Psalm 99 – Kom buig in aanbidding voor Hom: Heilig is Hy!
Psalm 99 is een van die prima aanbidding Psalms. Twee keer loop die beskrywing van God se wese en werk uit op ’n gelykluidende oproep om God te aanbid:
- “Prys die Here ons God. Kom buig in aanbidding voor Hom: Hy is heilig!” (vers 5). Die 2014 vertaling vertaal “voor Hom” heel korrek as: “voor die voetbank vir sy voete,” wat dui op die verbondsark as simbool van die Here.
- “Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig.” (vers 9). Die 2014 vertaling vertaal “voor Hom op sy heilige berg” meer direk as: “voor sy heilige berg” wat dui op die tempelberg, Sion, as simbool van die Here.
Dit is dan ook die indeling van die Psalm: vers 1–5 en vers 6–9.
Inderdaad: “U is heilig.” Neem ’n paar oomblikke om jou in te leef in aanbidding voor dié God.

Onlangse kommentaar