Skip to main content

Is daar ‘n verskil tussen ‘n Christen en ‘n kind van God?

‘n Christen is Bybelsgesproke iemand wat as ‘n gelowige en ‘n volgeling van Christus bekend is. Dit is wat die Griekse woord Christianos in die NT beteken. Louw en Nida beskryf die woord in hulle woordeboek as volg: “one who is identified as a believer in and follower of Christ.”

Dit word die eerste keer vir gelowiges gebruik in Antiogië (Hand. 11:26). Die gemeenskap sien in die gelowiges se lewe dat hulle met Christus identifiseer en Hom navolg. Dit is ook die hart van hulle getuienis. Hulle het teenoor mense getuig van die noodsaak om met Christus te identifiseer en Hom na te volg. Ons hoor bv. by koning Agrippa dat hy in Paulus se passievolle getuienis voor die hof ervaar dat Paulus probeer om hom te beweeg om ook ‘n Christianos te word, iemand wat glo in Christus en Hom navolg (Hand. 26:28). En Petrus moedig ons met dieselfde passie aan om as draers van die naam Christianos ons nie te skaam vir die lyding wat baie keer daarmee gepaard gaan nie, maar God te verheerlik as onbeskaamde Christianoi.

‘n Christen is dus iemand wat in Christus glo en wat Hom volg. Hulle is dus ook kinders van God, want Johannes sê, elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, is ‘n kind van God (1 Joh. 5:1). Dit is die groot liefde wat God aan ons bewys het dat almal wat in Christus glo kinders van God genoem kan word (1 Joh. 3:1).

Daar behoort dus nooit enige verskil te wees tussen iemand wat ‘n Christen is – ‘n Christianos soos die Bybel dit sê, iemand wat in Christus glo en Hom navolg – en ‘n kind van God nie.

Continue reading

Geloofsekerheid

Ek het ‘n navraag gekry oor hoe ‘n mens geloofsekerheid kry.  Hier is ‘n kort antwoord daarop.

Die beste manier is om jou sekerheid te soek in die Woord van God.  Ek kan aan min beter plekke dink om jou geloofsekerheid te begrond, as op die boodskap van die eerste brief van Johannes.  Ek sal sy boodskap hieroor as volg opsom:

Continue reading

Watter rol speel geloof in genesings?

Iemand het my gevra na die rol van geloof in genesing, soos ons dit in die verhaal van die verlamde man in Markus kry.  Ek het kortliks begin om op die boodskap van Markus hieroor in te gaan, maar gou besef dat dit eintlik in ‘n groter konteks geplaas moet word.  Ek het daarom besluit om in hierdie bydrae uit te brei oor die vraag hoe dié geloof en vertroue werk, of God in alle gevalle mense genees, trouens of hy inderdaad nog vandag mense genees. Dit was vir my verrassend wat ek oor Calvyn en Luther hieroor raakgelees het!  Ek sluit ook die uitmuntende navorsing van die Nuwe Testamentikus Craig Keener oor wonderwerke vandag aan die einde in.

Continue reading

Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof – Opmerkings oor die rolprent “Silence”

Dit was met groeiende onrus wat ek die rolprent “Silence” gekyk het.  Dit beeld die geweldige vervolging uit wat Japanese Christene beleef het in die vroeë 17de eeu, die tyd van die Kakure Kirishitan (“Hidden Christians”).

Martin Scorsese kies om die verhaal te vertel aan die hand van twee Jesuïte priesters, Sebastião Rodrigues en Francisco Garupe, wat na Vader Christovão Ferreira, ‘n werklike historiese figuur, gaan soek wat volgens gerugte die Christelike geloof afgesweer het.

Die twee priesters tref klein gemeenskappies Japanese Christene aan in hulle soektog wat aan die geloof vashou ten spyte van onmenslike wrede vervolging.  Hulle word egter albei uiteindelik gevang en gemartel.  Die een, Garupe, sterf ‘n martelaar in die proses, terwyl die ander een, Rodrigues, uiteindelik in sy gevangenskap vir Christovão Ferreira ontmoet.

Fumi-e

Ferreira bevestig aan Rodrigues dat hy inderdaad die Christelike geloof afgesweer het.  Dit lei daartoe dat Rodrigues ook sy geloof afsweer – deur op ‘n fumi-e, ‘n afbeelding van Jesus aan die kruis, te trap – en saam met Ferreira die Japanese owerhede vir die res van hulle lewe help in die onderdrukking van die Christelike geloof.  Die fliek eindig met ‘n vae suggestie dat Rodrigues in die geheim ‘n Christen gebly het.

My onrus oor die rolprent was dat die fliek eintlik probeer sê dat geloof nie stand kan hou in uiterste vervolging nie, en dat dit beter is, trouens van die Here verwag word, dat geloof afgesweer word.  Rodrigues en Ferriera se “apostasy” (afvalligheid) en verloëning van die Here Jesus word baie sterker deur Martin Scorsese vertel as die ongelooflike lojaliteit en martelaarskap van talle in die rolprent (duisende Japanese Christene in werklikheid, soos ons histories weet) asook die priester Garupe.

Continue reading

Geestelike volwassenheid

Wat is geestelike volwassenheid, Bybels gesproke?

Ek het ‘n navraag gekry oor geestelike volwassenheid as ‘n mens dit deur die bril van die Skrif bekyk.  Ek het die volgende vyf aspekte in die Skrif gevind wat ek graag oor geestelike volwassenheid wil uitlig.

GEESTELIKE VOLWASSENHEID IS:

Continue reading

Onlangse kommentaar