Skip to main content

Matteus 28:16-20 – Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd

7 Junie

Matteus 28:16-20 – Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd

16Die elf dissipels het na Galilea gegaan, na die berg waarheen Jesus hulle ontbied het. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel. 18Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Jesus ontmoet die elf oorblywende dissipels op die berg in Galilea waarheen Hy hulle ontbied het, waarskynlik na die episode by die see. Dit kan die berg wees waar Hy langs die See van Galilea die Bergrede gelewer het (Matt 5-7). Let op dat dit nie die berg is vanwaar Hy hemel toe is nie. Matteus vertel nie vir ons daarvan nie. Die berg van die Hemelvaart was die Olyfberg tussen Jerusalem en Betanië soos Lukas en Markus vertel. Sommige van die dissipels het Hom aanbid, terwyl sommige egter steeds getwyfel het.

Maar dit keer Jesus nie om aan hulle almal die Groot Opdrag te gee om die evangelie aan die hele wêreld te gaan verkondig nie. Hulle was nou getuies van die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het en daarom gestuurdes wat deur God ingespan gaan word om die hele wêreld in te lig. Jesus verklaar dan dat Hy alle mag in die hemel en op aarde ontvang het en gee. En Hy werk deur sy dissipels om sy koninkryk te vestig. Hy stuur hulle nou om drie dinge te gaan doen: 1) Om dissipels van al die nasies te gaan maak. 2) Om hulle te doop in die Naam van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Die doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees word die onderskeidingsteken van die volgelinge van Jesus wat alles onderhou wat Hy hulle beveel het. 3) Om hulle te leer om alles te gehoorsaam wat Jesus die dissipels beveel het.

En Jesus belowe daarby dat Hy met sy dissipels sal wees tot aan die einde van die wêreld. Dit is ‘n baie belangrike belofte. Maar, ook ‘n belofte wat ons goed moet verstaan. Soos die Heidelbergse Kategismus in vraag 47 hierop uitbrei, moet ons in gedagte hou dat Christus ware mens en ware God is. Wat sy menslike natuur betref, is Hy nie meer op aarde nie (vgl Hebr 8:4; Matt 26:11; Joh 16:28; Joh 17:11; Hand 3:21). Maar wat sy Godheid, majesteit, genade en Gees betref, gaan Hy nooit meer van ons af weg nie. Jesus sê immers in sy laaste gesprek met die dissipels: “Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.” (Joh 14:18) Jesus sê dus nie net dat Hy die Gees stuur nie, maar dat Hyself na die dissipels (en ons) toe kom. En ons sien ‘n hele paar verhale in Handelinge van Jesus se verskyning, veral aan Paulus. Ursinus en Olivianus, die skrywers van die Heidelbergse Kategismus, antwoord dan die vraag wat ons moontlik kan hê (vraag 48): Maar as die mensheid nie oral is waar die Godheid is nie, word die twee nature in Christus dan nie van mekaar geskei nie? En antwoord: Nee, glad nie. (Die Geloofsbelydenis van Athanasius het dit immers alreeds gesagvol beantwoord: “34. En alhoewel Hy God en mens is, is Hy nogtans nie twee nie maar een Christus. 35. Hy is een, nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie maar deur die aanneming van die mensheid in God. 36. Hy is in alle opsigte een, nie deur vermenging van die wese nie maar deur die eenheid van die Persoon. 37. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens een Christus.”) Daarom sê hulle: “Die Godheid kan immers deur niks ingeperk word nie en is orals teenwoordig” (Jer 23:24; Hand 7:49). En hulle sê dan so mooi: “Hieruit moet volg dat die Godheid wel buite sy aangenome mensheid is” (Kol 2:9; Joh 3:13; Joh 11:15; Matt 28:6), maar terselfdertyd “tog ook daarin is en persoonlik daarmee verenig bly.” Dit wil sê, Jesus is God en mens, tegelykertyd, verenig, met sy menslike natuur meer beperk, en sy Goddelike natuur onbeperk. Daarom is Hy in die hemel… EN by ons. Wat ‘n belofte!

Lees meer: https://bybelskool.com/matteus-28-jesus-staan-op-uit-die-dood-en-gee-die-groot-opdrag-aan-sy-dissipels/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.