Skip to main content

Mag ons vandag nog mense verag?

Iemand vra my oor die riglyn in Psalm 15:4 dat van gelowiges wat die tempel wil betree verwag word om “dié te verag wat deur God verwerp is.” En vra ook hoe dit verband hou met die ander riglyn in vers 3 dat jy niemand mag beledig nie. Nogal ‘n interessante een!

‘n Bietjie agtergrond: Psalm 15 gee 10 riglyne vir iemand wat in die tempel die Here wil kom aanbid (die priesters het dit waarskynlik vir tempelgangers uitgespel, soos ook die geval is in Psalm 24, ‘n tweelingPsalm van dié een).  Die riglyne was: 1) onberispelike (blaamlose) lewenswandel, 2) regdoen, 3) waarheid praat, en die teendeel, 4) nie kwaadpraat nie, 5) niemand beledig nie, 6) dié verag, NB, wat deur God verwerp is, maar daarteenoor 7) Godsdienaars eer, 8) woordhou, 9) nie rente vra vir sy eie mense, veral van die behoeftiges, nie, 10) hom nie laat omkoop om onskuldiges te kort te doen nie.

Continue reading

Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is

Ons begin dié week om die Psalms te lees, die 2de Psalmboek, Psalms 42-72.

Ek sien baie daarna uit, omdat die Psalms die taal van die hart gebruik.  Dit sal jou binneste wil roer, en jou verbeelding wil wakker maak om ‘n ruimte te skep waarin jou eie gesprek met God kan verdiep.

Een van die belangrikste lewenslesse wat die Psalms my geleer het, is dat ons gesprek met God nooit losgemaak kán of hóéf te word van ons lewensomstandighede nie.

  • Wanneer dit goed gaan, is daar dankbaarheid en standvastigheid en kleur dit ons gesprek met God – uitgedruk in lofpsalms, soos met Psalms 65-68.
  • Wanneer ons gekonfronteer word met die donkerte in onsself en in die lewe, is daar worsteling en weerstand en kleur dit ook ons gesprek met God – uitgedruk in klaagpsalms, soos hier met Psalms 54-64, telkens verwoord vanuit Dawid se praktiese ervaring in nood.

Nog dieper as dit, die Psalms leer ons dat dit nie net ons persoonlike ervarings is wat deel is van ons gesprek met God nie, maar ook die verskeidenheid van ervarings in die wyer gemeenskap.  Ons gesprek met God word, trouens móét onontwykbaar gekleur word, deur ons ervarings – goed of sleg – binne die geloofsgemeenskap sowel as in die publieke gemeenskap.

Dit beteken dan ook dat die Psalms ons leer dat die angs oor en opstand teen ’n gebrek aan geregtigheid en billikheid in die wyer gemeenskap telkens ingetrek móét en kán word in ons gesprek en worsteling met God in die verwagting dat Hy sal optree en verandering bring.

Om die Psalms op dié manier te lees, laat hulle ’n omvattende lewe vir ons kry.  Dit gee lewe aan ons gesprek met God.  Dit laat ons gebed verander van ‘n abstrakte teoretiese gepraat na ’n praktiese persoonlike gesprek wat volledig gevoed word uit ons werklike ervarings in die lewe, die positiewe en die negatiewe ervarings daarvan.  En dit geld nie net ons eie ervarings nie, maar veral ook die ervarings van almal rondom ons.   Dan bring dit presies die verandering te weeg wat ons ten diepste begeer.

Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is

Die tweede Psalmboek fokus veral op die tema van die God as Koning van al die nasies en van die hele aarde (Ps. 46:11).  Dié tema word telkens aangeroer in die lig van die ervaring van geweldige teenstand van vyand(e) (Ps. 42:10; 43:2; 44:8,11,17; 54:5; 56:2; 59:2) en teëstanders (Ps. 42:11; 44:6,11), selfs van vriende (Ps. 54:14) wat verraderlik geword het.  Die vyande word beskryf as ’n godlose bende (Ps. 43:1), vals en misdadige mense (Ps. 43:1), geweldenaars (Ps. 54:5), en moordenaars en bedrieërs (Ps. 55:24).  Tussen-in is daar uiteraard ook ’n erkenning van persoonlike skuld  in die onvergelyklike Psalm 51 van Dawid.

Continue reading

Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas

Die opbou van die 2de Psalmboek kan óf in terme van die digters daarvan ingedeel word, óf in terme van die temas daarvan.  In die geheel staan dit bekend as die “gebede van Dawid, seun van Isai” soos Psalm 72:20 dit beskryf.

Continue reading

Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72

Ons gaan ’n Psalm per dag lees, behalwe in die geval van Psalm 42-43 wat na alle waarskynlikheid as een Psalm geskryf is.

Dit beteken dat ons dit soos volg gaan lees:

Inleiding Woensdag 23 Januarie
Ps. 42-43 Donderdag 24 Januarie
Ps. 44 Vrydag 25 Januarie
Ps. 45 Maandag 28 Januarie
Ps. 46 Dinsdag 29 Januarie
Ps. 47 Woensdag 30 Januarie
Ps. 48 Donderdag 31 Januarie
Ps. 49 Vrydag 1 Februarie
Ps. 50 Maandag 4 Februarie
Ps. 51 Dinsdag 5 Februarie
Ps. 52 Woensdag 6 Februarie
Ps. 53 Donderdag 7 Februarie
Ps. 54 Vrydag 8 Februarie
Ps. 55 Maandag 11 Februarie
Ps. 56 Dinsdag 12 Februarie
Ps. 57 Woensdag 13 Februarie
Ps. 58 Donderdag 14 Februarie
Ps. 59 Vrydag 15 Februarie
Ps. 60 Maandag 18 Februarie
Ps. 61 Dinsdag 19 Februarie
Ps. 62 Woensdag 20 Februarie
Ps. 63 Donderdag 21 Februarie
Ps. 64 Vrydag 22 Februarie
Ps. 65 Maandag 25 Februarie
Ps. 66 Dinsdag 26 Februarie
Ps. 67 Woensdag 27 Februarie
Ps. 68 Donderdag 28 Februarie
Ps. 69 Vrydag 1 Maart
Ps. 70 Maandag 4 Maart
Ps. 71 Dinsdag 5 Maart
Ps. 72 Woensdag 6 Maart

Onlangse kommentaar