Skip to main content

Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com

Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid

Inleiding

Psalm 42-43 vorm ’n eenheid, soos die geval was met Psalms  9-10. Dit lei ons onder andere af uit die herhaling van dieselfde refrein (42:6; 42:12; 43:5) en dat daar nie ’n opskrif vir Psalm 43 is nie.

Dit is een van die Psalms van die Koragiete, deel van die stam van Levi en bekend as deurwagte by die heiligdom (1 Kron. 9) sowel as musikante in die tempel (1 Kron. 6).  Een van die groot Koragiete was die profeet Samuel en een van sy kleinseuns, Heman, word uitgesonder as ‘n musikant.  Toewyding aan God loop meesal in families, presies soos God dit van die begin af bedoel het, Adam, Noag, Abraham, Isak, Jakob en uiteindelik die 12 stamme van Israel.

Continue reading

Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende

Hierdie Psalm is ’n roerende liturgie (maskîl) van die geloofsgemeenskap na ’n vernietigende (ongeïdentifiseerde) nederlaag teen hulle vyande wat hulle verstrooid gelaat het onder die nasies (vers 12) en verbysterd onder die minagting van hulle vyande (vers 14).  Afwisselend verwoord die Psalm die gebed van die voorganger, waarskynlik die koning self, in persoonlike formaat (vers 5, 6, 16-17 – in die eerste persoon: ek,my) en die gebed van die Koragitiese voorganger(s) namens die gemeenskap (die res van die Psalm – in die derde persoon: ons).   Dié Psalm is dus doelbewus vir verskillende “stemme” geskryf om dit liturgies in die geloofsgemeenskap te gebruik, sodat almal kon deelneem.

Die Psalm is opgebou uit drie dele: ’n Terugblik na die verlede, ’n evaluering van hulle huidige nood en ’n gebed om hulp en verandering vir die toekoms.

Continue reading

Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin

Na die worsteling en smeekgebede van Psalm 42-44 bring Psalm 45 ’n verandering in atmosfeer en fokus.  Een van die Koragiete dra die gedig voor aan die koning (vers 1-2) en:
  1. verheerlik die koning se heldhaftige oorwinnings wat geregtigheid laat geskied (vers 3-8).  Let op dat sy skoonheid en wysheid aan God se seën toegeskryf word.  Sy opdrag as koning word verbind aan die stryd vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose, soos Spreuke dit ook meermale vermeld.  Sy invloed word vergelyk met dié van ’n verhewe wese waarmee kwasi-goddelike eienskappe aan hom toegeskryf word.
  2. besing die lof van die koningin wat die koning met haar skoonheid bekoor (vers 9-16).  Let op die beskrywing van sintuiglike plesier: haar klere ruik lekker, daar is vrolike musiek wat haar hart bly maak, sy is versier met goud van Ofir (baie bekend vir hulle goud, maar ongelukkig vandag heeltemal onbekend – daar is selfs een tradisie wat Ofir met Suid-Afrika identifiseer!).  Sy word aangeraai om haar volledig vir die koning te gee om aan hom te behoort en afskeid te neem van haar volk en familie, iets wat natuurlik nie sonder pyn kon geskied nie, ten spyte van die uitbundige vreugde van die seremonie.

Continue reading

Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is

Hierdie Psalm is ‘n kleinood in die nadenke van die geloofsgemeenskap oor die teenwoordigheid van God in ons nood.
  • Dit geld vir die ervaring van die kragte van die natuur hetsy werklik of as metafoor vir ons worstelstryd met allerlei.  Hy is altyd bereid om te help (vers 2-4) omdat Hy die Skeppergod is wat alles gemaak het.
  • Dit geld ook die aanslae van nasies teenoor mekaar regdeur die geskiedenis waarin die belydenis van God se teenwoordigheid telkens rus bring midde-in die nood (vers 5-8).  God is dus ook die God wat die geskiedenis in sy hand hou.
  • Dié nadenke sluit ook telkens die vasgryp aan die (eskatologiese) droom dat God uiteindelik sy vredesryk volledig tot vervulling sal bring op die aarde (vers 9-12). God is ook die God van die toekomstige herskepte wêreld.

Maarten Luther het daarom dié Psalm as inspirasie gebruik om sy aangrypende lied te skryf: “’n Vaste burg is onse God.” Die Liedboek van die NG Kerk het ‘n verwerking in Liedboek 476 daarvan, en die bekende melodie word ook vir Psalm 27 en Liedboek 477: “Hou Christus self sy kerk in stand”, gebruik.

Continue reading

Onlangse kommentaar