Skip to main content

Byeenkomste in Somerstrand

Die byeenkomste in Somerstrand sal soos volg plaasvind.  Let op dat 2 byeenkomste op ’n Dinsdag gaan plaasvind en dat die tyd vir 13 Februarie ’n halfuur later is as gevolg van die Aswoensdag diens in die kerk:
23-Jan Woensdag 18:30
29-Jan Dinsdag 18:30
06-Feb Woensdag 18:30
13-Feb Woensdag 19:00
20-Feb Woensdag 18:30
27-Feb Woensdag 18:30
05-Mar Dinsdag 18:30

Lectio Divina vir die Psalms

’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):
  • Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
  • Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed  – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
  • Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God  – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

As inleiding vir die lees van Psalms 42-72 in die volgende paar weke kan die volgende paar perspektiewe jou voorberei om die reis met God deur die Psalms te onderneem:

 

Digterlike taal

Die Psalms is in poëtiese digterlike taal geskryf, soos ook groot dele van die ander wysheidsboeke: Prediker, Spreuke, Hooglied en Job.  Trouens, ongeveer ⅓ van die OT is in digterlike taal geskryf, as ’n mens die profete daarby in berekening bring.

Continue reading

Psalms vir die lewe

Aansluitend hierby, is dit duidelik dat die Psalms geskryf en versamel is as belangrike instrument van onderrig.  Die Psalms wys op onoortreflike wyse hoe geloof in God werk in die praktyk van die lewe, sowel as in die praktyk van die gemeenskap van gelowiges.  En die wonder daarvan is dat dit nie ’n steriele teologiese handboek met ’n katalogus van beskrywings oor God en die lewe is nie, maar ’n bundel roerende gesprekke met God oor die lewe in al sy veelkleurige gestaltes.

Continue reading

Oor die liedere wat ons sing in die kerk

Dat die Psalms oor die hele lewe sing, in klag- sowel as lof-formaat, laat ’n mens besef dat ons die Psalms nodig het in ons liedereskat.  Ons kan nie net bruisende oorwinningsliedere sing nie of liedere wat sing van vrede en voorspoed nie, want dit ontken die werklikheid.  Die lewe is nie só nie.  Daar is nie net verblydende voorsienings nie, maar ook afgryslike donkertes.  Dinge werk nie altyd uit nie.  Dit loop soms skrikwekkend skeef.

Continue reading

Onlangse kommentaar