Skip to main content

Spreuke 6:20-35 – Deur te hou by die verbod op owerspel sal jy die pad na die lewe vind

22 Julie

Spreuke 6:20-35 – Deur te hou by die verbod op owerspel sal jy die pad na die lewe vind

20My seun, hou by die gebod van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie. 21Bind dit voortdurend aan jou hart, bind dit om jou nek. 22Wanneer jy rondgaan, sal dit jou lei; wanneer jy slaap, sal dit oor jou wag hou; wanneer jy wakker word, sal dít jou besig hou. 23Want ‘n gebod is ‘n lamp, en onderrig is ‘n lig. Die pad na die lewe is teregwysing deur vermaning, 24om jou te beskerm teen ‘n slegte vrou, teen die gladde tong van ‘n vreemde vrou. 25Moenie haar skoonheid in jou hart begeer nie, en moenie toelaat dat sy jou vang met haar wimpers nie. 26Ja, die prys vir ‘n prostituut is soveel as die prys van ‘n ronde brood, maar iemand anders se vrou – sy maak jag op ‘n kosbare lewe. 27Kan ‘n man vuur in die vou van sy kleed dra, maar sy klere raak nie aan die brand nie? 28As ‘n man op gloeiende kole loop, sal sy voete dan nie verskroei nie? 29So gaan dit met hom wat by die vrou van sy medemens ingaan. Niemand wat haar aanraak, sal ongestraf bly nie. 30Verag mense nie ‘n dief as hy steel nie, al is dit om sy eetlus te bevredig wanneer hy honger is? 31En word hy uitgevang, moet hy dit sewevoudig vergoed; al die besittings in sy huis moet hy dan oorhandig. 32Hy wat owerspel pleeg met ‘n vrou, is sonder verstand; wie sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets. 33Slae en skande sal hy op die lyf loop, en sy bespotting sal nie uitgewis word nie. 34Want jaloesie wek ‘n man se woede, en hy sal genadeloos wees op die dag van wraak. 35Hy sal nie geneë wees tot enige omkoopgeld nie, ook nie inwillig wanneer die afkoopsom verhoog word nie.

Hierdie gedeelte vorm deel van ‘n derde waarskuwing teen owerspel in die inleiding van die boek Spreuke (Spr 6:20-7:27; vgl die eerste twee in Spr 2:16-19; 5:3-23). Pa en ma werk saam om hulle kind van die erns hiervan te oortuig. Hulle begin met ‘n reeks beloftes wat hom moet oortuig dat hulle verbod op owerspel ‘n lig op die pad na die lewe toe is. Dit is immers wat enige “gebod” en “onderrig” sy krag gee. Die belofte dat dit ‘n pad na die lewe is. Let op die vyf voordele wat hulle uitspel vir hom as hy hom sal hou aan hulle gebod en onderrig: dit sal jou lei; dit sal oor jou die wag hou; dit sal jou besig hou (voorwaar ‘n goeie een!); dit is ‘n lamp en ‘n lig vir jou pad; dit sal jou beskerm.

Maar, dit is net een kant van hulle onderrig. Die beloftes word opgevolg met grafiese waarskuwings. Hoekom? Want owerspel is nie speletjies nie. Dit kan jou jou lewe kos. Die pa spel dan vier moontlike gevolge van owerspel uit wat ten doel het om hom die beloftes van lewe te laat aangryp deur hom aan die gebod van sy pa en die onderrig van sy ma te hou:

  • Spreuke 6:27-29 – Jy kan gestraf word as jy met ‘n ander man se vrou lol – Met treffende beelde word die problematiek van owerspel geskets. Jy sal jou voete verbrand as jy met haar lol. Dit sal wees asof jy op kole probeer loop. Jy sal nie slaag nie. Jy sal jou voete verbrand. Dit kan ook lei tot ‘n straf deur die gemeenskap waarvan hy nie vry sal kom nie.
  • Spreuke 6:30-31 – Owerspel kan jou alles kos wat jy besit – Dit kan jou alles kos wat jy besit, omdat jy metafories as ‘n dief gereken sal word.
  • Spreuke 6:32-33 – Die skande kan jou lewe in die gemeenskap verwoes – Die skande in die gemeenskap kan jou lewe verwoes. Jy sal verwerp word deur almal wat die regte pad wil loop.
  • Spreuke 6:34-35 – Owerspel kan jou jou lewe kos – Die woede van die vrou se man kan jou jou lewe kos.

Lees meer: https://bybelskool.com/spreuke-620-727-pasop-vir-owerspel/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.