Skip to main content

Nahum – God voltrek sy oordeel oor Nineve

Die boodskap van die eerste ses Kleiner Profete

prayer-shawlWat die eerste ses Kleiner Profete tot dusver gesamentlik gesê het, is dat wat in die Godsverhouding tussen Hom en mense gebeur, ‘n impak het op hulle voorspoed en selfs hulle voortbestaan – ten goede en/of ten kwade. Aan Hóm moet hulle lojaal wees en bly in hulle liefde. Na Hóm moet hulle begeerte wees. Aan Hóm moet hulle in alles gehoorsaam bly.

Maar wat die profete net so sterk op die tafel sit is dat dié verhouding medebepaal word deur die wyse waarop mense in die gemeenskap teenoor mekaar optree. Sosiale geregtigheid en deernis met die weerloses is onafskeidbaar deel van die Godsverhouding. Trouens, dit is ook nie net van toepassing op die Godsvolk alleen nie. God verwag van alle mense om te doen wat reg is, troue liefde aan mekaar te bewys terwyl hulle noulettend die pad saam met God loop.

Inleiding

Die profeet Nahum, tydgenoot van Jeremia en Sefanja, word as Elkosiet aan ons bekendgestel, d.w.s afkomstig van die dorpie Elkos, moontlik in Noord-Galilea volgens die geskiedskrywer Hiëronimus. Sy beskrywings van die stad Nineve, asook twee moontlike Assiriese leenwoorde (“mense aan jou hof”, en “amptenare” – 3:17), getuig egter volgens sommige geleerdes van ‘n deeglik genoeg kennis van die stad dat hy moontlik daar gebly het, moontlik ’n nasaat van mense wat weggevoer is met die ballingskap van die noordelike tienstamme ryk (2 Kon. 15). Ons weet egter nie genoeg oor hom om met groter sekerheid daarop uit te brei nie. Hy sou ook dié profesieë in Juda kon gelewer het.

Nahum is die sewende boek in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, en bevat ‘n grusaam-helder boodskap van God se finale oordeel oor Nineve, die hoofstad van die Assiriërs. Dit word as ‘n troosboodskap aan die mense van Juda aangebied: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.” (1:15).

Indien aanvaar word dat die verhaal van Nineve se bekering in die tyd van Jona histories korrek was – soos Joodse geskiedskrywing dit aanbied in Tobit en die Jerusalemse Talmoed (hier is skakels na die onderskeie Engelse tekste daarvan by Ebible en CDL ) – was dié bekering óf halfhartig óf het dit nie vir lank gehou nie. Die oordeel van Jona, al het hy nie gelewe om dit te aanskou nie, het dus wel in vervulling gegaan, soos Nahum dit voorspel.

Die historisiteit van Jona se verhaal al dan nie, verander egter nie wesenlik aan die boodskap van Nahum nie. Nahum se boodskap is nie afhanklik van ondersteunende getuienis van die ander profete nie. Dit staan selfstandig as boodskap van God wat in die konkrete geskiedenis van die wêreldpolitiek van sy tyd vervul is met die val van Nineve in 612 v.C.

Wat belangrik is om te onthou, is dat Assirië op die kruin van hulle mag is met die lewering van hierdie profesieë.  Die Here sê egter oor hulle: “Al was hulle ook in volle sterkte, so baie as wat hulle was, soveel is afgemaai. En hy het verdwyn.” (1:12).

Nahum laat hom dus nie beïnvloed deur die oënskynlik onaantasbare mag van die wêreldmag van die Assiriërs nie. Hy luister na die beoordeling van die Here, en verkondig hulle val, vóórdat enigiets daarvan sigbaar raak.

Indeling

Nahum se boek getuig van ‘n woordkunstenaar wat uitnemende digterlike beelde inspan om sy boodskap oor te dra. Vergelyk bv. die afwagting wat 2:1 skep vir die val van Nineve:

Iemand wat uitmekaar jaag,
trek teen jou op.
Bewaak die vesting,
hou die pad dop,
gord die heupe vas;
monster alle kragte!

Ons gaan dié drie hoofstukke as volg lees:

  • 1:1-15 – Die Here sorg vir wie by Hom skuil
  • 2:1-13 – Die Here jaag Nineve uitmekaar
  • 3:1-19 – Die Here maak Nineve ‘n toonbeeld van vernedering

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Nahum


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders