Skip to main content

Psalm 37:1-11, 39-40 – Vind jou vreugde in die Here, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer

15 Februarie

Psalm 37:1-11, 39-40 – Vind jou vreugde in die Here, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer

1Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor die kwaaddoeners nie; moenie afgunstig wees op hulle wat kwaadwillig optree nie, 2want soos gras verdor hulle vinnig, en soos groen plante verwelk hulle. 3Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid. 4Vind jou vreugde in die Here, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer.  5Vertrou jou lewenspad aan die Here toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree. 6Hy sal jou geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middagson.  7Wees stil voor die Here, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor ‘n mens wat komplotte smee nie.  8Moenie kwaad word nie en laat vaar die woede; moet jou nie ontstel nie, dit bring net kwaad. 9Want kwaaddoeners sal vernietig word, maar wie op die Here wag – hulle sal die land besit.  10Nog net ‘n rukkie, dan sal daar geen goddelose meer wees nie. Jy sal sy plek dophou, maar hy sal nie daar wees nie. 11Die verdruktes sal die land besit en hulle verlustig in die oorvloed vrede …  39Regverdiges se verlossing kom van die Here – hulle toevlug in ‘n tyd van verdrukking. 40Die Here help hulle en bevry hulle. Hy bevry hulle van goddeloses en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.

Twee maniere van leef word in hierdie wysheid Psalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddeloses (kwaaddoeners) wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowiges (regverdiges) wat dit wel doen (vgl Ps 1). Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe. Om jou vreugde te vind in die Here en die lewe in sy teenwoordigheid. Om jou behoeftes aan Hom bekend te maak, en op sy gawes te vertrou. Want, dit is dan dat jy sal ervaar dat God se belofte om in jou behoeftes te voorsien, vervul sal word. Dwaasheid is egter om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe. Die uiteinde van só ‘n lewe is gebrek en die dood, want God laat só ‘n mens oor aan sy behoefte om niks met God te doene te hê nie. As jy sonder God wil lewe, laat Hy jou uiteindelik begaan en onttrek Hy sy teenwoordigheid en sorg.

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie. Hulle lei onder skelms en skurke (vers 1, 7, 9), het te kampe met onregverdige beskuldigings (vers 6), en ly onder verdrukking (vers 11). Die Psalm wil hulle dus help teen een van die groot versoekings vir gelowiges – om jou eie kop te volg, om die reg in eie hand te neem – as jy onder druk verkeer. Die wyse weg, sê Dawid, is om ten spyte van alles voort te gaan om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4), want dit is Hy wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5). Eksterne faktore moet nie lei tot ’n versaking van die pad van die Here nie. Eerder ’n meer nougesette fokus op die handhawing nie net van die innerlike verbintenis aan die Here nie, maar ook van die lewenstyl wat Hy van ons vra.

Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses (vgl Ps 73). Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers 7). Dat nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8). Omdat dit uiteindelik net ellende bring. Soos Paulus skryf: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend, en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7). Bring jou hart dus tot rus voor die Here deur jou vreugde in Hom te vind en Hom te vertrou vir die vervulling van jou behoeftes.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-37-wysheid-le-in-n-god-gesentreerde-lewe/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.