Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Opmerkings (2)

  • Avatar

    Frans

    |

    Hallo Chris,

    Ek wil bietjie meer weet oor Psalm 15 se woorde wat gebruik word. In vers 3 se Dawid dat mens nie sy medemens mag belaster, of benadeel, of van hom kwaadpraat nie. In vers 4 se hy dat jy die wat aanhou sondig moet verag. So hoe nou? Wat beteken dit om iemand te verag?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Frans – Psalm 15 gee 10 riglyne vir iemand wat in die tempel die Here wil kom aanbid:
      1) onberispelike (blaamlose) lewenswandel, 2) regdoen, 3) waarheid praat, en die teendeel, 4) nie kwaadpraat nie, 5) niemand beledig nie, 6) dié verag, NB, wat deur God verwerp is, maar daarteenoor 7) Godsdienaars eer, 8) woordhou, 9) nie rente vra vir sy eie mense, veral van die behoeftiges, nie, 10) hom nie laat omkoop om onskuldiges te kort te doen nie.
      Dit is soort van die Tien Gebooie van tempelaanbidding, en al die riglyne het met die publieke geloofslewe te make, beide in die gemeenskap van gelowiges in die tempel, sowel as in die gemeenskap in die wêreld.
      As ‘n mens nommer 6 en 7 – waaroor jou vraag gaan – neem, beteken dit dat mense wat aktief besig is om God en die geloof in Hom te ondergrawe, se menings nie respekteer moet word nie. Dit is soos in Psalm 1 waar die Psalmis sê dat die “raad van die goddeloses” nie gevolg moet word nie.
      Die Hebreeuse woord wat met verag vertaal word, is bāzāh, wat as volg verklaar word:
      “despise, show contempt for, think lightly, i.e., pertaining to feeling of contempt for an object, because it is regarded to be bad, or of little value, often with behaviors toward the object (including speaking scorn and ridicule) which correspond to that contempt (Gen 25:34 – “Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene”); be despised (Ps 22:7 – “word deur die volk verag” wat natuurlik in die NT met Jesus se kruisdood verbind word); be despised, be contemptible (1 Sam 15:9 – al die vee “wat swak was”); cause to despise (Est 1:17 – Vasti wat vir koning Ahasveros geminag het). Dit is in elk geval hoe James Swanson dit verklaar in syDictionary of Biblical Languages With Semantic Domains.
      Dit is anders as die belediging van vers wat ook met skinder vertaal kan word, dit is om stories aan te dra oor iemand, wat nie waar is nie, of wat net tot die ander persoon se nadeel oorvertel word.

      Reply

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek verstaan hoe jy hieroor dink, maar my punt was nie om oor die doop teologie as sodanig ‘n uitspraak te maak nie, maar om die idee dat ‘n spesifieke manier van doopbediening naas geloof bepalend is vir jou saligheid, hok te slaan.

  • Avatar

    Marius Snyman

    |

    Chris as ek net die volgende mag noem ek dink nie n mens moet praat van n klein doop en n groot doop nie,dit is mens gemaak en nie bybels nie.
    As ons rerig volgens die skrif wil optree moet ons eerder praat van die bekeringsdoop wat eerder gepas is en ook in lyn met wat gebeur het met gelowiges wat tot bekering gekom het en dan hulle laat doop het met water as teken van hul besluit.Dit was nie n kwessie van klein of groot nie,dit het eerder daaroor gegaan ongeag die ouderdom as jy jou bekeer het tot Jesus Christus het jy die volgende stap geneem en jou laat doop as bewyse.
    Ek dink dit sal hierdie onkunde van klein of groot doop dan uit die weg ruim en al die struwelinge uitskakel
    Mooi dag.
    Marius

  • Avatar

    Johan Barnard

    |

    Hierdie aanhalings weerlê die aanhangers van sogenaamde Geestelik Leiers: “Om maar net te sê, God het so gesê, kan nooit op sy eie bene staan nie. Dit kan nooit op sy eie as ‘n maatstaf dien vir die ware evangelie nie. Daar is nog iets nodig.” “Om regtig te kan glo dat iets van God af kom, het jy meer nodig as jou eie ervaring.”

  • Avatar

    Johan Barnard

    |

    Onderstaande is vir my seker DIE BELANGRIKSTE in ons gereformeerde geloof. Jy het dit so goed verwoord. Baie dankie hiervoor. “As jy vertrou op die wet eerder as op God, bv. as jy die besnydenis of enige ander ding soos bv. vandag die groot of klein doop byvoeg as ‘n merkteken van die evangelie, asof jy nie alleen deur geloof gered word nie, en dit goedpraat, dan het jy met ‘n ander evangelie te make, soos hy in 3 sal argumenteer. Die beginsel van Sola fide (alleen deur geloof) kom dan in gedrang.”

  • Avatar

    Marie

    |

    Sjoe baie dankie vir hierdie Pinkster reeks Chris! Dit is heerlik om die Bybel so deur jou te leer ken-ek kry elke keer iets nuuts hieruit en dit maak elke bydrae so interressant!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Met plesier Louis! Langs mekaar gesit in die Kweekskool van 1981 tot 1984. Voorreg!

  • Avatar

    Louis Venter

    |

    Bankmaat! Dankie vir dit en andere.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    ‘n Gedagte wat vir my verheldering gebring het oor die profesië is dat die profete getrou aan die Gees was en geprofeteer het aangaande sake wat hulleself nie volledig insig in gehad het nie. Sien bv 1 Petr 1:10-12.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ja, Fanie, dieselfde hier. So pas klaar met Levitikus 22 wat ek Donderdag plaas. Dié hoofstuk het ‘n impak op twee terreine in die NT. In die eerste plek vorm dit die agtergrond vir beide ‘n verstaan van die bediening van geestelike leiers in die NT geloofsgemeenskap sowel as vir die wyse waarop die kerk in hulle lewensonderhoud voorsien het. Dit is ‘n ou en gevestigde tradisie in beide die OT as die NT, iets wat deur die eeue in die kerk in stand gehou is.

    In die tweede plek gee hierdie voorskrifte uit Levitikus ‘n mens die nodige agtergrond om die klem op gelowiges se gedagtes en gedrag wat vir God aanneemlik moet wees, te verstaan. Paulus dring by gelowiges in die nuwe bedeling daarop aan dat hulle seker moet maak dat hulle hele lewe vir God aanvaarbaar is. Dit sluit hulle liggame in as: “lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. Paulus praat ook oor sy bediening onder die heidene as ‘n manier om uit hulle ‘n offer vir die Here voor te berei wat vir Hom aanneemlik sal wees (Rom. 15:16). Selfs die wyse waarop die mense van Filippi by sy lewensonderhoud betrokke geraak het, word in terme geskets wat met Levitikus 22 ooreenstem (Fil. 4:18). Dit is die tipe sinergie wat tussen geestelike leiers en hulle geloofsgemeenskappe bewerk moet word. Trouens, gelowiges word opgeroep om hulleself die hele tyd af te vra of iets vir die Here aanneemlik is (Ef. 5:10) wat met dieselfde gedagtegang werk as dié in Levitikus. Ook hulle lewenswandel moet vir God aanneemlik wees, soos die Hebreërskrywer beveel: “Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.” (Hebr. 13:16). Geniet!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Chris, ek besef opnuut die innige verband tussen die Ou en Nuwe testamente, voorwaar opnuut en weer ‘n besieling.

  • Avatar

    Bennie Mare

    |

    Baie dankie.

  • Avatar

    Johann McF

    |

    Ek het die lees hiervan baie geniet Chris! Die
    deeglikheid is eie aan jou! Baie dankie!

  • Avatar

    Fanie van Emmenes

    |

    Dankie Doom Chris.

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Dankie Chris andermaal vir hierdie artikel. Jy gee leiding en agtergrond oor wetgewing wat vir ons vreemd is vandag en kan lei tot misverstand, asof daar ‘n sondigheid aan die seksuele is.

%d bloggers like this: