Skip to main content

Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk

Vandag is ‘n korter deel van Prediker.  Lees daarom vir feite, onveranderlikhede en vreugdes en kies weereens een daarvan om oor na te dink, daaroor te bid en jou aan God toe te wy.

Die wanbalans tussen reg en onreg
Vers 16 begin ‘n nuwe oorsig (Verder …) waarin die Prediker die wanbalans tussen reg en onreg beskou en raaksien dat korrupsie baie keer die oorhand kry. Dit is iets waarop hy weer sal terugkom (5:7-8).  Hoewel hy tog dink dat God in staat is om uiteindelik reg te laat geskied, gebeur dit ook op Sy tyd, en nie op die tyd wat ons dit verwag nie. Die wiele van geregtigheid draai dus stadig, hoewel dit ’n skrale troos is vir dié wat nie die voorreg beleef om die regstelling te sien nie.  Die wanbalans tussen reg en onreg word dus meer op die langtermyn reggestel as op die kort- of mediumtermyn.

Continue reading

Prediker 4:1-16 – Vennootskappe in vriendskappe en verhoudings het tog waarde

Die Prediker ondersoek verder die relatiewe waarde van verdrukking en geweld, van fluksheid en sukses versus luiheid, die sinvolheid van vennootskappe in vriendskappe en verhoudings, sowel as verstandigheid versus dwaasheid.  Hoewel hy dit genuanseerd sê, kan net saamwees as meer waardevol as eensaamheid beoordeel word, soos dit in vriendskappe en verhoudings na vore kom.

Verdrukking en geweld
Asof die sinloosheid van plesier en vreugde nie al genoeg is nie, herinner die Prediker ons aan die verdere sinloosheid van verdrukking en geweld.  Die probleem van verdrukking is vir ons oorbekend, nie net in ons eie land nie, maar ook reg oor die wêreld.  Om die waarheid te sê, dit is presies die oorsaak van die val van beskawings, dat onreg en verdrukking hoogty vier … maar dat niemand help nie, en niemand vir die magteloses opkom nie.

Continue reading

Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister

Vervolgens vestig die Prediker ons aandag op wysheid in die beoefening van godsdiens.  Hy fokus op die hart van die Israelitiese godsdiens, die offerkultus in die tempel.

Dit is ook die eerste keer dat hy die leser aanspreek: “Wees baie versigtig …”.  Hy sal dit hierna meer gereeld begin doen, waarmee hy sy self-nagevorsde lewenswysheid in die vorm van onderrig begin uitdeel  (Pred 5:7; 7:9-10, 13-14, 16-18, 21; 8:2-3; 9:7-10; 10:4, 20; 11:1-2, 6, 9-10; 12:1-8, 12-14).

Sy oorwoë mening is dat luister in die tempel meer waarde het as praat – iets wat Jakobus in die NT eintlik in alles situasies aanbeveel (Jak1:19 –“elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie …”).  Luister het meer waarde as offers, veral die offers wat met min nadenke gebring word.  Die rede is dat die fokus op offers jou fokus kan verskuif van die Een oor wie dit in die tempel gaan, na die ritueel waarmee jy besig is. En dan is jy besig met alles behalwe met God, en om van Hom te leer.  “Enter to learn” vertaal Peterson in The Message.

Continue reading

Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart

Hierna fokus die Prediker op die lewe van die individu, veral die sug en soektog na welvaart en die relatiwiteit en onsekerheid daarvan.  Die eerste klem val op die onvermydelikheid van verydeling en korrupsie in die burokrasie in die soeke na welvaart.  Die tweede klem val op die onvermydelike problematiek van welvaart as sodanig en die derde klem val op die relatiewe voordeel daarvan, teen die agtergrond (ongelukkig) van die teendeel wat sommige ervaar.

Die korrupsie van die Burokrasie – 5:7-8
Die Prediker laat sy oog val op die burokrasie van die publieke sektor wat die regte van die armes in die grond vertrap. Moenie verbaas wees daaroor nie, sê hy, want korrupsie word van bo af in stand gehou. Die hiërargie van gesag beskerm die laer amptenary ter wille van die hoër amptenary se eie korrupte optredes.  Ek dink elkeen van ons sal voorbeelde kan opnoem uit ons eie konteks …

Continue reading

Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking

Vers 10-12 kan ook as ‘n skarnier gedeelte beskou word.  Dit sluit die vorige perikoop af waarin die Prediker die soeke na welvaart beskryf het.  Dit begin egter ook ‘n nuwe deel waar die soeke na selfverwesentliking beskryf word, en ‘n aantal feite, onveranderlikhede, maar hierdie keer bitter min vreugdes genoem word, behalwe die relatiewe waarde van wysheid, veral as dit met ‘n bietjie besit kan saamgaan!

6:10-12 – Wie weet wat vir die mens goed is?

Die mens se relatiewe onmag om iets aan sy lot te verander, word onomwonde gestel, veral in vergelyking met God en in terme van die wagtende dood.  “Wie weet wat vir die mens goed is …?

Wat goed is

Van die goeie goed wat die Prediker noem, waarin jy jouself kan vind, is die volgende:

  • ‘n Goeie naam, wat natuurlik eers na jou dood regtig ongeskonde kan wees – 7:1
  • Vermaning deur ‘n wyse – 7:5
  • ‘n Voltooide taak, want dit is beter as een wat pas begin is – 7:8
  • Geduld, want dis beter as hoogmoed – 7:8
  • Wysheid saam met besittings, want dit is ‘n baie groot voordeel – 7:11-12
  • Blydskap oor voorspoed sowel as aanvaarding van teëspoed wat ‘n wyse manier van lewe met erkenning van God se beheer is – 7:14
  • Wysheid, want dit is mag – 7:19

Continue reading

Onlangse kommentaar