Skip to main content

WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe

Psalm 15-24 fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word.  Met dié Psalms word ons uitgenooi om God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in ons hele bestaan het te leef.

Uiteraard kan elkeen van die Psalms op hulle eie gelees word, soos dit aanvanklik ook geskryf is.  Daar is egter ook ’n besondere chiastiese (konsentriese) patroon merkbaar in die wyse waarop die Psalms in die Psalmboek gerangskik is.  Dit help ‘n mens om Psalm 19 as die sentrum of spilpunt van hierdie reeks Psalms te sien, en die absolute sentrale rol wat dit speel raak te sien, om teologies oor die Godsopenbaring na te dink.

Continue reading

Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom

Psalm 15

Watter vreugde is die Psalm nie, kort, kragtig, helder!

Die belangrike punt wat die Psalm maak is dat jou lewe met ander mense volledig verweef is met  jou lewe met God.  Hoe jy leef, prakties, elke dag, berei jou voor om in God se teenwoordigheid te leef, en andersom. Jou alledaagse lewe beïnvloed jou geestelike lewe, en jou geestelike lewe beïnvloed jou alledaagse lewe.

Continue reading

Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie

Psalm 16 is al op baie maniere in koorstukke verwerk, omdat dit só ’n pragtige prentjie skilder van die rus wat daar in die teenwoordigheid van God is.  Alles vloei uit die verwagting in die eerste vers: “Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.”

Let op hoe die Psalm gemaklik wissel tussen getuienis en gebed, tussen iets sê oor sy verhouding met God, en om God direk aan te spreek.  Sy praat oor God lei tot ’n praat met God en andersom.

Continue reading

Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe

Psalm 23 sluit by hierdie verwagting van beskerming aan en werk met die metafoor van God as herder wat hom beskerm en begelei in die lewe, selfs in die diepste donkertes.

Hierdie Psalm, seker die bekendste van alle Psalms, is die gebed vir alle seisoene van die lewe.Dit is die geloofsbelydenis van iemand vir wie die Here van sy jeug af alles was.  En wat ervaar het dat God in alle seisoene van die lewe Homself as herder bewys het.

Continue reading

Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie

Hierdie twee Psalms gaan oor die feit dat God die gebed van die hulpeloses nie verontagsaam nie.  Psalm 17 bid om verlossing op grond van God se regverdige karakter.  En Psalm 22 bid nie net om verlossing nie, maar loof God vir die verlossing wat Hy gebring het.

Psalm 17 – ’n Nag-gebed vir beskerming van ’n onskuldige

Dit is ’n Psalm vir beskerming wat ‘n onskuldige bid wat onder groot druk verkeer.  Dit lyk asof dit ook ‘n nag-gebed is, want hy bid dit waarskynlik gedurende ‘n lang nag se worsteling met sy omstandighede (vers 3,15).

Continue reading

Onlangse kommentaar