Hooglied 3:6-11 – Die huwelik is ryk aan betekenis
Indeling
Indeling
Weereens gee Paulus sy eie mening, hoewel hy dit as betroubaar (vers 25) – deur die genade van die Here – beskrywe en hom beroep op die feit dat hy ook die Gees het (vers 40). Maar hy relativeer dit deur sy mening te onderskei van ’n direkte bevel van die Here.
En hier praat hy nou oor die ongetroudes (parthenos – maagde). Met die oog op die swaarkry van die eindtyd dink hy dit is beter om nie te trou nie. Maar as jy tog trou, doen jy nie verkeerd nie, jy maak dit net vir jou swaar. ’n Mens hoor hier van die soortgelyke gedagtes eggo wat Jesus geopper het oor swanger vroue in die eindtyd (Mark 13:17). Jesus sowel as Paulus het waarskynlik in die eerste plek die vervolging onder die Romeine in gedagte gehad.
Hy relativeer daarmee eintlik die hele gemeenskapslewe en maak dit ondergeskik aan ’n lewe vir die koninkryk. Selfs om iets vir jouself te koop, word gerelativeer, omdat hierdie wêreld soos ons ken aan die verbygaan is, en ons vry van sorge moet wees om aandag aan die koms van die koninkryk te gee. Die dinge van die Here moet voorop in ’n mens se gedagtes wees, nie die dinge van die wêreld, soos die huwelik en dergelike dinge nie. Ons aandag moenie verdeel wees nie.
Hoewel baie met Paulus sou kon verskil, sê hy hierdie dinge na sy mening tot ons beswil, nie om ons aan bande te lê nie, maar ons toewyding aan die Here te beskerm. Wie trou doen dus goed, maar wie nie trou nie, doen beter – aldus Paulus.
Paulus begin in hoofstuk 7 reageer op sake wat in ’n brief van die Korintiërs aan hom gerig is. In vers 1-24 hanteer hy die vraag oor die huwelik.
Let op dat hy aansluit by ’n gedagterigting wat blykbaar by die Korintiërs ontstaan het, dat dit goed is vir ’n man om sonder ’n vrou te lewe, dit wil sê sonder seks. Sommige het blykbaar selfs besluit het dat die huwelik nie strook met hulle opvatting van Christenwees nie en wou sonder seks in die huwelik lewe of dan skei om beter die Here te kan dien.
Daarom praat Paulus eers oor getroudes, en beveel aan dat hulle steeds in die huwelik sal bly, en steeds seksueel met mekaar sal verkeer in die huwelik, veral weens die gevaar van onsedelikheid. Ons liggame behoort wel aan God (6:19), maar in die huwelik ook aan ons huweliksmaat. Daarom moet huweliksmaats mekaar nie seksueel weier nie, behalwe om ’n (kort) tyd lank te bid. Die duiwel moet nie kans kry om hulle te verlei weens hulle gebrek aan selfbeheersing nie, veral nie in ’n stad wat so berug vir sy prostitusie was nie.
Dan spits hy hom toe op die wat voorheen getroud was, die wewenaars[1] en weduwees en werk basies met twee beginsels:
Die perspektief wat egter bo alles van God af kom, is, dat as jy getroud is, jy nie mag skei nie. Daarmee erken hy wat regdeur die Bybel as beginsel aangegee is, dat God nie wil hê huweliksmaats moet die band tussen hulle verbreek nie (vgl Jesus in Matt 19 bv. – dit sluit uiteraard dinge soos geweld en mishandeling uit). Let ook op dat hy werk met die beginsel van een man en een vrou (“elke man sy eie vrou en elke vrou haar eie man”), dws die monogame huwelik.
Dan spreek hy die probleem van ’n ongelowige maat in die huweliksverhouding aan, en sê basies dat die ongelowige, nie die gelowige nie!, die keuse het om te bly of te ry. Daar is ’n voordeel vir die ongelowige om te bly, maar die gelowige huweliksmaat is nie gebind aan die huwelik, as die ongelowige huweliksmaat wil skei nie. Daar is ook ’n voordeel vir die kinders, deurdat hulle in die sfeer van die Christelike gemeenskap groot word, en daardeur beïnvloed kan word. Anders sou hulle in ’n heidense omgewing grootword, wat eweneens ’n groot invloed op hulle sal hê.
[1] Paulus gebruik in vers 8 ‘n ander woord (agamos) vir “ongetroudes” as in vers 25 (parthenos – maagd), wat verskeie geleerdes laat vermoed dat hy eintlik in vers 8 van wewenaars praat, wat in die konteks beter pas in die lig van die gelykluidende raad wat hy vir die weduwees gee.
Onlangse kommentaar