Tag: Psalms
Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte
Psalm 114 is ‘n uitgelate jubeling oor die Uittog uit Egipte en die Intog in die Beloofde Land. ‘n Mens kan jou goed voorstel hoe dié Psalm responsories gesing is tussen bv. die priesters en die volk, of selfs deur ‘n familie by die Paasmaaltyd. Só is nie net die vreugde van die verlossing in die verlede in herinnering geroep nie, maar op ‘n speelse manier die wonder daarvan vir die kinders geleer.
Nou, ná die ballingskap, het dit nuwe betekenis gekry. Die Uittog uit Babel het die herinnering aan die vorige Uittog uit Egipte lewend gehou, en nuwe bevestiging vir hulle gegee dat God dit goed bedoel met hulle.
Let op die herhaling van vers 3-4 in vers 5-6 wat goed sou pas in ‘n gesprek tussen ouers en hulle kinders. Omdat die Psalm so kort is, plaas ek dit hier in responsoriese vorm sodat jy die digterlike speelse manier om met hierdie groot gebeure om te gaan, kan waardeer (in my verbeelding ‘n pa en sy kinders):
Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan
Dié Psalm is vir my: “Hanna se lied,” die onvrugbare vrou aan wie die Here vir Samuel gegee het (1 Sam. 2). Dit is ook die derde Hallelujalied (Ps. 111-113) wat die volk oproep om die Here in absolute uitbundigheid te loof.
Die Psalm roep almal onder die son op om die Here te prys vir sy heerskappy en majesteit (113:4-6). God illustreer dit immers in sy genade wat hulpeloses verhef (113:7-8) en kinders aan ‘n kinderlose gee (113:9). So maak van Hy haar huis ‘n tuiste, en maak van ‘n onvrugbare vrou: “’n gelukkige ma van kinders”! Daarom moet almal die Here prys: “van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.” (113:1-3).
Dit is dan ook die drie dele van die Psalm.
Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding
Psalm 112 is soos 111 ‘n akrostiese Psalm. Elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit gee 22 reëls vir elke letter van die alfabet. Dit is ook ‘n Hallelujalied soos Psalm 111 en 113 dit ook is.
Psalm 112 en 111 kom baie ooreen in inhoud met die fokus op bv. regverdigheid, genade, barmhartigheid, en voorsienigheid. In Psalm 111 word dit as God se karakter en werk beskryf. In Psalm 112 word dit nou as die gelowige se karakter en werk beskryf. Waar Ps. 111 gesê het dat God self sal sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie, word dit in Psalm 112 van die gelowige gesê: “‘n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.” Dieselfde geld voorsiening. In Psalm 111 is dit God wat voorsien. In Psalm 112 is dit die “goedhartige” wat uitleen en al sy sake reg bestuur.
Die twee Psalms is dus keersye van mekaar. Wat van God in die een gesê word, word van die gelowiges in die ander gesê.
Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar
Psalm 111 en 112 is akrostiese Psalms. Dit beteken elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit gee 22 reëls vir elke letter van die alfabet. Dit is ook ‘n Hallelujalied soos Psalm 112 en 113 dit ook is.
Psalm 111 en 112 kom baie ooreen in inhoud met die fokus op bv. regverdigheid, genade, barmhartigheid, en voorsienigheid. In Psalm 111 word dit as God se karakter en werk beskryf. In Psalm 112 word dit as die gelowige se karakter en werk beskryf. In Psalm 111 sê die Psalmis dat God self sal sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. In Psalm 112 word dit van die gelowige gesê: “‘n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.” In Psalm 111 is dit God wat voorsien. In Psalm 112 is dit die “goedhartige” wat uitleen en al sy sake reg bestuur.
Die twee Psalms is dus keersye van mekaar. Wat van God in die een gesê word, word van die gelowiges in die ander gesê.
Omdat die twee Psalms maklik gememoriseer kon word vanweë die alfabetiese begin, het dit dus as ‘n soort kortbegrip gefunksioneer om kinders nie net die alfabet te leer nie, maar die “ABC” van wie God is en wat Hy doen: “Groots is die werke van die Here, ‘n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.” Die volgende Psalm het hulle die “ABC” van wie gelowiges is en hoe hulle lewe, geleer.

Onlangse kommentaar