhou

Met Ester goed gevestig in haar rol as koningin, skuif die fokus na die antagonis Haman wat nie net ’n geswore vyand van Mordegai word nie, maar ook van die hele Joodse volk wat – onwetend vir hom op dié stadium – natuurlik vir Ester insluit.

Continue reading

Onlangse kommentaar