Skip to main content

Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe

Hierdie Psalm is weer ’n akrostiese Psalm, soos Psalm 34 (kyk in die Ou Afrikaanse vertaling vir die Hebreeuse alfabet letters aan die begin van elke vers).  Dit beteken dat elke opeenvolgende vers met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ook interessant dat vers 27-40 eintlik ’n uitbreiding van die gedagtes in vers 1-26 is, eintlik ’n herhaling, om die wysheid van die Psalm inhoud te beklemtoon.

Twee maniere van leef word in hierdie wysheidsPsalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen – soos ons reeds in Psalm 1 gesien het.  Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe.  Dwaasheid is om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe.

Continue reading

Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging

Die Psalm kan miskien die beste verstaan word teen die agtergrond van een of ander internasionale konflik wat Dawid met sy buurstate gehad het, waarskynlik een van Dawid se bondgenote, wat teen hom gedraai het. Die regstaal veronderstel een of ander vorm van verdrag wat verbreek is. Die situasie het oënskynlik so versleg dat oorlog onvermydelik geraak het, en die hele geloofsgemeenskap ingetrek word in voorbereiding vir die oorlog (soos dit ook die geval was met Psalm 20 en 21).
  • Vers 1-10 skets die gebedsvoorbereiding vir oorlog, waarin op die hulp van die Here staat gemaak word. Dawid skets die onredelikheid van sy vyande en vervolgers en vra dat die Here self sal optree om hulle te keer.  “Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!” (vers 3).  Hy eindig met ’n geloofsbelydenis oor God wat sal optree.

Continue reading

Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken

Dwaasheid

Die Psalm begin met ’n waarneming wat van die diepsinnigste is wat ek al in die Psalms teëgekom het: “In die hart van die goddelose het die opstand teen God die laaste woord.”  En dit is nie net omdat die vers so ‘n raak beskrywing van die goddelose gee nie, maar omdat die omgekeerde daarvan net so waar is: “In die hart van die gelowige het die oorgawe aan God die laaste woord.”

Dit is wat dwaasheid is – opstand teen God.  Dit is wat wysheid is – oorgawe aan God.  ‘n Mens kan allerlei argumente oor God se bestaan en sy betrokkenheid in hierdie lewe aanvoer, daarteen en daarvoor.  Maar uiteindelik kom dit neer op wat die laaste woord in jou lewe speel – die opstand teen God en die idees oor en van Hom; en die oorgawe en geloof in die bestaan en ingrype van God.  Dit beskryf ‘n lewe in ongeloof, en ‘n lewe in geloof.  (Onthou Psalm 14!)

Continue reading

Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie

Ek het met die eerste lees van Psalm 37 vier hoofsake uitgelig:

1. VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom (vers 13)!

2. VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5).  Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).

Continue reading

WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap

Psalm 38-41 sluit die eerste Psalmboek af met vier klaagliedere wat in sondebelydenis uitmond.  Telkens word die teenspoed wat die Psalmis ervaar (siekte in Psalm 38, 39, 41 en vyandskap in Psalm 40) met sonde in verband gebring, wat in die lig van die publieke bespotting van goddeloses en dwases tot ’n diep sondebelydenis ly, met die enigste hoop en vertroue die genade en uitkoms van die Here.  Psalm 51, die volgende Dawidiese Psalm sluit natuurlik perfek hierby aan, wat waarskynlik die volgende Psalm na Psalm 41 in die Dawidiese versameling was.

Onlangse kommentaar