Skip to main content

Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie

17 Julie

Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nie

38Terwyl hulle op reis was, het Hy by ‘n sekere dorpie gekom waar ‘n vrou met die naam Martha Hom as gas ontvang het. 39Sy het ‘n suster met die naam Maria gehad, wat by die Here se voete gaan sit het om na sy woorde te luister. 40Maar Martha was besig met al die voorbereidings. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, pla dit U nie dat my suster my alleen los om te bedien nie? Sê tog vir haar om my te help!” 41Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, 42maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie.”

Op sy reis het Hy naby Jerusalem in Betanië gekom waar Marta Hom gasvry ontvang het. Sy doen dus dít wat die Samaritane nie vir Hom wou gee nie (Luk 9). Sy is die Gasvrye en Barmhartige Samaritaan van die vorige gelykenis! Sy maak alles klaar om Hom te bedien. En daarin is sy reg. Dit is gasvry. Haar suster Maria het egter by Jesus se voete gaan sit en na sy woorde geluister. Maar dan wil Marta hê dat Maria ook soos sy moet optree. Dit laat haar ongasvry optree deur Jesus te berispe asook haar suster. Jesus wys haar tereg daaroor tereg! Lukas vertel van haar dat sy baie bedrywig geraak het (perispaomai – hardloop heen en weer), eintlik té bedrywig en dit eindig by stres en veroordeling van dié wat nie soos sy rondhardloop en bedien nie. Veral toe sy haar suster “sien” sit en niks doen nie! Let op hoe sy eintlik die Here Jesus self aanvat: “Here, pla dit U nie…!?” En let op dat sy Hom beveel: “Sê tog vir haar om my te help!” Haar gasvryheid raak dus vir haar ‘n las… en vir Jesus… en vir Maria! Wat was Marta se probleem? Sy kon nie meer onderskei tussen wat belangrik is en wat nie.

Let op dat Jesus haar egter sag aanspreek: “Marta, Marta…”, sagte vriendelike simpatieke woorde. Jy is bekommerd oor te veel dinge. Net een ding is nodig en dít het Maria gekies. Hy wil eintlik haar net terugkry by haar aanvanklike gedagte om gasvry te wees, en dit met oorgawe te doen. Let ook op dat Maria Jesus op ‘n ander manier as gas ontvang. Sy doen wat Jesus verwag het die ander dorpe moet doen, om te luister na die dissipels. Hier luister sy egter net na Hom, dié Een waarvan hulle vir die dorpe van vertel het. Sy ontvang só die koninkryksboodskap, en in die proses God self! Daarom dat Jesus vir Maria prys, want sy het die beste deel gekies, iets wat nie van haar weggeneem kan word nie – die koninkryk van God.

Wat leer ons by Marta? Ons het ’n balans nodig tussen beleef (luister) en bedien – anders raak jy nie net ‘n pyn nie, maar kan jy nie meer onderskei nie. Dit is uiteindelik ook die balans tussen liefde vir God en liefde vir jou naaste. Waarmee Jesus eintlik verdere kommentaar lewer op die vraag oor die groot gebod van die wetsgeleerde: wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

Wat leer ons by Maria? Ons leer hier eerstens dat gasvryheid nie net is om vreemdelinge te ontvang en te dien of te “help” nie. Ons kan ook iets by hulle leer. Ons móét trouens ook by hulle leer, want dit is baie keer die manier hoe God self onder ons teenwoordig is, soos ons ook by die Emmausgangers leer! Maar dit laat ons in die tweede plek ook besef dat die lewe om God draai, en ons kontak met Hom. Daar is geen plaasvervanger vir ‘n intieme verhouding met Hom nie. Dit is wanneer ons sy stem tussen ander stemme kan begin onderskei, dat ons lewe in plek val. Dit is wanneer ons met ‘n verwagting begin lewe, dat God met ons gaan praat, dat Hy ons nie oningelig gaan hou oor wat Hy wil doen nie, dat ons lewe betekenisvol raak.

Lees meer (preek): https://ngkerksomerstrand.co.za/lukas-1038-42-erediens-leef-luisterend-14-november-2010/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda