Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 69:1-5

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 69 is ‘n besondere Psalm van Dawid, beide in terme van die wye verskeidenheid van situasies en emosies wat dit aanspreek, sowel as die gebruik daarvan in die NT. Verse uit die Psalm word 17 keer aangehaal in die NT. Die aanhalings in die NT word op twee maniere gedoen. In die eerste plek word die Psalm gebruik in die begronding van die verhaal en gebeure van die evangelie van Jesus Christus, veral met betrekking tot die kruisiging. Dit is ’n Psalm wat Jesus self gebid het aan die kruis. In die tweede plek word die Psalm gebruik in die interpretasie van die implikasies van die koms van die koninkryk van God, eerstens vir die Jode en tweedens vir die regverdiges met die Wederkoms. Ek sal ‘n paar van die aanhalings deur die loop van ons vier gebede uit die Psalm aandui Daar is ‘n hele paar verskillende maniere om die Psalm op te deel. Ek gebruik ‘n vier-deling waarin Dawid se gebed só opgedeel word: 1) Red my van dié wat my sonder rede haat – vers 2-5; 2) Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie – vers 6-19; 3) Maak ‘n onderskeid tussen my vyande en die regverdiges – vers 20-29; 4) Moenie u mense vergeet wat verdruk word nie – vers 30-37.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God! Die vloedwaters is reeds tot by my keel. Dieper en dieper sink ek in modder, met geen plek om te staan nie. In diep waters het ek beland, en die stroom oorweldig my. Ek is uitgeput van roep om hulp. My keel is hees en my oë dof, terwyl ek wag dat God my help. Hulle wat my haat sonder oorsaak is meer as die hare op my kop. Talryk is hulle wat my wil vernietig, en dit sonder oorsaak. My vyande is leuenaars wat eis dat ek teruggee dit wat ek nie gesteel het nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Die metafore wat Dawid hier gebruik om sy ontreddering te beskryf, is regtig roerend.  Hy gebruik van dié metafore weer in vers 15 en verder.  Die uitstaande eienskap van dié deel van sy gebed is die onafgebroke fokus op God, uitgedruk met die metafoor van ’n hees stem en dowwe oë.  Elkeen van ons sal kan identifiseer met die ervarings van onredelike haat en vals beskuldigings. Dawid moedig ons aan om nie op te hou om God se aangesig te soek, totdat Hy antwoord nie. Dit is ’n Psalm wat ons kan bid in ons volharding in die evangelie ten spyte van teenstand, soos Jesus dit in sy laaste gesprekke met sy dissipels beklemtoon het.

Ps. 69:5 Joh. 15:24-25
5Dié wat my sonder rede haat,

is meer as die hare op my kop.

Dié wat my vir altyd wil stilmaak,

is sterk. My vyande dwing

my met vals beskuldigings

om af te gee wat ek nie geroof het nie.

24As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. 25Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 68:25-36

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die derde deel wat in die volgende lesing aan die beurt kom, word God se vestiging van sy heerskappy oor die hele aarde verheerlik met die tempel-heiligdom in Jerusalem op die berg Sion as basis (vers 25-36). Die Psalm teken die feestelikheid van die lof wat aan die Here op die tempelberg gebring word. Daar is sangers, mense wat snaarinstrumente bespeel, meisies wat tamboeryne slaan en kore wat God loof uit al die stamme van Israel. Die vier wat genoem word: Benjamin-Juda en Naftali-Sebulon is die mees suidelike en die mees noordelike stamme van Israel onderskeidelik. Die lof mond uit in ’n gebed dat God sy mag verder sal vertoon vanuit die tempel in Jerusalem deur nie net Egipte, “daardie ondier onder die nasies”, te onderwerp nie, maar Egipte en Ethiopië (Kussiete) se mense te transformeer om God te aanbid deur geskenke en smeekgebede. Maar selfs dít is nog nie genoeg nie. Al die koninkryke van die aarde kom in die visier van Dawid, met die droom dat hulle ’n lied sal aanhef tot eer van God. Let op die skeppingstaal waarin dié droom gegiet is waarmee God se heerskappy oor alles en almal onomwonde gestel word: “Hy het mag oor die wolke!”.

Bid die Psalm

“U feesoptog is in sig, o God, die optog van my God en Koning is op pad na sy heiligdom. Vooraan is die sangers, agter hulle, die musikante. Saam met hulle is jong meisies wat op tamboeryne speel. Prys God in die vergaderings; prys die Here, die bron van Israel. Kyk, Benjamin, die jongste, is die aanvoerder. Dan volg die baie heersers van Juda en die heersers van Sebulon en Naftali. Toon u mag, o God. Toon u krag, o God, soos U dit voorheen vir ons gedoen het. Ter wille van u tempel in Jerusalem sal konings vir U geskenke bring. Bestraf vir Egipte, die ondier tussen die riete, wat soos troppe bulle tussen kalwers ander vertrap ter wille van geld. Verstrooi die nasies wat hulle verheug in oorlog. Uit Egipte kom kosbare geskenke; met uitgestrekte hande bid Kus tot God. Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God. Sing lofsange tot eer van die Here, Sela sing tot eer van Hom wat deur die oeroue hemel ry terwyl sy magtige stem weerklink. Verkondig God se mag, sy majesteit oor Israel, sy mag oor die wolke. God wek ontsag in sy heiligdom. Hy is die God van Israel. Vir sy volk gee Hy mag en sterkte. Laat God verheerlik word.” NLV

Boodskap en betekenis

Daar is baie maniere waarop jy hierdie Psalm kan gebruik om met God te praat. Ek wil twee voorstel. In die eerste plek bevat hierdie Psalm waarskynlik die meeste woorde vir God (6) en beskrywings van God (8) in enige ander Psalm.  Die woorde Jahwe (vers 17,21), Jah (afkorting van Jahwe – vers 5,19), Elôhîm (vers 1 vv), El (afkorting van Elôhîm – vers 20), Adonai (=Here – vers 18), Shaddai (= Almagtige – vers 15). Hy word ook “die een van Sinai” (vers 9), “Hy wat op die wolke ry” (vers 5), “Vader vir weeskinders” (vers 6), “Beskermer van weduwees” (vers 6), “(God) ons hulp” (vers 20), “(God) wat ons red” (vers 21), “Hy wat ry deur die hemele” (vers 34), en “(God) van Israel” (vers 36) genoem.  Die Psalm maak dus ’n punt daarvan om God se omvangryke betekenis vir alles selfs al in die name wat vir Hom gekies word, te beklemtoon. Jy kan dus een (of almal )van hierdie name of beskrywings gebruik om oor die betekenis wat Hy vir jou inhou, na te dink. In die tweede plek kan jy veral hierdie laaste deel van die Psalm gebruik om oor die invloed van God onder die nasies en die koninkryke van die aarde na te dink en dit as jou gebed gebruik dat sy koninkryk sal  kom oor die hele aarde: “Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God. Sing lofsange tot eer van die Here.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 68:12-24

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die tweede deel word God se oorwinning van sy volk se vyande in die land Kanaän verheerlik met die berg Basan as simbool van dié vyandskap (vers 12-24). Die tyd van die Rigters word in herinnering geroep met die verwysing na ’n groot leër en magtige konings wat gevlug het “toe die Almagtige die konings uitmekaargejaag het.”  In ’n verwysing na Ruben wat nie in die oorlog teen koning Jabin en die hoof van sy weermag, Sisera, saam met Debora en Barak geveg het nie, maar “by die saalsakke bly sit” het (Rigters 5:16) herroep Dawid die situasie dat God die oorlog vir hulle gewen het en ten spyte van Ruben hulle se verraad, die vroue tuis die buit kon verdeel (Rigters 5:30).  Die stamme Gilead, Dan en Aser het natuurlik ook nie saam geveg nie, wat dui op die moeite om die volk in sy geheel in daardie tyd saam te snoer.  God se ingrype toe staan ook in die teken daarvan dat Hy eenheid onder hulle wou bring. Ook die Salmonsberg word genoem in die tragiese konteks van die oordeel oor Abimelek, seun van die rigter Gibeon, wat sy 70 broers doodgemaak het om alleenregeerder te word, maar uiteindelik deur ’n vrou om die lewe gebring is (Rigters 9:48), soos wat Sisera natuurlik ook deur ’n vrou, Jael, doodgemaak is (Rigters 4:21).  Interessant dat die enigste twee verhale waar vroue ’n beduidende rol in die Rigterstyd gespeel het, hier aangehaal word!

Bid die Psalm

“Die Here het bekendgemaak: “’n Menigte vroue bring die goeie nuus. Konings en leërs het gevlug.” Hulle het gevlug, en vroue het tuis die buit verdeel. Waar julle eers by skaapkrale gewoon het, is julle nou oordek met silwer en goud soos ’n duif hom toemaak met sy vlerke. Toe die Almagtige die konings verstrooi, het ’n sneeustorm op Salmonsberg gewoed. Basanberg is ’n godeberg, ’n berg met hoë spitse is Basanberg. Berg met hoë spitse, hoekom kyk jy met afguns na die berg wat God as woning gekies het, daar waar die Here vir altyd sal woon? Met derduisende skitterende strydwaens van God het die Here vanaf Sinaiberg na sy heiligdom toe gekom. Toe U opgegaan het na die hoogte, het U krygsgevangenes weggevoer. Mense het vir U geskenke gegee, selfs dié wat teen U in opstand was. Nou sal die Here God onder ons kom woon. Prys die Here wat ons dag na dag in sy arms dra. Hy is die God van ons verlossing. Sela God is vir ons die God wat verlos! Die oppermagtige Here het beheer oor die dood. Immers, God self verpletter die koppe van sy vyande, die koppe van hulle wat in sonde volhard. Die Here sê: “Ek sal my vyande bring uit Basan; Ek sal hulle bring uit die dieptes van die see. Julle sal hulle bloed van julle voete afwas, en die bloed van julle vyande sal julle honde oplek!”” NLV

Boodskap en betekenis

Die berg Basan word hier gepersonifieer as die spits van die teenstand teen God in die Intog en verowering van die land Kanaän.  Basan was eintlik die naam van die koninkryk van koning Og, ’n Refaïet, wat op ’n massiewe bed van yster geslaap het wat vier meter lank en amper twee meter breed was.  Basan was een van die eerste dele wat Israel op pad die land in verower het (Deut. 3:1-11).  Die spesifieke berg waarna hier verwys word, kan moontlik die imposante berg Hermon wees wat in die streek van Basan geleë is (Deut. 3:8).  Basan word met rykdom en weelde geassosieer, veral vet koeie en sterk bulle, maar ook baie keer gebruik in beskrywings van mense wat nie met God rekening hou nie (Deut. 32:14; Eseg. 39:18; Amos 4:1; Ps. 22:13; Jes. 2:13; Jer. 22:20).  Hier word die berg as jaloers beskrywe oor die feit dat God ’n ander berg, Sion, as sy woonplek uitgekies het. Die beskrywing van God se intrek in die heiligdom word in die NT herinterpreteer met verwysing na Christus se Hemelvaart van waar Hy – anders as in die OT teks – gawes gee vir die mense (Ef. 4:8). Hier ontvang God geskenke selfs van dié mense wat teen Hom in opstand was. In ’n redelike grusame prentjie word God se hulp en bewaring in doodsgevaar geskets deur die kop van sy vyande, die kop van dié wat in hulle sonde volhard, te verpletter (vers 22).  In die midde daarvan is die ervaring van die volk: “Dag na dag dra Hy ons!” (vers 20).  Dit dien as ’n beskrywing van die veiligheid wat God vir die volk in die land gebring het met die Intog en Vestiging in die land Kanaän.  “Against all odds”!

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 68:1-11 

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 68 is ‘n Psalm van Dawid. Die beskrywing daarvan as ‘n “lied” saam met die aanhaling in vers 2 uit die lied wat Moses die volk aangeleer het wanneer hulle oorlog gevoer het (vgl. Num. 10:35-36: “As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.”), dui waarskynlik daarop dat die Psalm gebruik is met die terugkeer van die ark ná ‘n veldtog teen Israel se vyande waarin God hulle die oorwinning gegee het. Een van die maniere om die Psalm in te deel, is om drie van die berge wat in die teks genoem word as uitgangspunt te neem: Sinai (vers 9), Basan (vers 16) en Sion (vers 17).  Sion word wel nie by name genoem word nie, maar dit is uit vers 18, 25, 30, en 36 duidelik dat die tempelberg in Jerusalem, Sion, bedoel word.  Daar is natuurlik ook ’n vierde berg in die teks, Salmon, maar die berg het nie ’n wesenlike  organiserende betekenis nie en is slegs ’n historiese verwysing na gebeure in die Rigterstyd. Dit beteken dat die Psalm daarvolgens in drie dele verdeel kan word. Ons lees dit daarom ook oor drie dae. In die eerste deel word God se begeleiding van sy volk vanuit Egipte na Kanaän met die berg Sinai as transformasie-punt verheerlik (vers 2-11).

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Van Dawid. ’n Lied. God sal opstaan en sy vyande verstrooi. Laat dié wat Hom haat, voor Hom vlug. Soos wind rook wegblaas, so blaas U hulle weg. Soos was in vuur smelt, só vergaan goddeloses voor God. Maar die vromes sal verheug wees, hulle sal bly wees voor God, hulle sal jubel van vreugde. Sing tot God, lofsing sy Naam! Huldig Hom wat ry op die wolke. Sy Naam is Here – jubel voor Hom! ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees; dít is God in sy heilige woning. God gee aan die eensame ’n tuiste; dié wat gevange is, lei Hy na vryheid, maar opstandelinge woon in ’n verlate woestyn. O God, toe U u volk uitgelei het, toe U deur die woestyn getrek het, Sela het die aarde gebewe en die hemele het laat reën voor U, die God van Sinai, voor God, die God van Israel. O God, U het oorvloedige reëns gestuur om u uitgedorde erfdeel te verkwik. Daar het u volk hulle gaan vestig. In u goedheid het U, o God, ook vir die armes voorsien.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid loof die Here vir sy goedheid wat Hy gedemonstreer het in die wonder van die Uittog uit Egipte, die beskerming deur die woestyn  en die Intog in die land wat Hy beloof het.  Die groot dade van God in die verlede is die basis waarop vertroue in die hede en die toekoms gebou word. Dit is hierdie tipe Godsverskynings wat ’n impak het op goddeloses sowel as regverdiges. Aan die eenkant vernietig dit die goddeloses, omdat dit hulle besware teen God en teenstand teen God ontbloot, maar aan die ander kant verbly dit regverdiges, omdat God se verskynings hulle geloof en vertroue bevestig. Let op hoe Dawid God loof vir die deernis wat Hy het met die swakkes in die gemeenskap. Hy roep die geloofsgemeenskap op om ’n lied tot eer van God te sing en te jubel oor sy omgee vir weeskinders en weduwees, vir eensames en gevangenes (waarskynlik gevangenes wat in ballingskap weggevoer is) – vers 5-7.  In die jubeling oor wie God is, lê natuurlik ook al ’n bewussyn opgesluit van hoe ons wat sy kinders is, ook moet wees en moet optree teenoor sulke mense. Die beskrywing van God “wat op die wolke ry” herinner ons aan die tyd in die woestyn waar die wolkkolom by dag en die vuurkolom by nag God se teenwoordigheid by die volk gesimboliseer het. Let ook op hoe die opstandelinge se lot daarenteen beskryf word as ’n verblyf in ’n “kaal woestyn”, d.w.s. ’n plek waar God nie is nie. Die tyd in die woestyn na die Uittog uit Egipte word in gloeiende terme in herinnering geroep – vers 8-9 (vgl. Rigters 5:4–5 waar Debora in dieselfde terme daaroor sing).  Die Intog in die Beloofde land Kanaän word met die metafoor geteken van God wat oorvloedige reëns laat uitsak en die verdorde land weer lewe gee, sodat Sy eie volk daar kon gaan woon (vers 10-11).  God se goedheid het vir dié hulpelose volk ’n bestaansruimte verskaf.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 67

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 67 is ook ‘n Psalm vir die nasies. Dit onderstreep die feit dat God mense seën om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer.  Let op hoe die gebed in vers 2-3 albei kante insluit: “Mag God ons genadig wees… sodat u werke bekend kan word oor die aarde.”  God se seën is bedoel om Sy teenwoordigheid op aarde bekend te stel en as ’n teken daarvan te dien, soos die vorige Psalm dit ook in terme van gebedsverhoring uitgespel het. Die opgewonde verwagting van God se ingrype en verbintenis om daarvan te vertel, lei tot ’n verdere dubbel-herhaalde gebed (vers 4 en 6) dat dié dade van God mag lei daartoe dat alle nasies Hom sal loof. Die spits daarvan is: Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke! (vers 5).

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met snarespel. ’n Psalm. ’n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën. Mag sy goedheid oor ons skyn Sela sodat u werke bekend kan word oor die aarde, u reddende krag onder al die nasies. Mag die volke U prys, o God, mag al die nasies U loof. Laat die nasies bly wees en sing van vreugde, want met billikheid regeer U die volke en lei U die nasies op die aarde. Sela Mag die volke U prys, o God. Mag al die volke U loof. Die aarde het oeste gelewer. God, ons God, sal ons seën. God sal ons seën, en mense oor die hele aarde sal Hom dien.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie is ’n Psalm wat in ’n neutedop saamvat wat God se doel is met alle nasies. God seën mense om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer. Die Psalm eindig met lof vir die wyse waarop God ook in die land sy seën laat blyk met die oes op die regte tyd. Maar selfs dít is bedoel as getuienis van God se teenwoordigheid vir die mense op die hele aarde! Jesus sluit ook by dié gedagtegang aan in sy Bergrede, maar neem dit nog ’n stappie verder: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;  seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.  As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.” (Matt. 6:27-31).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar