Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve

Die boodskap van die eerste ses Kleiner Profete

prayer-shawlWat die eerste ses Kleiner Profete tot dusver gesamentlik gesê het, is dat wat in die Godsverhouding tussen Hom en mense gebeur, ‘n impak het op hulle voorspoed en selfs hulle voortbestaan – ten goede en/of ten kwade. Aan Hóm moet hulle lojaal wees en bly in hulle liefde. Na Hóm moet hulle begeerte wees. Aan Hóm moet hulle in alles gehoorsaam bly.

Maar wat die profete net so sterk op die tafel sit is dat dié verhouding medebepaal word deur die wyse waarop mense in die gemeenskap teenoor mekaar optree. Sosiale geregtigheid en deernis met die weerloses is onafskeidbaar deel van die Godsverhouding. Trouens, dit is ook nie net van toepassing op die Godsvolk alleen nie. God verwag van alle mense om te doen wat reg is, troue liefde aan mekaar te bewys terwyl hulle noulettend die pad saam met God loop.

Inleiding

Die profeet Nahum, tydgenoot van Jeremia en Sefanja, word as Elkosiet aan ons bekendgestel, d.w.s afkomstig van die dorpie Elkos, moontlik in Noord-Galilea volgens die geskiedskrywer Hiëronimus. Sy beskrywings van die stad Nineve, asook twee moontlike Assiriese leenwoorde (“mense aan jou hof”, en “amptenare” – 3:17), getuig egter volgens sommige geleerdes van ‘n deeglik genoeg kennis van die stad dat hy moontlik daar gebly het, moontlik ’n nasaat van mense wat weggevoer is met die ballingskap van die noordelike tienstamme ryk (2 Kon. 15). Ons weet egter nie genoeg oor hom om met groter sekerheid daarop uit te brei nie. Hy sou ook dié profesieë in Juda kon gelewer het.

Nahum is die sewende boek in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, en bevat ‘n grusaam-helder boodskap van God se finale oordeel oor Nineve, die hoofstad van die Assiriërs. Dit word as ‘n troosboodskap aan die mense van Juda aangebied: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.” (1:15).

Indien aanvaar word dat die verhaal van Nineve se bekering in die tyd van Jona histories korrek was – soos Joodse geskiedskrywing dit aanbied in Tobit en die Jerusalemse Talmoed (hier is skakels na die onderskeie Engelse tekste daarvan by Ebible en CDL ) – was dié bekering óf halfhartig óf het dit nie vir lank gehou nie. Die oordeel van Jona, al het hy nie gelewe om dit te aanskou nie, het dus wel in vervulling gegaan, soos Nahum dit voorspel.

Die historisiteit van Jona se verhaal al dan nie, verander egter nie wesenlik aan die boodskap van Nahum nie. Nahum se boodskap is nie afhanklik van ondersteunende getuienis van die ander profete nie. Dit staan selfstandig as boodskap van God wat in die konkrete geskiedenis van die wêreldpolitiek van sy tyd vervul is met die val van Nineve in 612 v.C.

Wat belangrik is om te onthou, is dat Assirië op die kruin van hulle mag is met die lewering van hierdie profesieë.  Die Here sê egter oor hulle: “Al was hulle ook in volle sterkte, so baie as wat hulle was, soveel is afgemaai. En hy het verdwyn.” (1:12).

Nahum laat hom dus nie beïnvloed deur die oënskynlik onaantasbare mag van die wêreldmag van die Assiriërs nie. Hy luister na die beoordeling van die Here, en verkondig hulle val, vóórdat enigiets daarvan sigbaar raak.

Indeling

Nahum se boek getuig van ‘n woordkunstenaar wat uitnemende digterlike beelde inspan om sy boodskap oor te dra. Vergelyk bv. die afwagting wat 2:1 skep vir die val van Nineve:

Iemand wat uitmekaar jaag,
trek teen jou op.
Bewaak die vesting,
hou die pad dop,
gord die heupe vas;
monster alle kragte!

Ons gaan dié drie hoofstukke as volg lees:

  • 1:1-15 – Die Here sorg vir wie by Hom skuil
  • 2:1-13 – Die Here jaag Nineve uitmekaar
  • 3:1-19 – Die Here maak Nineve ‘n toonbeeld van vernedering

Nahum


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: