Skip to main content

Tag: wysheid

Prediker 3:16-22 – Die sin van vreugde in jou werk

Vandag is ‘n korter deel van Prediker.  Lees daarom vir feite, onveranderlikhede en vreugdes en kies weereens een daarvan om oor na te dink, daaroor te bid en jou aan God toe te wy.

Die wanbalans tussen reg en onreg
Vers 16 begin ‘n nuwe oorsig (Verder …) waarin die Prediker die wanbalans tussen reg en onreg beskou en raaksien dat korrupsie baie keer die oorhand kry. Dit is iets waarop hy weer sal terugkom (5:7-8).  Hoewel hy tog dink dat God in staat is om uiteindelik reg te laat geskied, gebeur dit ook op Sy tyd, en nie op die tyd wat ons dit verwag nie. Die wiele van geregtigheid draai dus stadig, hoewel dit ’n skrale troos is vir dié wat nie die voorreg beleef om die regstelling te sien nie.  Die wanbalans tussen reg en onreg word dus meer op die langtermyn reggestel as op die kort- of mediumtermyn.

Continue reading

Prediker 3:1-15 – Daar is nie blywende sin in die ritmes van die lewe nie

Die Prediker gee in hoofstuk 3:1-15 ‘n uitgebreide oorsig oor hoe die ritmes van die lewe mekaar opvolg, en afwissel, maar vind nie blywende sin daar in nie (gesien uit die hoek van die onafwendbaarheid van die dood).
  • Dit is wonderlik as daar nuwe lewe is, die dag dat jy gebore word … maar net so wonderlik as wat die lewe is, net so seker is die feit dat daar ook ’n tyd kom om te sterwe, waar dit wat in jou lewe tot stand gekom het, aan ander oorgelaat word, en jy nie meer daar is nie.  Dit kom dus tot niks.

Continue reading

Prediker 1:12-2:26 – Niks bevredig werklik nie, net gawes uit die hand van God

Die Prediker beskryf in hierdie deel die harde werklikheid van die lewe aan die hand van twee persoonlike eksperimente (let op die “ek”-taal): ‘n lewe van plesier en vreugde, en ‘n lewe van wysheid versus dwaasheid.  Die eksperimente slaag egter nie die toets nie; Alles kom tot niks, hoewel hy afsluit met die klein sprankie hoop dat genot ‘n gawe uit God se hand kan wees.

Continue reading

Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie.

Lees vir feite, onveranderlikhede en vreugdes

‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
  1. One must face facts;
  2. One must learn to live with what cannot be changed;
  3. One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.

Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:

  1. feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
  2. onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
  3. vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).

Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):

  1. diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
  2. met die Here daaroor te gesels in gebed, en
  3. jou lewe daarop te baseer of daaraan toe te wy.

Dit kan (en sal!) jou lewe verander.

Continue reading

1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here

Die verhaal van Salomo word voortgesit met klem op sy wysheid en voorspoed.  ’n Tema wat uiteindelik tot sy afvalligheid aanleiding sou gee, word egter ook aangeraak in hfst. 3, sy huwelik met Farao se dogter.  Salomo was lief vir uitlandse vroue en hulle afgode sou hom verlei om hulle te aanbid.

Let op dat Salomo steeds op die hoogtes offer, hier by die vernaamste een in Gibeon.  Dit was ook die plek waar die tent van ontmoeting (2 Kronieke 1:2-13) was.  Dit is betekenisvol dat dit juis hier is waar die Here in die droom aan Salomo verskyn.

Salomo wys sy liefde vir die Here deur gehoorsaam te wees aan die opdragte van sy pa.  Let op hoe hy Dawid ook in sy droomgesprek met die Here erken en respekteer.

Hy vra vir gehoorsaamheid aan God dat hy reg sal regeer en in alles insig sal hê.  Gehoorsaamheid in die oorspronklike beteken eintlik ’n “luisterryke hart” of soos die NIV vertaal “discerning heart”.

God gee daarmee vir hom die ander goed ook, dié dinge wat hy nie gevra het nie.

Daarna keer hy terug na Jerusalem toe en bring sy offers daar.

En die wysheid wat God gee is onmiddellik sigbaar met die uitspraak wat hy gee in die geval van die seuntjie wat doodgelê is.  Dit verleen hom hoë agting in die oë van die volk as ’n man wat Goddelike wysheid het.  Hy raak bekend vir sy spreuke, liedere en gedigte in die hele Midde-Ooste (4:29-34).  Let op hoe die onderwerpe waaroor hy skrywe ook die aarde en die skoonheid van plant en dier insluit.

Twee van die streekbestuurders was getroud met Salomo se dogters wat sy greep op die administrasie verklaar.

Die beloftes aan Abraham word waar: hfst. 4:20: “Juda en Israel was so baie soos die sand aan die see.”  Interessant dat van hulle gesê word dat hulle gelukkig was.

Salomo het ’n groot huishouding gehad: 15 ton meel per dag, 30 beeste en 100 skape behalwe die wild en hoenders!

Salomo heers oor die grootste gebied van al die Israeliese konings.  Hy verwesenlik die Abrahamitiese droom om die land te besit van Dan tot Berseba.  Die ideaal van “elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit” (4:25) word bereik en bly ook die ideaal waaraan die profete die toekoms meet.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda