Die boek van Nahum word afgesluit met ‘n beskrywing van die grusame nederlaag wat Nineve en die Assiriërs gaan tref en die skandelike vernedering waaraan hulle blootgestel gaan word (3:1-7). ‘n Sarkastiese spotlied word oor hulle aangehef wat hulle oproep om hulle te verweer teen die aanslag, in die volle wete dat dit verniet sal wees (3:9-19).
Die hoofstuk word afgesluit met ‘n retoriese vraag wat God se deernis met almal wat onder die magspolitiek van die regerings van die wêreld deurloop, illustreer. God se lankmoedige en deernisvolle karakter met mense word daarmee aan sy vermoë om onreg en korrupsie reg te stel, gekoppel. God se redding en sy oordeel is kante van dieselfde munt.
Nahum voorspel die val van Nineve, die hoofstad van die Assiriërs: “Daar kom iemand wat jou sal verjaag, Nineve.” Hierdie voorspelling het waar geword in 612 v.C. toe ‘n koalisie van ‘n hele aantal magte teen Assirië in opstand gekom en hulle oorwin het. Dit was ‘n leërmag van onder andere Meders, Perse, Galdeërs, Babiloniërs en nog ander. Die Galdeërs van Nabopolassar het hierna vanuit Babilon regeer en die volgende wêreldmag geword. Nebukadnesar, Nabopolassar se seun, sou in 604 v.C. sy pa opvolg en verantwoordelik wees vir die uiteindelike ballingskap van Juda in 597 en 586 v.C., hoewel dit iets is wat Nahum nie hier aanraak nie.
Nineve word opgeroep om hulleself te beskerm, maar dit is tevergeefs. Die Here gaan hulle verwoes – deur die nasies wat teen hulle in opstand kom – en Juda weer herstel deur die juk van die oorheerser van hulle af te werp.
Nahum begin in vers 1 om sy boek as ‘n profesie of uitspraak van die Here téén Nineve te tipeer. Dit bevat die openbaring van die Here van wat met hulle, sowel as met die Godsvolk, gaan gebeur.
God se liefde en oordeel word in die werklikheid voltrek – 1:2-8
Let op hoe dié boek begin met die prentjie van hoe God oor sy volk en sy mense voel: “Die Here is ‘n God wat baie begaan (jaloers of besitlik) is oor sy volk.” Sy gevoel vir die volk – sy jaloersheid of besitlikheid oor hulle – sluit in dat Hy Hom wreek op sy teëstanders, dié wat dit waag om téén Hom en daarmee ook teen sy volk in opstand te kom. Hulle word dus God se teëstanders omdat hulle die volk van Hom wil afrokkel. Dit is wat die jaloersheid of besitlikheid van God in wese beteken. Dit is om nie enige mededingers in sy verhouding met sy volk te duld nie. Daarom is jaloersheid in die Godsbeskrywing nie ‘n sonde nie, maar ‘n deugde.
Wat die eerste ses Kleiner Profete tot dusver gesamentlik gesê het, is dat wat in die Godsverhouding tussen Hom en mense gebeur, ‘n impak het op hulle voorspoed en selfs hulle voortbestaan – ten goede en/of ten kwade. Aan Hóm moet hulle lojaal wees en bly in hulle liefde. Na Hóm moet hulle begeerte wees. Aan Hóm moet hulle in alles gehoorsaam bly.
Maar wat die profete net so sterk op die tafel sit is dat dié verhouding medebepaal word deur die wyse waarop mense in die gemeenskap teenoor mekaar optree. Sosiale geregtigheid en deernis met die weerloses is onafskeidbaar deel van die Godsverhouding. Trouens, dit is ook nie net van toepassing op die Godsvolk alleen nie. God verwag van alle mense om te doen wat reg is, troue liefde aan mekaar te bewys terwyl hulle noulettend die pad saam met God loop.
Inleiding
Die profeet Nahum, tydgenoot van Jeremia en Sefanja, word as Elkosiet aan ons bekendgestel, d.w.s afkomstig van die dorpie Elkos, moontlik in Noord-Galilea volgens die geskiedskrywer Hiëronimus. Sy beskrywings van die stad Nineve, asook twee moontlike Assiriese leenwoorde (“mense aan jou hof”, en “amptenare” – 3:17), getuig egter volgens sommige geleerdes van ‘n deeglik genoeg kennis van die stad dat hy moontlik daar gebly het, moontlik ’n nasaat van mense wat weggevoer is met die ballingskap van die noordelike tienstamme ryk (2 Kon. 15). Ons weet egter nie genoeg oor hom om met groter sekerheid daarop uit te brei nie. Hy sou ook dié profesieë in Juda kon gelewer het.
Nahum is die sewende boek in die ry van die Twaalf Kleiner Profete, en bevat ‘n grusaam-helder boodskap van God se finale oordeel oor Nineve, die hoofstad van die Assiriërs. Dit word as ‘n troosboodskap aan die mense van Juda aangebied: “Vier maar jou feeste, Juda! Betaal jou geloftes, want die booswigte sal nooit weer deur jou trek nie; hulle is almal uitgeroei.” (1:15).
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
sparklybc467b2e69onPsalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
sparklybc467b2e69onPsalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
Chris van WykonPsalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
Onlangse kommentaar