Skip to main content

Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra

Sommige geleerdes dink dat die omstandighede van hierdie twee Psalms dieselfde is – die tragiese verhaal van Dawid se vlug voor sy geliefde seun Absalom.  Dawid sou dan Psalm 4 die aand na sy vlug uit Jerusalem kon gebid het (vgl 4:9 – “nou sal ek onbesorgd gaan lê”) en Psalm 3 die volgende oggend (vgl 3:6 – “ek word ook weer wakker”).

Sommige dink dat ’n mens in Psalm 4 eerder moet dink aan die ervaring van swak – of misoeste, moontlik weens droogte, na aanleiding van vers 8 wat ’n skerp kontras trek tussen die Psalmis/Dawid en die mense wat koring en wyn in oorvloed het.

Continue reading

Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil

Twee groepe mense word beskryf in dié Psalm: dié wat op God vertrou (regverdiges) en dié wat goddeloos is.

Let op dat die goddeloses hier met ’n verskeidenheid terme in vers 6-7 beskryf word: hooghartiges, onreg-doeners, leuenaars, moordenaars en bedrieërs.  Dawid ervaar hulle nog verder in vers 10 as mense wat onwaarhede verkondig, en in die proses sy ondergang beplan deur hom te vlei, maar in werklikheid sy dood te beplan.  Dit is nie net wat hulle doen nie, maar ook wat hulle sê (sins of speech – soos Craigie dit noem).  In wese, sê Dawid, is dié manier van lewe ’n opstand teen God (vers 11), soos inderdaad alle sondes in hulle wese is.

Continue reading

Psalm 6 – Genesing is genade

Hierdie Psalm is uiters geskik as ’n gebed in siekte.  Die woord wat in die opskrif met basstem vertaal word beteken letterlik agtste. Dit kan ook met oktaaf vertaal word (1 Kron 15:21) met die implikasie dat die Psalm in ‘n laer (dieper) stem gesing moet word. Dit dui dus aan vir watter atmosfeer die Psalm bedoel is, vir ’n donkerder tyd, ’n tyd van siekte, in ’n mens se lewe.

Dawid sê nie hier aan watter siekte hy gely het nie, hoewel dit iets is wat sy liggaam (letterlik sy bene of beendere/skelet) uitgeteer het en hom (letterlik sy siel) gedaan gemaak het – dws fisies en psigies.  Dit maak dit eintlik moontlik om die Psalm te gebruik vir enige behoefte aan genesing.

Continue reading

Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede

Psalm 7 – God help die opregtes

Kus, die Benjaminiet, is nie vir ons bekend nie, hoewel Dawid natuurlik baie teenstand van die Benjaminiete gehad het.  Koning Saul was bv uit die stam van Benjamin en het Dawid konstant vervolg, wat ooreenkom met die algemene strekking van die Psalm.  Saul se pa was natuurlik Kis, wat ’n woordspel kan verteenwoordig op Saul se familie, sonder om sy naam te noem.  Terloops, die naam Kus is ook gegee aan wat ons vandag as die Soedan ken.

Dawid bid hier om uitkoms van onregverdige vervolging.  Hy wil hê dat geregtigheid sal seëvier.  En hy pleit op grond van beide God se karakter – regverdig – sowel as sy eie onskuld, dat God ’n einde sal maak aan die bose dade van die goddelose mense (7:10).  Hy maak staat op God wat regdeur die mense se motiveringe sien, en die opregtes sal help (7:11) en in die publiek sal bevestig (7:8-9).

Continue reading

WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede

Psalm 9-13 is ’n tweede siklus van vier of vyf klaagliedere (Psalm 9-10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm) waarin verlossing vir alle mense wat nood het, gevra word:
  • behoeftiges (of armes – in Engels: afflicted – dws mense wat hulleself nie kan help nie) – die Hebreeuse woord is ‘ânâw en kan ook nederiges of pretensieloses beteken en word gebruik in Ps 9:13,19; 10:9,12,17; 12:6; 14:6 [in Ps 9:13 word dieselfde woord met onskuldiges vertaal; In Ps 10:9,12,17; 14:6 word dieselfde woord met hulpeloses vertaal; ditto die vertaling swakkes in Ps 12:6)
  • ongelukkiges – Ps 10:14;
  • weeskinders – Ps 10:14,18;
  • mense in nood (of verdruktes)– Ps 10:18;

Dit doen die Psalmis: “sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie” (Ps 9:9; 10:18), want “vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood” (Ps 9:10).

Continue reading

Onlangse kommentaar