Skip to main content

Jesus is die Begin en Voleinder van ons geloof – Opmerkings oor die rolprent “Silence”

Dit was met groeiende onrus wat ek die rolprent “Silence” gekyk het.  Dit beeld die geweldige vervolging uit wat Japanese Christene beleef het in die vroeë 17de eeu, die tyd van die Kakure Kirishitan (“Hidden Christians”).

Martin Scorsese kies om die verhaal te vertel aan die hand van twee Jesuïte priesters, Sebastião Rodrigues en Francisco Garupe, wat na Vader Christovão Ferreira, ‘n werklike historiese figuur, gaan soek wat volgens gerugte die Christelike geloof afgesweer het.

Die twee priesters tref klein gemeenskappies Japanese Christene aan in hulle soektog wat aan die geloof vashou ten spyte van onmenslike wrede vervolging.  Hulle word egter albei uiteindelik gevang en gemartel.  Die een, Garupe, sterf ‘n martelaar in die proses, terwyl die ander een, Rodrigues, uiteindelik in sy gevangenskap vir Christovão Ferreira ontmoet.

Fumi-e

Ferreira bevestig aan Rodrigues dat hy inderdaad die Christelike geloof afgesweer het.  Dit lei daartoe dat Rodrigues ook sy geloof afsweer – deur op ‘n fumi-e, ‘n afbeelding van Jesus aan die kruis, te trap – en saam met Ferreira die Japanese owerhede vir die res van hulle lewe help in die onderdrukking van die Christelike geloof.  Die fliek eindig met ‘n vae suggestie dat Rodrigues in die geheim ‘n Christen gebly het.

My onrus oor die rolprent was dat die fliek eintlik probeer sê dat geloof nie stand kan hou in uiterste vervolging nie, en dat dit beter is, trouens van die Here verwag word, dat geloof afgesweer word.  Rodrigues en Ferriera se “apostasy” (afvalligheid) en verloëning van die Here Jesus word baie sterker deur Martin Scorsese vertel as die ongelooflike lojaliteit en martelaarskap van talle in die rolprent (duisende Japanese Christene in werklikheid, soos ons histories weet) asook die priester Garupe.

Die toppunt van afgryse was vir my toe Rodrigues in ‘n besondere traumatiese toneel sy geloof afgeweer het nadat ‘n stem, die “Here Jesus” wil Martin Scorsese vir ons suggereer, vir hom sê dat dit reg is om op Jesus te trap, want dit is waarvoor Hy gekom het.  Verloëning van Jesus in uiterste omstandighede is dus die evangelie volgens Martin Scorsese.  Soos een resensent sê, Martin se punt is dat daar geen punt aan geloof is nie.

Die werklikheid is egter dat daar baie meer martelare as afvalliges was onder die Christene in die 17de eeu in Japan.  Ses-en-twintig martelare is bv. in 1597 tereggestel in Nagasaki waarvan die verhale gedokumenteer is (hier is die hele verhaal: Martyrs of Nagasaki).  Hoewel die getal Christene in Japan van tussen 300 000 en 500 000 in die 16de-17de eeu in die volgende 250 jaar na net ongeveer 30 000 verminder het, het hierdie Kakure Kirishitan– geheime Christene – met die koms van godsdiensvryheid in 1873 na vore gekom en in die openbaar weer hulle geloof beoefen.  ‘n Fassinerende verhaal van volharding in absoluut uitdagende omstandighede.

The gion-mamori, crest of the Gion Shrine, was adopted by the kakure kirishitan as their crest under the Tokugawa shogunate

Dít is die groter en sterker verhaal van die Christelike geloof!  Nie die verhale van afvalligheid nie, al was daar natuurlik ook altyd diesulkes.

Maar wat my regtig in opstand laat kom teen die rolprent is die feit dat Martin Scorsese nie die hele verhaal van Christovão Ferreira vertel nie.  Afvalligheid was nie die laaste woord oor Ferreira se lewe nie!

Martin Scorsese ignoreer volledig die rapporte oor Christovão Ferreira se uiteindelike bekering en martelaarskap na ongeveer twintig jaar van afvalligheid.  Dit is ‘n gruwelike lakune in sy werk.

Gelukkig is daar mense wat dié geskiedenis nagevors het, soos bv. in die navorsing van J.F. Schütte.  Schütte het al die oorspronklike dokumente wat uit daardie tyd in Rome bewaar is, nagegaan, en die oorsprong en betroubaarheid van die gerugte en getuies ondersoek.  Sy artikel: “Ist P. Christovão Ferreira als Martyrer gestorben? Nach dem Bericht eines japanischen ‘Mandarinen’ in Tongking” kan in die boek Kirisuto-ki und Sayō-yoroku (MN Monograph No. 1, Tokyo, 1940) van Voss & Cieslik gelees word (pp. 202-8).

Ek haal uit Hubert Cieslik se 2010 artikel daaroor aan (“The Case of Christovão Ferreira.” In Francis Britto’s All About Francis Xavier. Retrieved from http://pweb.cc.sophia.ac.jp/britto/xavier).  Terloops, die jaar 1652 wat hierin genoem word, is natuurlik ook die jaar van Jan van Riebeeck se aankoms aan die Kaap de Goede Hoop!:

“In the center of the affair is a Japanese Christian merchant by name of Paulo de Bada (Wada?), who in 1652 brought to Tongking the news that Ferreira’s property had been confiscated. In the following two years there were further reports about his martyrdom.

Schutte is inclined to believe that in substance the reports are trustworthy and at the end of his research summarizes the various accounts as follows:

Fr Ferreira was already more than 80 years old (As Schűtte notes, Ferreira was in fact about 70 at the time of his death), and for years had been confined to bed by sickness and weakness. A great change took place in his soul and his deed now appeared to him in a completely different light. He abhorred his action as a cowardly betrayal of God and expressed his inner convictions in a loud voice. His neighbors heard him talking and finally informed the soldiers of the governor. They visited the house of the sick tsūya (Tsūya is probably derived from tsūji 通事, meaning ‘interpreter’. Ferreira is often called ‘Edo-tsūya’ in the Dutch letters.) and asked him the reason for his grief. The Father explained to them with all frankness and firmness his sorrow and his inner conversion. The soldiers joked and made fun of him, saying that he was out of his mind, but he contradicted them firmly. On the contrary, he showed himself ready to die for his faith.

The soldiers then reported this to the governor, who hesitated for a while but, after he had ascertained the facts, condemned Christovão to death in the pit. The sentence, however, was to be carried out in all secrecy so as to avoid causing excitement in the city. The soldiers returned to Ferreira’s house, and seeing that he remained constant in his intention, they dragged him off to the torture of the pit. However, they were not able to prevent many Japanese, both Christian and non-Christian, as well as non-Christian Chinese, from attending the martyrdom. The soldiers bound Ferreira and hanged him head downward into the pit. With this torture Ferreira ended his life courageously for Christ (Schűtte, in Voss & Cieslik, p. 208.).”

In hierdie Paastyd is dit ‘n wonderlike getuienis van die oorwinning wat die Here Jesus nie net self oor die dood en die doodse magte deur sy opstanding uit die dood behaal het nie, maar ook van die krag wat Hy uitoefen in elkeen wat in Hom glo.  Ek loof Hom vir sy getrouheid dat Hy selfs in die haglikste omstandighede waarin van sy getrouste getuies blyk voete van klei te hê, Hy hulle steeds nie los nie en hulle uiteindelik tot inkeer bring.

Dít is die God wat ons aanbid.  Dít is die God wat ook vir ons enduit getrou sal hou, selfs al faal ons langs die pad en worstel ons met die “stilte” van God wanneer die beproewings van die lewe ons geloof in stryd bring.

Ek hoor die oproep van die Hebreërskrywer weer helder vandag:

Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. Hou Hom voor oë wat so ’n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.” (Hebr. 12:1-3).


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.