Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 71:9-16

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis baseer in die tweede deel van die Psalm sy gebed vir hulp in die hede op die feit dat God hom nog nooit in die steek gelaat het nie.  Hy bid egter dat veral sy tanende kragte en ouer wordende gestalte nie in die pad sal staan van God se hulp nie, veral omdat dit nou deur sy vyande misbruik word om hom te na te kom en komplotte teen hom te sweer.  Sy gebed is dat dié wat sy ondergang soek, eerder in die skande en oneer kom. Sonder ophou sal hy dan van God se reddingsdade bly praat en as ’n teken van en herinnering aan God se teenwoordigheid op aarde bly funksioneer.

Bid die Psalm

“Moenie my eenkant toe stoot noudat ek oud geword het nie. Moenie my verlaat wanneer my kragte afneem nie. Want my vyande beplan teen my; dié wat my lewe soek, span saam teen my. Hulle sê: “God het hom verlaat. Kom ons agtervolg hom en vang hom, want niemand sal hom red nie.” O God, moenie ver wees van my nie. My God, maak tog gou en help my. Laat my aanklaers in skande omkom. Laat vernedering en oneer hulle tref, hulle wat my skade wil aandoen. Maar ek sal aanhou hoop, U meer en meer prys. Ek sal u regverdigheid bekendmaak, en die hele dag van u redding vertel, al is dit te veel om op te noem. Oppermagtige Here, ek kom om u magtige dade te prys, ek sal vir almal vertel dat U alleen regverdig is.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalmis maak staat op God se almag en regverdigheid om in te gryp in die aanklagte en agtervolging van sy vyande en vra dat God in hierdie eienskappe van Hom naby sal wees en hom sal help. Let op hoe vas hy in sy voorneme is om in hoop en lofprysing te volhard: “Maar ek sal aanhou hoop, U meer en meer prys.” Dit is hierdie tipe vertroue wat God se hart aanraak en Hom laat optree.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 71:1-8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis getuig hier van die voordeel om God se betroubaarheid oor ’n baie lang tyd in die verlede te kon ervaar.  Dit bring ’n sekerheid en vertroue wat nie so maklik deur die negatiewe ervaringe van die lewe beïnvloed word nie.  Drie van die sentrale metafore wat die Psalmis gebruik om dié Godsbeeld mee uit te druk, is dié van ’n rots, ’n toevlug, en ’n vesting wat verband hou met die gebruik in antieke tye om asiel te soek in ’n heiligdom (Eks. 21:13). God is, soos sy heiligdom, as’t ware die veilige ruimte waar van die aanslae van die lewe geskuil kan word. Die Psalm kan in drie dele opgedeel word wat losweg met verlede, hede en toekoms verband hou: 1) Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, soos altyd in die verlede – vers 1-8; 2) Moet my tog nie in die hede verwerp nou dat ek oud geword het nie – vers 9-16; 3) Moet my tog nie alleen laat nie, ter wille van die geslagte wat kom in die toekoms – vers 17-24. Ons lees dit oor drie dae.

Bid die Psalm

“Here, by U soek ek beskerming; laat my nooit beskaamd staan nie. Red my en verlos my, want by U is regverdigheid. Luister na my en maak my vry. Wees vir my ’n rots en ’n toevlug, ’n plek waarheen ek altyd kan vlug. U het reeds my redding bepaal, want U is my rots en my vesting. My God, red my uit die mag van goddeloses, uit die kloue van mense wat wreed en onregverdig is, want U, Here, is my hoop. Here, van kleins af het ek op U vertrou. U is my hulp vanaf geboorte; reeds voor geboorte het U vir my gesorg. Dis waarom ek U gedurig prys. Ek is ’n wonder vir baie, want U is my sterke toevlug. Ek hou aan om U te prys; die hele dag sing ek oor u heerlikheid.” NLV

Boodskap en betekenis

Elke frase in hierdie eerste deel van die Psalm is vir jou gegee om te vertroetel. Jy kan die woorde daarvan in jou gedagtes soos ’n suiglekker in jou mond rondrol tot jy die waarde daarvan diep in jou menswees begin ervaar. “U het reeds my redding bepaal.” D.w.s. jou verlossing hang nie af van wat jy kan doen nie, maar van wat God kan doen. “Wees vir my ’n rots en ’n toevlug, ’n plek waarheen ek altyd kan vlug.” D.w.s, ’n plek, reg deur die dag waarheen jy in jou gees, in gebed, jou toevlug kan neem. Dit is daardie plek waar jy voor God verskyn en vir verlossing van jou vyande vra, en inderdaad telkens weer van kan getuig. En in enige geloofsgemeenskap moet hierdie ervarings van verlossing uit die verlede wat gekoester en versprei word, ter wille van die behoud van die gemeenskap. Dit is die tipe verhale wat geloofsvertroue bewerk. Sorg daarom dat jy ook jou ervarings van verlossing aangee na veral jongmense. Dit is hulle behoud!

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 70

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalm begin met ’n interessante woord wat vertaal is met “Herinnering” (ook Ps. 38).  Die woord kan verbind word met die vuuroffer (azkârâh – Lev. 2:2 vv.) wat gewoonlik uit meel/stampkoring en olie bestaan het, waarvan ’n deel verbrand is en ’n deel vir die priesters gegee is.  Die deel wat verbrand is, kan moontlik as ’n herinneringsoffer gesien word, wat God herinner aan sy beloftes en natuurlik ook die een wat die offer bring, herinner aan sy geloftes van toewyding aan God.  Die Psalm het dus waarskynlik só ’n herinneringsfunksie. Die Psalm is ook in sy geheel opgeneem in Psalm 40, vers 14-18, met kleinere wysigings, bv. Ps. 70 gebruik eerder die algemene naam vir God, Elôhîm.  Ps. 70 is daarom moontlik ’n meer populêre weergawe van die voller liturgie van Ps. 40 vir persoonlik gebruik om God te herinner aan wie Hy is en wat die bidder nodig het. Die Psalm het ’n dringende toonaard. Hulp is NOU nodig: Kom gou, Here, en help my… Kom gou na my toe, o God… Here, moet tog nie langer wag nie!. Dit is dus uiters bruikbaar in tye waar tyd ’n faktor raak. Dit wil ook lyk asof die bedreigings nie van buite die geloofsgemeenskap kom nie, maar van groepe binne die geloofsgemeenskap. Die Psalmis identifiseer hom bv. met die hulpeloses en armes (vers 6) en bid oor dié wat hom spot (vers 4), dié wat sy lewe wil neem en sy ondergang wil sien (vers 3). ’n Mens kan aan ’n hele paar mense uit Dawid se lewe dink op wie hierdie beskrywing van toepassing kan wees.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Van Dawid. ’n Herinnering. Red my tog, o God! Kom gou, Here, en help my. Laat almal wat my lewe soek, in die skande kom en verward raak. Laat hulle wat my ondergang begeer, op die vlug slaan en beskaamd staan. Laat hulle vlug as beloning vir hulle skande, hulle wat sê: “Aha! Ons het hom!” Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!” Ek is arm en behoeftig. Kom gou na my toe, o God. U is my hulp en my redder. Here, moet tog nie langer wag nie!” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid herinner die Here aan Wie Hy is: God is groot (vers 5), U is my hulp, U is my redder, U is Jahwe (vers 6). Met dié vier beskrywende titels vir God herinner Hy God aan Wie God is in die verwagting dat God sal optree soos Hy Homself aan Dawid bekend gemaak het. Vers 5 is vir my besonders, omdat dit die geloofsgemeenskap ook intrek: Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!” ’n Teks om die hele dag oor na te dink en in jou gedagtes te vertroetel.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 69:31-37

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die laaste deel van die Psalm is ’n gebed vir regverdigheid eerder as vir wraak. Die verwagting van verlossing is net soseer ter wille van ’n boodskap aan die vyande as ter wille van die vreugde van verlossing vir die verdrukte. Almal moet weet – vriend en vyand – dat God regverdig is en dat Hy sorg vir dié wat op Hom bly vertrou ten spyte van die beledigings en verkleinerings.

Bid die Psalm

“Ek is ellendig en in pyn. Laat u redding, o God, my beveilig. Ek sal God se Naam loof met sang, Hom met danksegging verheerlik. Die Here verkies dit bo bulle en bo ’n volmaakte offerdier. Die verdruktes sal dit sien en bly wees. Laat almal wat God dien, weer moed skep, want die Here hoor dié in nood, en vergeet nie sy mense wat in aanhouding is nie. Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin beweeg. Want God sal Sion red en die stede van Juda herbou. Sy volk sal daar woon en die land besit. Die nageslag van sy dienaars sal dit erf; en hulle wat sy Naam liefhet, sal daar woon.” NLV

Boodskap en betekenis

Almal wat onder druk is ter wille van die evangelie kan dus in die boodskap van die Psalm moed skep, want die belofte is dat die Here nie sy mense vergeet nie. Soos Dawid dit ervaar het, so bevestig God dit vir al sy dienaars vir altyd. Dit is presies wat met Jesus aan die kruis gebeur het. God het Jesus nie vergeet nie, soos Psalm 69 ‘n millennium tevore al beloof het. Deur veral sy opstanding is Jesus as regverdig bewys en het God Hom bó alle wesens verhoog. Daaruit kan ons die hoop put dat alles op die ou einde presies reg sal uitwerk. Dit is wat God belowe.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 69:20-30

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid draai nie doekies om in die derde deel van die Psalm nie!  Hy wil nie net sy vyande uit die lewe geruim hê nie.  Hulle moet tot nie-bestaan vernietig word.

Bid die Psalm

“U ken die beledigings, die vernedering en die skande; U het al my vyande gesien. Hulle beledigings het my gebreek, en ek is radeloos. Ek het gesoek vir meegevoel, maar tevergeefs; vir ’n bemoediger, maar daar was niemand. In plaas van kos gee hulle my gif; hulle gee asyn om my dors te les. Laat die feesmaal op hulle tafel ’n strik word. Laat hulle welvaart hulle ondergang wees. Laat hulle oë blind word, en hulle liggame al swakker. Stort u woede uit op hulle; laat u brandende toorn hulle verteer. Mag hulle wonings leeg staan en hulle tente verlate. Hulle vervolg die een wat U reeds getref het en vertel van die pyn van dié wat U deurboor het. Stapel hulle sonde op sodat hulle nie sal deel in u vryspraak nie. Wis uit hulle name uit die Boek van die Lewe sodat hulle nie as regverdiges opgeteken sal word nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid gebruik hier harde woorde wat sy woede verwoord teenoor sy vyande. Dat vyf van hierdie elf verse in die NT aangehaal word, wys ook hoe belangrik dié Psalm was vir Jesus en die vroeë kerk in hulle verwoording van die evangelie. Die betekenis van hierdie verse is egter in die NT op bepaalde wyses aangepas aan die hand van die boodskap van die kruis. Ek gee dit in ‘n tabel sodat jy dit self kan nagaan. Ons kan die Psalm dus in die lig van Jesus se kruisdood nie meer presies op dié manier bid nie. Hy het immers vryspraak gebied vir dié wat Hom gekruisig het. Maar, soos die aanhaling in Romeine 11 wel wys, bly die toorn van God op dié wat die aanbod van vergifnis nie aanvaar nie.

Ps. 69:22 Joh. 19:29 (vgl. Mark 15:23,36; Matt. 27:34,48; Luk. 23:36)
22Toe ek honger was,

het hulle my gif aangebied,

toe ek dors was,

wou hulle my asyn laat drink.

28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”

29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”

Ps. 69:23-24 Rom. 11:9-10
23Laat hulle feeste hulle tot ’n val bring

en hulle offermaaltye

hulle ondergang wees.

24Laat hulle stokblind word,

laat hulle gebreklik word.

9En Dawid sê:

“Mag hulle maaltye vir hulle

’n vangstrik en ’n val word

en ’n struikelblok en ’n straf.

10Mag hulle oë verduister word

dat hulle nie sien nie;

en buig hulle rug vir altyd krom.”

Ps. 69:26 Hand. 1:20
26Laat hulle blyplekke verwoes word

sodat daar niemand oor is

in hulle wonings nie,

18“Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond.

20“In die boek van die Psalms staan daar:

Laat sy woonplek leeg word;

laat niemand daarin woon nie,

en:

laat ’n ander sy amp oorneem (vgl. Ps. 109:8).

Ps. 69:29 Fil. 4:3; Openb. 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15; 21:27
29Skrap hulle name

uit die boek van die lewe

dat dit nie saam met dié

van die regverdiges

opgeskryf staan nie!

Al dié tekste praat van die boek van die lewe, maar het ’n meer positiewe hantering daarvan as in die Psalm.  Die boek van die lewe kom van die begin van die Skepping af.  God besluit self wie se name daar ingeskrywe word, hoewel Paulus ook oortuig was dat van sy medewerkers se name daarin geskrywe was (Fil. 4:3).  Dit is ’n boek wat aan Jesus, die Lam, behoort.  Die regverdiges se name word nooit uitgewis daaruit nie.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar