Vandag is ‘n korter deel van Prediker. Lees daarom vir feite, onveranderlikhede en vreugdes en kies weereens een daarvan om oor na te dink, daaroor te bid en jou aan God toe te wy.
Die wanbalans tussen reg en onreg Vers 16 begin ‘n nuwe oorsig (Verder …) waarin die Prediker die wanbalans tussen reg en onreg beskou en raaksien dat korrupsie baie keer die oorhand kry. Dit is iets waarop hy weer sal terugkom (5:7-8). Hoewel hy tog dink dat God in staat is om uiteindelik reg te laat geskied, gebeur dit ook op Sy tyd, en nie op die tyd wat ons dit verwag nie. Die wiele van geregtigheid draai dus stadig, hoewel dit ’n skrale troos is vir dié wat nie die voorreg beleef om die regstelling te sien nie. Die wanbalans tussen reg en onreg word dus meer op die langtermyn reggestel as op die kort- of mediumtermyn.
Die Prediker gee in hoofstuk 3:1-15 ‘n uitgebreide oorsig oor hoe die ritmes van die lewe mekaar opvolg, en afwissel, maar vind nie blywende sin daar in nie (gesien uit die hoek van die onafwendbaarheid van die dood).
Dit is wonderlik as daar nuwe lewe is, die dag dat jy gebore word … maar net so wonderlik as wat die lewe is, net so seker is die feit dat daar ook ’n tyd kom om te sterwe, waar dit wat in jou lewe tot stand gekom het, aan ander oorgelaat word, en jy nie meer daar is nie. Dit kom dus tot niks.
Die Prediker beskryf in hierdie deel die harde werklikheid van die lewe aan die hand van twee persoonlike eksperimente (let op die “ek”-taal): ‘n lewe van plesier en vreugde, en ‘n lewe van wysheid versus dwaasheid. Die eksperimente slaag egter nie die toets nie; Alles kom tot niks, hoewel hy afsluit met die klein sprankie hoop dat genot ‘n gawe uit God se hand kan wees.
‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
One must face facts;
One must learn to live with what cannot be changed;
One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.
Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:
feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).
Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):
diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
Die verhaal van Salomo word voortgesit met klem op sy wysheid en voorspoed. ’n Tema wat uiteindelik tot sy afvalligheid aanleiding sou gee, word egter ook aangeraak in hfst. 3, sy huwelik met Farao se dogter. Salomo was lief vir uitlandse vroue en hulle afgode sou hom verlei om hulle te aanbid.
Let op dat Salomo steeds op die hoogtes offer, hier by die vernaamste een in Gibeon. Dit was ook die plek waar die tent van ontmoeting (2 Kronieke 1:2-13) was. Dit is betekenisvol dat dit juis hier is waar die Here in die droom aan Salomo verskyn.
Salomo wys sy liefde vir die Here deur gehoorsaam te wees aan die opdragte van sy pa. Let op hoe hy Dawid ook in sy droomgesprek met die Here erken en respekteer.
Hy vra vir gehoorsaamheid aan God dat hy reg sal regeer en in alles insig sal hê. Gehoorsaamheid in die oorspronklike beteken eintlik ’n “luisterryke hart” of soos die NIV vertaal “discerning heart”.
God gee daarmee vir hom die ander goed ook, dié dinge wat hy nie gevra het nie.
Daarna keer hy terug na Jerusalem toe en bring sy offers daar.
En die wysheid wat God gee is onmiddellik sigbaar met die uitspraak wat hy gee in die geval van die seuntjie wat doodgelê is. Dit verleen hom hoë agting in die oë van die volk as ’n man wat Goddelike wysheid het. Hy raak bekend vir sy spreuke, liedere en gedigte in die hele Midde-Ooste (4:29-34). Let op hoe die onderwerpe waaroor hy skrywe ook die aarde en die skoonheid van plant en dier insluit.
Twee van die streekbestuurders was getroud met Salomo se dogters wat sy greep op die administrasie verklaar.
Die beloftes aan Abraham word waar: hfst. 4:20: “Juda en Israel was so baie soos die sand aan die see.” Interessant dat van hulle gesê word dat hulle gelukkig was.
Salomo het ’n groot huishouding gehad: 15 ton meel per dag, 30 beeste en 100 skape behalwe die wild en hoenders!
Salomo heers oor die grootste gebied van al die Israeliese konings. Hy verwesenlik die Abrahamitiese droom om die land te besit van Dan tot Berseba. Die ideaal van “elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit” (4:25) word bereik en bly ook die ideaal waaraan die profete die toekoms meet.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar