Die boek van Nahum word afgesluit met ‘n beskrywing van die grusame nederlaag wat Nineve en die Assiriërs gaan tref en die skandelike vernedering waaraan hulle blootgestel gaan word (3:1-7). ‘n Sarkastiese spotlied word oor hulle aangehef wat hulle oproep om hulle te verweer teen die aanslag, in die volle wete dat dit verniet sal wees (3:9-19).
Die hoofstuk word afgesluit met ‘n retoriese vraag wat God se deernis met almal wat onder die magspolitiek van die regerings van die wêreld deurloop, illustreer. God se lankmoedige en deernisvolle karakter met mense word daarmee aan sy vermoë om onreg en korrupsie reg te stel, gekoppel. God se redding en sy oordeel is kante van dieselfde munt.
Nahum voorspel die val van Nineve, die hoofstad van die Assiriërs: “Daar kom iemand wat jou sal verjaag, Nineve.” Hierdie voorspelling het waar geword in 612 v.C. toe ‘n koalisie van ‘n hele aantal magte teen Assirië in opstand gekom en hulle oorwin het. Dit was ‘n leërmag van onder andere Meders, Perse, Galdeërs, Babiloniërs en nog ander. Die Galdeërs van Nabopolassar het hierna vanuit Babilon regeer en die volgende wêreldmag geword. Nebukadnesar, Nabopolassar se seun, sou in 604 v.C. sy pa opvolg en verantwoordelik wees vir die uiteindelike ballingskap van Juda in 597 en 586 v.C., hoewel dit iets is wat Nahum nie hier aanraak nie.
Nineve word opgeroep om hulleself te beskerm, maar dit is tevergeefs. Die Here gaan hulle verwoes – deur die nasies wat teen hulle in opstand kom – en Juda weer herstel deur die juk van die oorheerser van hulle af te werp.
Nahum begin in vers 1 om sy boek as ‘n profesie of uitspraak van die Here téén Nineve te tipeer. Dit bevat die openbaring van die Here van wat met hulle, sowel as met die Godsvolk, gaan gebeur.
God se liefde en oordeel word in die werklikheid voltrek – 1:2-8
Let op hoe dié boek begin met die prentjie van hoe God oor sy volk en sy mense voel: “Die Here is ‘n God wat baie begaan (jaloers of besitlik) is oor sy volk.” Sy gevoel vir die volk – sy jaloersheid of besitlikheid oor hulle – sluit in dat Hy Hom wreek op sy teëstanders, dié wat dit waag om téén Hom en daarmee ook teen sy volk in opstand te kom. Hulle word dus God se teëstanders omdat hulle die volk van Hom wil afrokkel. Dit is wat die jaloersheid of besitlikheid van God in wese beteken. Dit is om nie enige mededingers in sy verhouding met sy volk te duld nie. Daarom is jaloersheid in die Godsbeskrywing nie ‘n sonde nie, maar ‘n deugde.
Wat die eerste ses Kleiner Profete tot dusver gesamentlik gesê het, is dat wat in die Godsverhouding tussen Hom en mense gebeur, ‘n impak het op hulle voorspoed en selfs hulle voortbestaan – ten goede en/of ten kwade. Aan Hóm moet hulle lojaal wees en bly in hulle liefde. Na Hóm moet hulle begeerte wees. Aan Hóm moet hulle in alles gehoorsaam bly.
Maar wat die profete net so sterk op die tafel sit is dat dié verhouding medebepaal word deur die wyse waarop mense in die gemeenskap teenoor mekaar optree. Sosiale geregtigheid en deernis met die weerloses is onafskeidbaar deel van die Godsverhouding. Trouens, dit is ook nie net van toepassing op die Godsvolk alleen nie. God verwag van alle mense om te doen wat reg is, troue liefde aan mekaar te bewys terwyl hulle noulettend die pad saam met God loop.
Inleiding
Die profeet Nahum, tydgenoot van Jeremia en Sefanja, word as Elkosiet aan ons bekendgestel, d.w.s afkomstig van die dorpie Elkos, moontlik in Noord-Galilea volgens die geskiedskrywer Hiëronimus. Sy beskrywings van die stad Nineve, asook twee moontlike Assiriese leenwoorde (“mense aan jou hof”, en “amptenare” – 3:17), getuig egter volgens sommige geleerdes van ‘n deeglik genoeg kennis van die stad dat hy moontlik daar gebly het, moontlik ’n nasaat van mense wat weggevoer is met die ballingskap van die noordelike tienstamme ryk (2 Kon. 15). Ons weet egter nie genoeg oor hom om met groter sekerheid daarop uit te brei nie. Hy sou ook dié profesieë in Juda kon gelewer het.
Nahum is die sewende boek in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, en bevat ‘n grusaam-helder boodskap van God se finale oordeel oor Nineve, die hoofstad van die Assiriërs. Dit word as ‘n troosboodskap aan die mense van Juda aangebied: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.” (1:15).
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar