Skip to main content

Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed

Hierdie 2 Psalms teken die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed. Dit word saamgebind deur die appèl aan die einde aan die hoorders-lesers om sterk te wees, moed te hou en te bly vertrou (vgl dieselfde opdrag aan Josua met sy inname van die beloofde land – Deut 31:23; Jos 1:6,7,9).

Psalm 27
Die Psalm bestaan uit drie eenhede:

  • Vers 1-6 waar vertroue in God uitgespreek word (Dawid verwys na God in die 3de persoon: Hy).
  • Vers 7-13 waar God om genade gesmeek word (Dawid spreek God direk aan in die 2de persoon: U).
  • Vers 14 waar ‘n appèl tot die hoorders-lesers gerig word tot sterkwees en moedhou.

Continue reading

Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het

Psalm 28 en 30 word verbind aan mekaar weens die ooreenkoms van die beskrywing van die put in 28:1 (“sterwende” = letterlik “een wat neerdaal in die put”) en 30:4 (“op pad na die dood” = letterlik “neerdaal in die put”), die beskrywing van die vastigheid wat God bring (Rots – Psalm 28; Veilige  berg – Psalm 30) en die behoefte om God se stem te bly hoor en sy versorging te bly ervaar.

Psalm 28

Vers 1-5 – Smeekgebed om gehoor te word
Dawid worstel hier op die oog af met die bedreiging van die dood, maar as ‘n mens dieper luister, eintlik met die bedreiging van ‘n stil God, ‘n God wat nie meer van Hom laat hoor nie, wat nie meer praat, soos Psalm 29 (en 19) verkondig nie.

Continue reading

Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders

Psalm 29 is een van die Psalms wat God se teenwoordigheid in die natuur verheerlik – soos dit ook die geval is met Psalm 8 en 19.  Charles Spurgeon het gesê dat ’n mens moeite moet doen om hierdie Psalm in ’n donderstorm te lees, omdat jy dan dieper sal verstaan wat die Psalm probeer sê.

God se stem word hier met ’n aantal natuurverskynsels in donderstorms vergelyk om daarmee die inherente en allesveranderende krag van God oor te dra.  Volgens geleerdes is daar in hierdie Psalm sekere Kanaänitiese kenmerke sigbaar (die Baälgodsdiens was ‘n natuur-godsdiens) wat egter teologies radikaal geherinterpreteer is om Jahwe se heerskappy ook in die natuur te verkondig.  Baäl was bekend as die reëngod en is dikwels uitgebeeld met ’n weerligstraal in sy hand as wapen.

Continue reading

WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges

Psalm 34-37 staan bekend as wysheidPsalms omdat dit veral onderrig gee in die wyse waarop ‘n mens wys kan lewe.  Ook hierdie Psalms vertoon ’n chiastiese patroon.  Psalm 34 en 37 is weereens akrostiese Psalms (elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet) wat die wysheid om in God se teenwoordigheid te lewe besing en aan die gemeenskap van gelowiges onderrig gee daarin.  Psalm 35 en 36 is gebede om verlossing van mense wat goddeloos lewe, dws dwaas en onwys kies om nie in God se teenwoordigheid te lewe nie en in wie se lewe die opstand teen God die laaste woord het (Ps 36:2 – onthou Ps 1,2)!

Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid

Die Psalm is weereens ‘n akrostiese Psalm met die verse wat opeenvolgend met letters van die Hebreeuse alfabet begin.

Die eerste vers roep die gebeure in 1 Samuel 21 in herinnering. Die naam Abimeleg kom egter nie daar voor nie.  Abimelek kan of ’n skryffout wees vir die priester Agimelek wat vir Dawid die beroemde swaard van Goliat gee, waarna Dawid in Filistynse gebied by Akis hom waansinnig/ kranksinnig gedra het.  Óf, meer waarskynlik, kan dit ‘n Filistynse titel Abimelek – my vader is koning – wees waarmee koning Akis beskryf word (soos farao dit vir Egiptiese konings was).

Continue reading

Onlangse kommentaar