Psalm 104 – Hoe groot is U, hoe groot is U!
’n Pragtige skeppings- en natuurlied

Die pragtige gedig van die Sweedse digter Carl Gustav Boberg: “O Sture Gud” (1885) het wêreldwye aanklank gevind en word regoor die wêreld gesing op die bekende Sweedse volkswysie. Dit is vertaal en uitgebrei deur die Britse sendeling Stuart K Hine as: “How great Thou art”. In die Liedboek van die NG Kerk lui dit soos volg (Lied 464):
O Heer my God as ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…
Refrein:
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U, hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer U grote Naam!
Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, U kind.
Refrein
U maak ons deel van al U grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut U eiendom.
Refrein
Hoewel Psalm 8 waarskynlik die inspirasie vir Boberg se gedig was, onder andere na aanleiding van sy verrukking oor die natuurskoon van ’n geweldige storm wat opgevolg is deur ’n vredevolle kalmte, vind ’n mens dieselfde perspektiewe en selfs nog meer in Psalm 104. Dit is by uitstek ’n lofpsalm uit die natuur en die skepping vir God se versorging.
Onlangse kommentaar