Skip to main content

Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie

6 Maart

Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie

5Moses skryf immers van die geregtigheid wat op grond van die wet verkry word: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal hierdeur leef.” 6Maar die regverdiging deur die geloof word so verwoord: “Moenie in jou hart sê, ‘Wie sal na die hemel opgaan?’ ” – met die bedoeling om Christus af te bring – 7“of, ‘Wie sal na die onpeilbare diepte afdaal?’ ” – met die bedoeling om Christus uit die dood terug te bring nie. 8Nee, wat sê dit? “Hier by jou is die woord, in jou mond en in jou hart” – dit is die woord van geloof wat ons verkondig. 9Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en jy glo met jou hart dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. 10Want met die hart glo ons, en word so regverdig verklaar; met die mond bely ons, en word so verlos. 11Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” 12Dit maak inderdaad geen verskil of jy ‘n Jood of ‘n Griek is nie. Ons het almal dieselfde Here, en Hy deel sy rykdom uit aan almal wat Hom aanroep. 13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.

Na Paulus in Romeine 1-8 met soveel oorgawe oor die verlossing geskryf het wat vir alle mense geld, is dit heel natuurlik om te wonder oor die toekoms van die Jode. Paulus wy daarom in 3 hoofstukke uitvoerig daaroor uit. Paulus begin in hoofstuk 9 met die gedagte dat blote bloedverwantskap nie die deurslag gee in die geestelike lewe nie. Gelowiges is kinders van die belofte en nie blote vleeslike kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore word nie. Trouens, God roep uit die Joodse volk sowel as uit ander nasies mense om sy kinders te wees. Want, God se genade kan nie deur wetsgehoorsaamheid verkry word nie. Daarvoor is mense net te sondig. God se genade kan net deur die geloof ontvang word. Dit geld die Jode sowel as die heidene.

Paulus motiveer hierdie boodskap uit die Skrif. Eerstens is dit die boodskap wat Moses vir die volk gebring het in die 15de eeu vC net voor hulle die Beloofde land ingeneem het. Die woorde van die wet en sy bepalinge wat hy in sy drie preke van die boek Deuteronomium aan hulle oorgedra het, is die woorde van geloof wat naby hulle is. God het elke detail daarvan vir hulle bekend gemaak. Trouens, sy oordrag aan hulle het die boodskap daarvan in hulle mond en in hulle hart geplaas (vgl Deut 30:12-14). Hulle kan hierdie woorde van God dus vertrou. Tweedens is dit die boodskap wat Jesaja in die 8ste eeu vC vir die volk gebring het, selfs met die dreigende ballingskap. Niemand wat God vertrou, sal ooit beskaam word nie (vgl Jes 28:16). Derdens is dit die boodskap wat Joël ook gebring het wat vir alle nasies geld. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word, het hy reeds in die 6de eeu vC gesê (vgl Joël 2:32).

Let op hoe Paulus belydenis en geloof as twee kante van dieselfde munt skets. Dit is baie keer eers wanneer jy bely dat jou geloof tot sy reg kom. Of van die ander kant af gestel, dit is eers wanneer jy glo, dat jy die Here Jesus kan bely. Die verkiesing tot die ewige lewe vind dus plaas in Christus en in die geskiedenis. Dit wentel om vertroue in Hom. En dit is ‘n woord van geloof wat naby aan ons almal is in die vorm van die openbaring van God in Christus. Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Elkeen wat die Naam van die Here Jesus aanroep, sal gered word. Daarop kan ons staatmaak.

Lees meer ( ‘n vorige preek van my): https://ngkerksomerstrand.co.za/rom-108-13-die-bybel-is-n-stem-in-ons-hart-en-mond-son-24-jan-2010/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.