Skip to main content

Die erfsonde

Ek het ‘n navraag gekry oor die erfsonde.  Hier is ‘n paar gedagtes daaroor.
Photo by Fotolia/Claudio Columbo
Photo by Fotolia/Claudio Columbo

Die idee van die erfsonde kom van die besinning van veral Dawid in Psalm 51 en Paulus in die brief aan die Romeine 1-8.  Kyk veral na Romeine 5 waar Paulus dit met Adam in verband bring. Dit het ‘n neerslag gevind in die teologie van Irenaus wat die eerste verwoording daarvan gepubliseer het in Against Heresies, sowel as in Augustinus se City of God waarin hy onder andere gesê het:

“Even infants are born sinners, not by their own act, but because of their origin.”
Die Hervormers Luther en Calvyn het dié idee in hulle teologie opgeneem wat uiteindelik ‘n neerslag in al drie Gereformeerde belydenisskrifte gevind het.

Continue reading

Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie

Ek het ‘n navraag gehad oor die doop met water en of dit nie noodsaaklik is om die Heilige Gees te ontvang nie.  Die kort antwoord is: Nee.  Hier is my uitgebreide antwoord daarop.

In net 3 gevalle in die Nuwe Testament word die Heilige Gees direk na die doop met water ontvang

In die Nuwe Testament was die ontvangs van die Heilige Gees ‘n paar keer iets wat direk na die waterdoop gebeur het.

  • Jesus het dit so ervaar (Luk 3:21-22);
  • Die drieduisend op Pinksterdag het dit so ervaar (Hand 2:38);
  • Die gelowiges in die platteland van Efese, wat vroeër die doop van Johannes ontvang het, het dit ook so ervaar.  Hulle word met die “Jesus-doop” gedoop en ontvang die Heilige Gees (Hand 19:1-6).

In die meeste gevalle in die Nuwe Testament was daar egter nie so ‘n direkte verband tussen die doop met water en die ontvangs van die Heilige Gees nie.

Die Heilige Gees word ontvang deur in Jesus Christus te glo

Die belangrikste boodskap van die Nuwe Testament oor die ontvangs van die Heilige Gees, is dat Hy ontvang word deur in Jesus Christus te glo.

Hier is ’n voëlvlug oor die gegewens in Handelinge oor geloof, die doop en die ontvangs van die Heilige Gees:

Continue reading

Die hart van die Christelike geloof

Onthou dat dit nog in die vroeë jare van die vestiging van die Christelike geloof was, skaars 20 jaar na die kruisdood en opstanding van Jesus Christus.  Daarom verdedig Paulus nie net sy apostelskap in hierdie brief nie (“Ek is … aangestel … deur Jesus Christus en deur God die Vader” – Gal. 1:2), maar ook die evangelie (“Jesus Christus het dit in ’n openbaring aan my gegee” – Gal. 1:12), veral teen die bedreiging wat sekere Joodse gelowiges se idees oor die belang van hulle kultuurgebruike vir die kerk in die breë gehad het.

Joodse kultuurgebruike?

Een van die kernvrae vir die kerk was: Moet Christene uit die heidene ook die Joodse kultuurgebruike – soos die wet dit voorskryf – aanneem of nie?  D.w.s., moet gelowiges uit die heidene 1) besny word, 2) volgens die Joodse eetgewoontes leef, en 3) die Joodse feeste vier, waarvan die Sabbat die belangrikste viering was.

Sommige Joodse Christene het gedink dat die Joodse besnydenis, dieet en feeste lewensbelangrik was vir gelowiges uit die heidene.  Paulus het hom egter vurig daarteen verset en wys met hierdie brief die gevaar van só ’n standpunt onomwonde uit.  Die nuwe bedeling draai om geloof in Jesus Christus en het afskeid geneem van ’n godsdiens gebaseer op die wet (besnydenis, dieet, feeste).  Ons leef nou in die bedeling van die Gees.  En almal wat in Christus is, is kinders van Abraham en daarom deel van die een Godsvolk.

Dit is die evangelie, en enigiemand wat 1) Joodse kultuurgebruike op ander af forseer of 2) hulleself afskei van mense wat nie die kultuurgebruike nakom nie (Petrus!) rand die evangelie aan.  Dit is die hart van die Christelike geloof en die hart van die boodskap van hierdie brief aan die Galasiërs.

Geen wonder dat Paulus kort hierna – as ’n mens aanvaar dat die brief op sy eerste sendingreis geskryf is aan die suidelike etnies-geografiese gebied, Suid-Galasië-teorie – saam met ander gelowiges van Antiochië in Sirië na Jerusalem toe is om uitsluitsel oor hierdie brandende vraag te kry.  En soos Lukas in Handelinge 15 vertel, het hierdie vergadering van gelowiges besluit om gelowiges uit die heidendom nie te dwing om die Joodse kultuurgebruike na te kom nie, soos Paulus inderdaad geleer het.

Daarom bly die Galasiërbrief so belangrik vir die kerk deur die eeue.  Telkens as mense afdwaal van die kern van die Christelike geloof deur ander (kultuur) reëls neer te lê vir die Christelike lewe of hulleself afskei van mense wat nie soos hulle leef nie, herinner hierdie brief ons om ons eenheid te soek in ons geloof in Christus, en nie in ons kultuureie nie.

Onlangse kommentaar