Psalm 94 – U wat onreg straf, verskyn tog!
Hierdie Psalm is bedoel as ‘n versekering en bemoediging vir die geloofsgemeenskap wat smag na reg en geregtigheid op aarde. Die lerende inhoud en vloei daarvan in vier duidelike dele dui waarskynlik op ’n liturgiese preek–Psalm. Die Psalm kan as volg opgedeel word:
- Belydenis oor God se Regterskap as appèl dat Hy moet optree – vers 1–7;
- Appèl op die onverstandiges en dwase – vers 8–11;
- Bemoediging van dié wat op God se woord bly vertrou – vers 12–15;
- Gebed dat God teen korrupte regters sal optree– vers 16–23.
Onlangse kommentaar